Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​

Die Fakulteit Natuurwetenskappe streef daarna om ‘n Sentrum van uitnemendheid te wees vir nagraadse onderrig in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe, en ons maak ‘n belangrike bydra tot die samelewing deur impakvolle navorsingsuitsette. Dit word weerspieël deur die feit dat meer as 88% van ons personeel ‘n PhD- of gelykwaardige graad het. Ons ken jaarliks ‘n groot aantal navorsingsgebaseerde meesters- en doktorsgrade toe en spits ons daarop toe om ons navorsingsuitsette in hoog aangeskrewe internasionale vaktydskrifte te publiseer. Nagenoeg 39% van die A-geëvalueerde wetenskaplikes by die Universiteit Stellenbosch is gesetel in die Fakulteit Natuurwetenskappe. Hierdie is navorsers wat as wêreldleiers in hul vakgebiede gereken word.

Ongeveer 22% van ons studente is nagraadse studente en in 2023 het ons 47 PhD-grade toegeken.

Ons navorsers speel ’n belangrike rol in verskeie Universiteitswye inisiatiewe, insluitend die:   

  • Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke
  • Skool vir Klimaatstudies
  • SU Water Instituut
  • Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie
  • Instituut vir Biomediese Ingenieurswese
  • Afrika Mikrobioom Instituut

Die Fakulteit Natuurwetenskappe huisves drie Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoele. 'n Bykomende drie navorsingsleerstoele word deur buite-maatskappy ondersteun, naamlik Sasol, ERWAT en die Millenium Trust:​​

Navorsingsleerstoele

Prof Cang Hui

SARChi Leerstoel in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe
Departement Wiskundige Wetenskappe

Stuur epos
Webwerf

Prof Kathy Myburgh

ARChI Leerstoel in Geïntegreerde Skeletale, Spierfisiologie, Biologie en Biotegnologie
Departement Fisiologiese Wetenskappe

Stuur epos
Webwerf

Prof Jacky Snoep

SARChI Leerstoel in Meganistiese Modellering van Gesondheid en Epidemiologie
Departement Biochemie

Stuur epos
Webwerf

Prof Tammy Robinson-Smythe

Millenium Trust Leerstoel in Indringerspesiesbestuur in Beskermde Gebiede
Departement Plant- en Dierkunde

Stuur epos
Webwerf

Prof Albena Lederer

Sasol Navorsingsleerstoel in Analitiese Polimeerwetenskap
Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Stuur epos
Webwerf

Prof Gideon Wolfaardt

ERWAT Navorsingsleerstoel in Waterbestuur

Stuur epos
Webwerf


A-geëvalueerde navorsers​

Prof André Wei​deman

Departement Wiskundige Wetenskappe, Afdeling Toegepaste Wiskunde

Vakgebied: Numeriese analise en wetenskaplike berekening

Webwerf

Prof Andries Engelbrecht

Voigt Leerstoel in Datawetenskap Departement Wiskundige Wetenskappe en die Departement Industriële Ingenieurswese

Vakgebied: Kunsmatige Intelligensie

Webwerf

Prof Willem Visser

Departement Wiskundige Wetenskappe, Afdeling Rekenaarwetenskap

Vakgebied: Sagteware ingenieurswese en -ontwikkeling

Webwerf

Prof Len Barbour

Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Vakgebied: Funksionele Nanogestruktureerde Materiale

Webwerf

Prof Guy Midgley

Intermin Direkteur van die Skool vir Klimaatstudies, Departement Plant- en Dierkunde

Vakgebied: Ekologie en Ekofisiologie

Webwerf

Prof Dave Richardson

Departement Plant- en Dierkunde, Skool vir Klimaatstudies​

Vakgebied: Biologiese invalle en bewaringsbiogeografie

Webwerf

Prof Bert Klumperman

Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Vakgebied: Lewendige radikale polimerisasie en gevorderde makromolekulêre argitekteure

Webwerf​​​​​