Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Fakulteit Natuurwetenskappe-nuus

Malaria kan moontlik beveg word deur parasiet se lewensaar af te snyhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11171Malaria kan moontlik beveg word deur parasiet se lewensaar af te snyCorporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het 597 000 mense wêreldwyd in 2023 aan malaria gesterf. Die meeste hiervan was in Afrika waar die dodelikste malariaparasiet, Plasmodium falciparum, die algemeenste voorkom. Sodra dit in die liggaam van 'n besmette persoon is, maak die parasiet op 'n proses bekend as glikolise—die afbreek van glukose ('n suiker)—staat om energie te vervaardig en aan die lewe te bly.

'n Nuwe studie by die Universiteit Stellenbosch (US) het bevind dat die blokkering van die ensieme wat by hierdie proses betrokke is, die parasiet se primêre energiebron kan afsny en dit doodmaak. Sommige van hierdie ensieme kan ook goeie teikens vir nuwe malariamiddels wees.

“Plasmodium falciparum maak baie op vrye energie staat wat gedurende glikolise vir die oorlewing, groei en replikasie daarvan vervaardig word. Dit verbruik groot hoeveelhede glukose van die gasheer se rooibloedselle om te oorleef. As ons die afbreek van suiker kan keer, sal dit moeiliker vir die parasiet wees om te muteer of onderdrukking te ontduik sonder om ernstige gevolge te ly," sê dr Tagwin Frantz, wat onlangs haar PhD in biochemie aan die US verwerf het.

Frantz het as deel van haar studie drie chemikalieë getoets om vas te stel hoe dit die parasiet se glukosemetabolisme, groei en gebruik van beskikbare energie beïnvloed deur eksperimentele en modelleringsbenaderings te gebruik om potensiële geneesmiddelteikens te identifiseer. Elke chemikalie het 'n ander ensiem (heksokinase, fosfofruktokinase en gliseraldehied-3-fosfaatdehidrogenase) geblokkeer wat by die afbreek van suiker, die versekering van 'n deurlopende energietoevoer, die handhawing van die parasiet se redoksbalans (hoe dit chemiese reaksies bestuur om energie te vervaardig en dit teen skadelike molekules te beskerm) en dit te help om te oorleef, betrokke is.

Frantz sê twee van hierdie chemikalieë is bekend daarvoor dat hulle die parasiet se vermoë om voedingstowwe uit sy gasheer te onttrek, dit in energie om te skakel en sy biochemiese prosesse aan te pas vir oorlewing en voortplanting, inhibeer. Die chemikalieë—waarvan een Spinosad is, 'n insekdoder afkomstig van die bakterieë Saccharopolyspora spinosa en wat teen plae soos muskiete gebruik word—het die vermoë getoon om die parasiet te beveg, hoewel die presiese werkingsmeganisme onbekend is. Hierdie chemikalieë is op die geïsoleerde parasiet, rooibloedselle (beide besmet en onbesmet) en 'n soort bakterieë getoets wat in biotegnologie en medisyne gebruik word.

“Ons resultate toon dat deur hierdie ensieme te inhibeer, glukose nie glikolise kan binnegaan nie, wat die parasiet se primêre energiebron afsny. Daarbenewens kan glikolise ook heeltemal gestaak word, wat tot 'n vinnige energiekrisis in die parasiet lei, die parasiet van energie onthou, waarskynlik die redoksbalans ontwrig en tot die dood daarvan lei."

“Dit is van kardinale belang om glikolise gedurende die bloedstadium te voorkom, dit wil sê die fase waar die parasiet, nadat dit die bloedstroom vanaf die lewer binnegedring het, binne-in rooibloedselle repliseer, wat die kliniese simptome van malaria veroorsaak.

“Die voorkoming van glikolise om die parasiet dood te maak, is veral doeltreffend by besmette individue, waar 'n koors wat veroorsaak dat die liggaam harder werk en meer energie verbruik, ook die parasiet kwesbaarder maak. Dit kan egter moeilik wees aangesien beide menslike selle en parasiete glikolise ondergaan.

“Afgesien van die bloedstadium kan die inhibering van glikolise ook indirek die oordrag van die parasiet na die muskiet verminder."

Om te teiken hoe die organisme voedingstowwe uit sy gasheer onttrek en dit in energiemetabolisme (eerder as tradisionele geneesmiddelteikens) omskakel, bied volgens Frantz 'n nuwe manier om weerstandbiedende parasiete dood te maak.

Sy wys daarop dat Spinosad die parasiet se metabolisme direk inhibeer sonder om rooibloedselle te beskadig.

“Aangesien twee van die drie ensieme (heksokinase en fosfofruktokinase) noodsaaklik is en struktureel van menslike ensieme onderskei word, kan selektiewe inhibeerders ontwerp word om newe-effekte te verminder. Die kombinasie van een van hierdie ensiem-inhibeerders met huidige standaardbehandeling vir Plasmodium falciparum-malaria (artemisinien-gebaseerde terapieë) kan risiko's verder verminder, wat hulle waardevolle teikens vir nuwe malariamiddels maak."

Frantz sê dit was uitdagend om chemikalieë se doeltreffendheid teen die parasiet te toets – en 'n dosis te vind wat die parasiet doodmaak sonder om rooibloedselle of ander gasheerweefsels te beskadig. Nog 'n struikelblok was om te verseker dat die parasiet nie vinnig weerstand teen hierdie verbindings sou ontwikkel nie. Om hierdie kwessies aan te spreek, het sy die langtermyn-uitwerking van die inhibeerders oor verskeie parasietlewensiklusse getoets.

Frantz sê hoewel haar navorsing nog in 'n vroeë stadium is, kan dit 'n bousteen vir die ontwikkeling van nuwe malariamiddels wees.

“Hierdie studie bevorder malarianavorsing deur kritieke punte te bepaal waar middels die parasiet doeltreffend kan teiken en die kwesbaarste dele van energieproduserende prosesse daarvan te voorspel. Hierdie insigte kan help om die volgende generasie malariamedisyne te ontwikkel wat weerstand bekamp, veelvuldige parasietlewensiklusse teiken en veiliger vir mense is – wat wêreldwye pogings ondersteun om die siekte uit te roei.

“Met toenemende middelweerstand is dit van kardinale belang om nuwe geneesmiddelteikens te vind om behandelingsmislukking te voorkom en miljoene mense te beskerm wat in gevaar is. Voortgesette innovasie is die sleutel tot die uitskakeling van malaria en om deurlopend 'n voorsprong op die parasiet se aanpassing te hê. Daarbenewens dra dit tot die breër begrip by van hoe metaboliese intervensies (aanpassing van hoe die liggaam energie en voedingstowwe gebruik) aangewend kan word om parasitiese siektes te bekamp."

“Toekomstige sukses sal afhang van die ontwerp van presisiemiddels, die gebruik van kombinasieterapieë en doelgerigte aflewering om die parasiet dood te maak terwyl menslike selle gespaar word," voeg Frantz by.

Stellenbosch se Botaniese Tuin spog met unieke bewaringstrategiehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11172Stellenbosch se Botaniese Tuin spog met unieke bewaringstrategieWiida Fourie-Basson and Jeraldene Menon

Met herfs wat aangebreek het, sal die Haemanthus pumilio, 'n uiters bedreigde spesie en een van die "verfkwaslelies", eersdaags in die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin (USBT) blom.

Dit is een van verskeie kwesbare plantspesies wat in stand gehou word by die USBT, met 'n wêreldwye opname van lewende plantversamelings wat getoon het dat dié tuin een van slegs twee botaniese tuine is wat oor die afgelope paar jaar hulle wilde en bewaringsgraad-plantversamelings aktief vermeerder het.

Noukeurig gedokumenteerde, ex-situ versamelings in bekende natuurlike omgewings is van kardinale belang vir bewaring, die herstel van spesies en ekostelsels, asook vir bykans alle wetenskaplike navorsing. Die instandhouding van sulke versamelings oor die verloop van tyd verg intensiewe werk, institusionele hulpbronne en ruimte. Daar bestaan reuse-uitdagings om hierdie versamelings in stand te hou. Selfs die beste instellings verloor plante en versamelings oor tyd. Daarom moet navorsers en kurators die onvermydelike verlies van versamelings teenwerk deur nuwe versamelings by te voeg saam met ander instellings gedeelde versamelings vestig.

Die opname, wat onlangs in Nature Ecology and Evolution verskyn het, het 'n eeu se data ontleed wat uit 2,2 miljoen rekords van 50 instellings bestaan en wat meer as 500 000 afsonderlike toetredings verteenwoordig – dit wil sê, afsonderlike subversamelings van 'n spesie op 'n spesifieke plek of tyd. Na raming het die opname meer as 40 persent van wêreldwye diversiteit wat in institusionele lewende versamelings gehou word, verteenwoordig. Dit word ook ex-situ-versamelings genoem om aan te dui dat dit bedreigde spesies en nie wilde plante is nie. Altesaam 50 botaniese tuine van 19 lande op vyf vastelandehet aan die opname deelgeneem:  Afrika (een versameling), Australasië (ses versamelings), Eurasië (27 versamelings), Noord-Amerika (13 versamelings) en Suid-Amerika (drie versamelings).

Die bevindings van die opname is ontstellend. Op 'n globale skaal lyk dit of die meta-versameling het in beide die getal toetredings en botaniese diversiteit drakrag bereik. Terwyl nuwer versamelings gevestig veral in die Globale Suide gevestig word, het versamelings in die Globale Noorde meestal 'n plato bereik of in grootte gekrimp. Gesamentlik dui die oorkoepelende tendense daarop dat daar kapasiteitsbeperkings is, wat 'n kritieke behoefte aan strategiese prioritisering beklemtoon.

Wêreldwye neiging

Dr Donovan Kirkwood, kurator van die USBT en 'n medeskrywer van die artikel, sê daar moet wêreldwyd minstens 750 000 bedreigde plante deur ex-situ-bewaring ondersteun word. Daarteenoor is Suid-Afrika se ex-situ-bewaringsteiken gelykstaande aan meer as 3 000 plantspesies. "Ons vermoed daar is minder as 500 bedreigde spesies oor alle instellings heen onder bewaring. Daar is selfs swakker verteenwoordiging vir spesies wat dringende ondersteuning benodig, terwyl ons weet institusionele kapasiteit is reeds onder druk."

Donovan Kirkwoord, Kurator van die Universiteit
Stellenbosch Botaniese Tuin.

​Hy sê een van die opname se belangrikste boodskappe is dat kapasiteitsbeperkings 'n werklikheid is: "Ons moet so strategies as moontlik wees wanneer ons versamelings saamstel wat aan bewarings-, navorsings- en onderwysdoelwitte voldoen," waarsku hy.

“Hier in die Wes-Kaap word biologiese diversiteit gekenmerk deur baie spesies wat slegs in baie gelokaliseerde gebiede voorkom. Baie van ons plante het 'n wêreldwye reikwydtes van slegs tientalle kilometers of minder. Selfs 'n relatief klein habitatverlies weens boerdery, stedelike uitbreiding of indringerplante kan 'n groot vermindering of verlies van algehele spesiebevolkings tot gevolg hê. Soveel as 158 plantspesies en drie subspesies kan op ons drumpel in die Kaapse Skiereiland in spesiale habitatte tussen Kaappunt en Groenpunt gevind word," sê hy.

Die groot biodiversiteit en gelokaliseerde verspreidings, met moderne habitatverlies en ander groot uitwissingsdryfvere maak die Kaap een van die wêreld se ernstigste brandpunte van plantbedreiging en -uitsterwing. Altesame 40 persent van die 10 744 plante wat net die Wes-Kaap voorkom verskyn in een van die Rooilys-kategorieë, wat kommerwekkend is. Rooilysstatus word deels bepaal deur 'n onlangse vermindering in die bevolking  en selfs spesies wat as “kwesbaar" of “natuurlik uiters skaars" op die lys verskyn. Hierdie versamelings kan uit slegs 'n paar honderd plante in totaal bestaan. Enige verdere verlies kan dus selfs vir minder bedreigde spesies katastrofies wees.

"Daar is 'n reusebehoefte aan kapasiteit om ex-situ-bewaring en spesieherstelwerk te doen. Die globale teikens maak vir lewende versamelings van 60 persent van bedreigde spesies voorsiening. Selfs 'n baie meer gefokusde teiken is 'n uitdaging. Wanneer monsters in natuurlike omgewings vir bewaring van uiters bedreigde spesies geneem word, sal sade of steggies van byna elke oorblywende plant moontlik as monsters in afgeleë of lewensvatbare gebiede bewaar en gepropageer moet word. Om spesiebevolkings in stand te hou sodat dit later weer in hulle natuurlike omgewing teruggeplant kan word, beteken dat die bronnediversiteit gehandhaaf moet word en, ideaal-gesproke, elke spesie se bewaringsbevolking uit minstens honderde tot duisende plante moet bestaan," waarsku hy.

Een van die belangrikste uitdagings vir botaniese tuine wêreldwyd is die beperking wat deur die Konvensie oor Globale Biodiversiteit (Convention on Global Biodiversity, of te wel (KBD) opgelê word. Hierdie konvensie reguleer monsters van natuurlike oorsprong en die internasionale uitruiling van plantmateriaal. Die globale opname het vir die eerste keer empiriese bewyse van 'n drastiese afname in beide aktiwiteite gelewer nadat die KBD in 1993 in werking getree het. Daar was 'n afname van 44% in versamelings van natuurlike oorsprong en 38% in versamelings van internasionale uitruilings.

Dit beklemtoon die reusebehoefte aan verhoogde samewerking en wettige materiaaldeling in die wêreldwye netwerk van botaniese tuine, wat as bewaarders van biodiversiteit optree. So 'n benadering sal die toekomstige streeksamestelling van botaniese versamelings en partisie-diversiteit oor die wêreldwye netwerk fundamenteel hervorm.

Vir Kirkwood maak hierdie benadering baie sin: "Lewende versamelings in die Globale Suide is naby biodiversiteit-brandpunte, en ons kan voortgaan om strategiese versamelings te bewaar sonder om die SSK en die Nagoya-protokol te oortree."

USBT as 'n bewaarder van biodiversiteit

Sedert Kirkwood as kurator by die USBT aangestel is, het die tuin aansienlik tot die bewaring van veelvuldige uiters bedreigde Kaapse spesies bygedra deur die voortplanting en kweek van lewende versamelings en saadbanke. Van die sterre in die versameling sluit in Haemanthus pumilio, Ixia versicolor, Oxalis fragilis, Pelargonium  fergusoniae, Marasmodes undulata, Polhilia groenewaldii, Gibbaeum esterhuyseniae, Gladiolus recurvus, en Ixia leipoldtii.

In die geval van Marasmodes undulata was die spesie teen 2020 heeltemal uitgewis in die natuur en USBT kon dit regkry om vier van die enigste vyf lewende plante uit banksaad te kweek. Sedertdien het die USBT byna 'n honderd individuele plante van hierdie spesie uit saad en steggies gekweek. In samewerking met die nasionale program vir bedreigde spesies van SANBI, insluitende die Bewaarders van Skaars en Bedreigde Veldblomme (Custodians of Rare and Endangered Wildflowers of te wel CREW), het die lang proses begin om plante weer in hulle habitat terug te besorg.

Die USBT toets ook strategieë om die kapasiteitsplato-probleem wat botaniese tuine wêreldwyd ondervind, te oorkom. "Aangesien ons vermoë om ons natuurlike en bedreigde versamelings te laat groei, die gevolg daarvan is om van 'n lae basis te begin, is ons doelwit om deurlopend 'n positiewe uitskieter te wees. Een nuwe benadering is om satellietbewaringsversamelings buite formele botaniese tuine in nie-tradisionele ruimtes te huisves. Een so 'n projek is onlangs by 'n korporatiewe hoofkantoor begin waaruitinnoverende biofiele aanplantings en 'n permanente bewaringsvennootskap spruit. Alle permanente bewaringsmateriaalaanplantings word as deel van die USBT se versameling en versameling-databasis bestuur," sê Kirkwood.

Kirkwood het sedert 2018 ander projekte ondersteun om ekstra ruimte en kapasiteit te vind om bedreigde spesies te bewaar, insluitende die uitleen van institusionele en databasisondersteuning aan private vennote soos die Avondale Ope Tuin in Durbanville wat waardevolle habitat- en spesieherwinning onderneem.

Die USBT se strategie fokus daarop om 'n samewerkende benadering tussen botaniese tuine, privaatsektorbewaring en die wetenskaplike gemeenskap te ontwikkel om innoverende oplossings vir kapasiteitsbeperkings te vind, aan te pas en te oorkom.

Hoewel dit mag lyk na 'n druppel in die emmer in die konteks van klimaatsverandering en die biodiversiteitskrisis, is Kirkwood oortuig dat die USBT se "druppel" geweldig baie saak maak.

Onderskrif: Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin (USBT) is die tuiste van die wêreld se grootste lewende versameling van die Cape Oxalis-spesie, wat prof Leanne Dreyer, medewerker en taksondeskundige, oor die jare opgebou het. Hier besigtig sy die versameling saam met assistent-kurator Annerie Senekal. ​

Foto: Stefan Els

Prof Bertie Fielding se navorsing ondersteun ontwikkeling van behandelings vir virale, bakteriële infeksies https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11167Prof Bertie Fielding se navorsing ondersteun ontwikkeling van behandelings vir virale, bakteriële infeksies Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Prof Bertie Fielding, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, het Dinsdag 22 April 2025 sy intreerede gelewer. Die titel van sy lesing was 'Van pandemie tot pandemie, en alles tussenin'.

Fielding het met die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gesels oor hoe sy navorsing ons begrip verbeter van die manier waarop virusse met die liggaam omgaan en die ontwikkeling van behandelings vir virale en bakteriële infeksies ondersteun.

Vertel ons meer oor jou navorsing en waarom jy in hierdie spesifieke vakgebied begin belangstel het.

Ek is 'n molekulêre bioloog wat hoofsaaklik op die bestudering van menslike koronavirusse fokus. My belangstelling in hierdie vakgebied het gedurende my tyd as navorsingsgenoot in die Samewerkende Antivirale Navorsingsgroep by die Instituut vir Molekulêre en Selbiologie in Singapoer (2003–2006) begin, waar ek die EARS (ernstige akute respiratoriese sindroom — SARS in Engels)-CoV-virus bestudeer het wat die uitbreek van EARS veroorsaak het. My laboratorium ondersoek ook die molekulêre basis van die medisinale eienskappe van 'n Suid-Afrikaanse plant bekend as die geelbos. Interessant genoeg het hierdie gebiede nou na 'n neksus verskuif waar ons na medisinale plante kyk om die koronavirusinfeksies met behulp van nanodeeltjies te behandel.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

My navorsing fokus op die molekulêre biologie van menslike koronavirusse, wat belangrik is vir openbare gesondheid — veral met die toename in nuwe virusinfeksies. Dit help ons om beter te verstaan hoe virusse met die liggaam in wisselwerking tree en ondersteun die ontwikkeling van behandelings. Ek bestudeer ook die medisinale geelbos-plant en ondersoek die potensiaal daarvan om groot siektes soos kanker en bakteriële infeksies te behandel. Ons werk het ten doel om te verstaan wat hierdie plant sy gesondheidsvoordele gee.

As jy terugkyk op die Covid-19-pandemie, wat was die lonendste aspekte van jou navorsing oor menslike koronavirusse?

Ek glo my werk — veral oor vorige EARS-CoV-virusse — het tot gebiede soos diagnostiek en waarneming bygedra. Maar wat ek die lonendste gevind het, was om gedurende die pandemie met die publiek deur middel van verskeie platforms te skakel om huidige toepaslike wetenskaplike inligting te deel. Dit het gehelp om die wydverspreide verkeerde inligting, of wat die Wêreldgesondheidsorganisasie die 'infodemie' genoem het, teen te werk.
Jy ondersoek ook die gebruik van nanodeeltjies om infeksies te behandel. Watter opwindende verwikkelinge sien jy op die horison?

Ek het aan projekte saamgewerk wat nanodeeltjies gebruik om immuunreaksie teen infeksies te verbeter. Hierdie interdissiplinêre pogings fokus op die ontwikkeling van nuwe behandelings deur nanotegnologie te gebruik om patogene en kanker meer doeltreffend te teiken. Ek is veral geïnteresseerd in die gebruik van nanotegnologie om die uitwerking van verbindings wat ons van die geelbos geïdentifiseer het, te verbeter. Ons eerste stap is egter om die doeltreffendheid van hierdie antivirale en antibakteriese verbindings te toets. As dit suksesvol is, kan dit tot 'n breëspektrumbehandeling vir huidige en toekomstige koronavirusse lei.

Universiteite word soms as 'ivoortorings' beskou. Waarom is dit vir hulle belangrik om deur navorsing met die publiek in gesprek te tree?

Daar was reeds 'n jaar of twee vóór die pandemie groot openbare wantroue in akademiese instellings — veral in navorsing. Die gemengde en dikwels verwarrende boodskappe van navorsers gedurende die pandemie het dit waarskynlik vererger. Dit is verder bemoeilik deur die maklike toegang tot inligting aanlyn, waarvan baie onakkuraat is. Ek glo navorsers het 'n verantwoordelikheid om hulle werk op maniere te kommunikeer wat toeganklik en verstaanbaar vir die algemene publiek is. Dit is ook belangrik om te verduidelik dat wetenskap — veral in vakgebiede soos die geneeskunde — nie altyd presies is nie. Wat ons deel, is op die beste beskikbare kennis op daardie tydstip gegrond en kan verander namate nuwe navorsing na vore kom.

Om die dekaan van 'n fakulteit te wees, kan op die beste tye uitdagend wees. Wat hou jou aan die gang wanneer dinge moeilik raak?

Skakeling met personeel en studente om hulle te ondersteun en om mense te sien floreer en groei. Dit is ook die rede waarom ek 'n MPhil in Bestuursafrigting aan die Stellenbosch Bestuurskool voltooi het. Die is baie lonend om na mense te luister en saam met hulle te werk om hulleself te word.

Hoe balanseer jy jou verantwoordelikhede as dekaan met jou navorsingswerk?

Ek dink die meeste akademici sal saamstem dat hulle voortdurend besig is. Vir my is noukeurige beplanning noodsaaklik om tyd te maak vir die dinge wat saak maak en om 'n gevoel van balans te handhaaf. Ek probeer myself ook daaraan herinner dat nie alles 'n onmiddellike reaksie vereis nie — sommige kwessies kan wag, en dit is belangrik om sorgsaam te prioritiseer.

Watter aspekte van jou werk geniet jy die meeste?

Om mense te beïnvloed en hulle welstand te verbeter, hetsy deur my navorsings- of leierskaprol.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat mense nie sou verwag nie.

Ek is baie lief vir kosmaak. Net soos die wetenskap is dit so eenvoudig soos om 'n protokol te volg.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek ding mee in padwedlope, nie goed nie, maar ek probeer. En miskien is meeding nie die regte woord nie; ek voltooi padwedlope en ontvang medaljes vir deelname. ​

Heengaan van bekende herpetoloog “laat ‘n groot leemte”https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11170Heengaan van bekende herpetoloog “laat ‘n groot leemte”Faculty of Science (media & communication)
​Die Sentrum vir Indringerbiologie (CIB) en die Departement Plant- en Dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) het met skok verneem van die afsterwe van dr John Measey (57 jaar) op 19 April 2025 ná 'n bergfietsongeluk in China.

Dr Measey was ten tyde van sy dood 'n buitengewone professor in die Departement Plant- en Dierkunde en 'n lid van die Sentrum vir Indringerbiologie (C·I·B) se kernspan.

Volgens Prof Dave Richardson, voormalige direkteur van die C·I·B en een van Measey se kollegas, het gesê Dr Measey was tussen 2014 en 2022 'n permanente werknemer van die US, waartydens hy 'n hoogs gewaardeerde lid van die Sentrum vir Indringerbiologie se kernspan was en as studieleier vir 41 nagraadse studente opgetree het.

“Dr Measey is wêreldwyd gerespekteer as herpetoloog wat betekenisvolle bydraes gelewer het tot die kennis van die ekologie en bewaringstatus van amfibieë en reptiele, veral in Suid-Afrika, maar ook in baie ander dele van die wêreld. Hy is internasionaal beskou as dié kenner van die Afrika-kloupadda of platanna (Xenopus laevis), 'n inheemse Afrika-amfibie wat in verskeie wêrelddele ʼn indringer is," het hy bygevoeg.

Dr Measey het ook enorme bydraes gelewer tot indringer-ekologie (die studie van ingevoerde en indringerspesies) in die algemeen, en was mederedakteur van die ensiklopediese boek Biological invasions in South Africa wat in 2020 gepubliseer is. Sedert 2022 het Measey sy tyd tussen China – waar hy 'n deeltydse aanstelling by die Yunnan-universiteit in die stad Kunming gehad het – en die US verdeel. Hy was egter deurentyd 'n aktiewe en baie gewaardeerde lid van die C·I·B-span.

Op internasionale vlak was Dr Measey ook aangestel as professor by Yunnan Universiteit in China, en was 'n erelid Museum National D'Histoire Naturelle in Parys, Frankryk.

Op Facebook het die indringerspesies-gemeenskap van Suid-Afrika hulle diep medelye uitgespreek en Dr Measey beskryf as 'n “internasionale rock ster" in die wêreld van herpetologie. Hy sal onthou word as iemand wat altyd gereed gestaan het om advies en leiding te gee, vrae te vra en vir sy studente te veg.

Volgens Prof. Richardson was dr Measey “'n uitstekende navorser, dosent, studieleier en mentor. Hy het 'n sleutelrol in die vakgebied van indringingsekologie in Suid-Afrika gespeel en laat vir seker ʼn groot leemte."​

KI se impak onder die soeklig op Wêrelddag vir Kreatiwiteit en Innovasiehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11164KI se impak onder die soeklig op Wêrelddag vir Kreatiwiteit en InnovasieCorporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
​Die Wêrelddag vir Kreatiwiteit en Innovasie op 21 April gevier. In meningsartikels vir die media het kenners aan die Universiteit Stellenbosch op kunsmatige intelligensie (KI) se impak op ons lewens gefokus en ook beklemtoon waarom dit belangrik is om innoverende sisteme te bou ten einde ongelykheid aan te spreek en ʼn meer inklusiewe toekoms te skep. Klik op die skakels hieronder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

​Dr Lize Barclay (Weekend Argus)

Prof Willem Fourie (News24)

Prof Sara Grobbelaar (Mail & Guardian)

US-dosent se WOOP25-veldtog amper by R100 000-teikenhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11153US-dosent se WOOP25-veldtog amper by R100 000-teikenCorporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
​Met hulle 600 km-fietsry-uitdaging pas agter die rug, het dr Marietjie Lutz, dosent van die Universiteit Stellenbosch (US), en haar span fietsryers hulle visier op die uiteindelike eindstreep gestel – om minstens R100 000 vir wetenskapstudente in nood in te samel.

Hulle het reeds R92 000 ingesamel met hulle Wheels of Opportunity (WOOP25)-veldtog en het daarmee verlede jaar se R75 000 wat ingesamel is, oortref. "Hierdie veldtog het nie net bewustheid oor die finansiële uitdagings geskep wat baie van ons studente in die gesig staar nie, maar het ook 'n kragtige belegging in die toekoms van hardwerkende en verdienstelike individue geword. Ons beplan om die GivenGain-platform tot einde April oop te hou."

Hulle lywe herstel dalk nog van die uitmergelende fietstoer, maar Lutz sê die span se toewyding aan die saak het nooit gewankel nie. Haar vier kinders het die volle afstand oor ses dae saam met haar voltooi – selfs die jongste, Daniël (14), wat in graad 8 by Paul Roos Gimnasium is. "Hy was (aan die begin) onseker oor watter afstand hy sou kon aflê, en hy het uiteindelik die hele ding gedoen." Sy het gesê almal wat by die fietstoer betrokke was, het die heeltyd op die einddoel gefokus gebly. "Niemand het ooit gevra 'hoekom doen ons dit?' nie, ons het almal net aanhou vorentoe beweeg."

Lutz sê die ervaring het oor soveel meer gegaan as om net grense te verskuif en 'n uitdaging te voltooi. "Vir elkeen van die ryers was dit 'n reis van persoonlike groei. Dit het daaroor gegaan om vir iemand anders terug te ploeg." Die doelwit om geld vir talentvolle maar minderbevoorregte studente in te samel, het veral by haar twee oudste seuns, Ben en Jan, aanklank gevind wat albei aan die US studeer.

Net soos in 2024, was die fietstog nie sonder sy uitdagings nie. Lang afstande het hulle tol geëis en op Dag 2 het die groep 'n veeleisende 125 km getrap en meer as sewe uur in die saal spandeer. "Ons was almal gedaan," onthou Lutz. Die nuuskierige koedoe van verlede jaar het weer eens sy verskyning gemaak, vertel Lutz, en hierdie keer het 'n energieke eland ook vir 'n entjie by die groep aangesluit. Gelukkig het haar geskeurde heuplabrum nie probleme veroorsaak nie. "Ek het verbasend genoeg geen probleme ondervind nie. Ek dink dit was omdat ek fisies beter voorbereid was as voorheen." Sy voeg by dat beter beplanning dit moontlik gemaak het om die groep uit te brei om haar hele gesin en vier bykomende fietsryers in te sluit. Aangevuur deur gesoute aartappels en verdunde Coca-Cola, het hulle ongeag die hitte en heuwels deurgedruk om die afstand te voltooi.

Die ondersteuning – finansieel en in die vorm van onderskraging – was oorweldigend, sê sy. Lutz wou aanvanklik weer die geldinsamelingsdoelwit tot R75 000 beperk. Maar, aangemoedig deur haar man om hoër te mik, het sy 'n teiken van R100 000 gestel. Die skenkings wat begin het nog voordat die eerste kilometer afgelê is, het haar laat besef dat "as ons aan die begin besluit oor die uitkoms, beperk ons onsself en hoe sal die onmoontlike dan waar word?". Uiteindelik, voeg Lutz by, het sy besluit: "As ons goed wil doen, moet ons onsself nie beperk nie. En dit geld vir enigiets in die lewe – byvoorbeeld 'n student wat vir 'n graad studeer. Ons moenie die uitkoms van so 'n droom beperk nie."

Lutz het die drome van baie studente die ses dae saam met haar gedra, en 'n miniatuurweergawe van die US se gelukbringer, Pokkel, is aan haar stuurstang vasgemaak as 'n herinnering aan die veldtog se doelwit. "Toe dinge geestelik en fisies moeilik geraak het, het ek afgekyk na Pokkel en dit het my herinner aan die rede waarom ons dit doen."

Om by te dra, besoek: https://www.givengain.com/project/marietjie-raising-funds-for-stellenbosch-university-south-africa-99058

Onderskrifte:

Die Lutz-gesin, waarvan al vier kinders die volle 600 km-uitdaging voltooi het.

Uitputting ná die tweede dag se skof van 125 km.

Pragtige natuurskoon op die WOOP25-fietstoer.

Die US se Pokkel het vir aansporing gesorg toe dinge moeilik geraak het. ​

Fakuteit Natuurwetenskappe verwelkom nuut aangewese direkteurhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11150Fakuteit Natuurwetenskappe verwelkom nuut aangewese direkteurFaculty of Science (media and communication)
​Die Fakulteit Natuurwetenskappe verwelkom graag Mnr. Mbuso Dludlu vanaf 1 April 2025 as die nuwe direkteur: fakulteitsbestuur.

Hy neem die leisels oor by Me Mariétta van den Worm wat die afgelope 25 jaar aan die stuur was en aan die einde van 2025 aftree.

Hy het meer as 16 jaar ondervinding in die hoëronderwyssektor, waarvan die laaste ses jaar as departementele bestuurder van die US se Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Mbuso sê hy sien daarna uit om sy passie vir wetenskap te kombineer met bestuur en leierskap in sy nuwe rol as fakulteitsdirekteur.

Mbuso is in Piet Retief in Mpumalanga gebore, maar het in Makhosini grootgeword by sy oorlede ouma, Me Teressa Mazibuko, in die woonbuurt Makhosini net buite die klein dorpie Nhlangano in Eswatini. In 2008 het hy sy BSc in Chemiese Tegnologie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf, wat in 2014 opgevolg is met 'n baccalaureusgraad in Tegnologie in Polimeertegnologie, en 'n meestersgraad in Polimeertegnologie in 2016 van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) . Op daardie tydstip het hy as senior laboratoriumbestuurder gewerk in TUT se Departement van Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie. Dit is ook gedurende hierdie tydperk dat hy beide sy ouers, Sizakele and Comfort Dludlu, aan die dood moes afstaan.

Mbuso wat tans besig is met sy PhD-studie in Polimeerwetenskap aan die US, sê hy sal altyd dankbaar wees teenoor sy ouma, wat gesorg het dat hy 'n goeie opvoeding kry deur handwerk langs die strate van Soweto en Johannesburg te verkoop: “Sy was nie geleerd nie, maar het die belangrikheid van onderwys na waarde geskat. Ek is vandag passievol oor onderwys en ek glo sterk dat ons lewenslank moet leer. Ek dink dis om hierdie rede dat ek 'n leergierige ingesteldheid het, wat die sleutel is vir leierskap."

Vir die afgelope 25 jaar gee hy al loopbaanleiding aan leerders deur middel van “Brighten-up your Future" 'n organisasie sonder winsbejag wat hy in 2007 op die been gebring het. Hy tree ook as mentor op vir 12 universiteitstudente by ag Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings, wat in verskeie vakrigtings studeer – van die natuurwetenskappe en ingenieurswese, tot die lettere en sosiale wetenskappe, en ekonomiese en bestuurswetenskappe.

Vir sy PhD ondersoek Mbuso die voorkoms van PFAS (per- en polifluorineerde alkielstowwe), algemeen bekend as forever chemikalieë weens hul langdurige voorkoms in die omgewing, by afvalwatersuiweringsaanlegte en riviere en damme in die Wes-Kaap. Die doelwit is om 'n polimeriese membraan met nanopartikels te ontwikkel vir verbeterde verwydering van hierdie langdurige chemikalieë. Sy navorsing word deur die Waternavorsingskommissie befonds en is reeds by twee internasionele konferensies en aan 'n paneel van 30 bestuurders van die Stad Kaapstad aangebied.

Mbuso, wat in 2018 by die US aangesluit het kort nadat hy sy MBA aan die Regent Business School verwerf het, sê hy  is baie dank verskuldig aan al sy kollegas in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, en in die besonder Prof. Peter Mallon, voormalige uitvoerende departementshoof wat hom aanvanklik bekend gestel het aan stelses en prosesse by die US: “Ek het net met kennis en vaardighede hier ingekom, terwyl Prof. Mallon die ondervinding en begrip gehad het. Oor die volgende vyf jaar het ons tot 'n formidabele bestuurspan ontwikkel wat saamgewerk het om die departement volhoubaar te bedryf."

Maar nou is hy opgewonde oor sy nuwe rol as direkteur, fakulteitsbestuur: “Ek is dankbaar dat ek by iemand soos die huidige direkteur kan oorneem, wat oor 'n magdom ondervinding en institusionele kennis  beskik. Ek wil graag voortbou op die grondslag en nalatenskap wat sy oor die afgelope 25 jaar vir die fakulteit en universiteit opgebou het."

Hy is gretig om saam met Prof. Burtram Fielding, die dekaan, en die fakulteit se bestuurspan te werk en hul te ondersteun:“Vir my gaan leierskap en bestuur daaroor om mense na die beste van jou vermoë te dien ten einde vertroue te skep. Vertroue is 'n baie spesiale menslike belewenis. En ons kan ander slegs vertrou as ons weet dat hulle aktief en bewustelik in ons belangstel en oor ons besorg is," voeg hy by.

Mbuso sê sy leierskapstyl is gebaseer op deernis, empatie en respek. Hierdie waardes vorm ook deel van die US se kernwaardes van Uitnemendheid, Deernis, Verantwoordbaarheid, Respek en Billikheid: “Ek sal hierdie waardes met my saamneem in my nuwe rol, in diens van my kollegas, en sodoende bydra tot die groei en sukses van die Fakulteit Natuurwetenskappe."

Laastens gee hy eer aan sy gesin, en vrou van die afgelope 14 jaar, Me Lydia Dludlu, en sy kinders Lwandzile (13) en Kagiso (9). Die gesin stap graag in die Helderberg Natuurreservaat, hou van reis en om vriende en familie te nooi vir 'n braai. En natuurlik kan niks kers vashou by 'n verfrissende stappie langs die see wat met 'n roomys afgesluit word nie.

“My lewe is gegrond op die lees van die Woord en in gebed – wat een van die belangrikste onderliggende beginsels in my lewe en in die grootmaak van my kinders is," sluit hy af.

Foto: Stefan Els

Sommige insekbevolkings neem af, maar wat gebeur met die ander 99%?https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11136Sommige insekbevolkings neem af, maar wat gebeur met die ander 99%?Faculty of Science (media and communication)
​'n Span wetenskaplikes van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk het 'n sinteseraamwerk ontwikkel wat veelvuldige bewysstrome integreer. Deur diue gebruik hiervan, is dit dan moontlik om veranderinge in insekbiodiversiteit vinning te kan evalueer.

“Ons weet dat insekbiodiversiteit aan die verander is, en dat daar baie afnames in biodiversiteit in dele van die wêreld voorgekom het. Ons weet egter nie hoe ernstig of  diepgaande die probleem is nie. Nog meer van belang  is die feit dat ons nie 'n duidelike begrip het van waarom insekbiodiversiteit aan die verander is nie," skryf hulle in 'n belangrike oorsigartikel wat onlangs in Science gepubliseer is nie.

Prof. Cang Hui, 'n biowiskundige van die Universiteit Stellenbosch se Departement Wiskundige Wetenskappe en een van die mede-outeurs, sê die doel van die sinteseraamwerk is om 'n roetekaart te verskaf na 'n bewysgebaseerde sintese van veranderings in insekbiodiversiteit waarop bewaringsbeleide gebou kan word.

“Ons kan nie dekades lank vir omvattende moniteringsdata wag nie. Die Kunming-Montreal Global Biodiversity Framework het 'n ambisieuse doelwit gestel om biodiversiteit teen 2050 te herstel: om dít te kan bereik moet ons verstaan op watter skaal ons sal moet optree om historiese afnames om te keer,"  verduidelik hy.

Modellering van globale insekbiodiversiteitsverandering deur die integrasie van bewyse

Prof. Hui is deel van die span wetenskaplikes wat aan die Global Insect Threat-Response Synthesis (GLiTRS)-projek werk, wat deur die National Environmental Research Council Highlight Topics-program gefinansier word. Dit is 'n konsortium van ses instellings in die VK en Suid-Afrika.

Hulle doelwit is om 'n globale bedreiging-reaksie-model te bou, wat baie lyne van bestáánde bewyse integreer. Met ander woorde: in plaas daarvan dat hul wag op meer hoëkwaliteit data alvorens hul optree – soos oor die algemeen aangevoer word – volg hul 'n ander benadering. “Ons argumenteer dat die dringendheid van die situasie vereis dat ons beter gebruik moet maak van die data wat nou reeds beskikbaar is, alhoewel dit beperk is," skryf hulle in die oorsigartikel.

Vier lyne van bewyse word gesintetiseer en geïntegreer in die GLiTRS -projek om hierdie uitdaging aan te pak, naamlik: tydreekse, ruimtelike vergelykings, eksperimente, en deskundige menings. Wiskundige ekologie en modellering help om tendense uit die eerste twee bronne te identifiseer. Hui verduidelik: “Insektydreekse toon afwisselend skommelings, tog is hul beide tydelik ge-outokorreleer en ruimtelik gesinkroniseer. As ons die korrekte ruimtelike en tydelike skale kan bepaal, kan ons hierdie tendense ekstrapoleer na (skattings maak) van gebiede waarvan ons nie steekproefnemings het nie, asook voorspellings maak van wat in toekomstige tydperke sou kon gebeur."

Dr Rob Cooke, 'n ekologiese modelleerder by die Verenigde Koninkryk se Sentrum vir Ekologie en Hidrologie en gesamentlike hoofskrywer van die artikel, stem saam: “Ons moet uitvind of die afname in insekbevolkings wydverspreid voorkom, en wat dit veroorsaak. Die uitdaging is soos 'n reuse legkaart waar duisende stukkies vermis work, maar ons kan nie vir dekades wag om hierdie gapings te vul voordat ons optree nie."

Dr Charlotte Outhwaite van die Soölogiese Vereniging van London se Instituut vir Soölogie en gesamentlike hoofskrywer, sluit af: “Insekte vorm 'n ongelooflike belangrike deel van ons ekosisteme – hulle bestuif omtrent 80% van alle blomdraende plantspesies en is noodsaaklik vir 35% van globale voedselproduksie. Maar tóg word insekte nie genoegsaam waardeer óf bestudeer nie."

Het jy geweet?

Insekte is die dominante vorm van dierelewe op ons planeet (gewig is gelyk aan dié van alle mense en vee saam, ongeveer 1 miljard ton).

Insekte word bedreig deur 'n kombinasie van 52 mensgemaakte bedreigings, insluitend die verandering in die gebruik van grond, klimaatsverandering, toename in landbou-aktiwiteite, besoedelings, plaagdoders, en ingevoerde spesies.

Tans het slegs ongeveer 1,2% van insekspesies uit ongeveer 1 miljoen wat beskryf is, die  Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooilys-assesserings ondergaan wat nodig is om die uitsterwingsrisiko te bereken, waarvan 1/4 se evaluasie-uitkoms aangedui is as: “Data Deficient."

Insekte beslaan tot 90% van alle meersellige dierspesies, waarvan die meerderheid nog nie beskryf is nie ('n geraamde totaal van 5,5 miljoen insekspesies).

Ekologiese modellering en wiskundige ekologie is snel groeiende vakgebiede met 'n groot aanvraag na kundige afgestudeerdes. Kundiges werk saam met globale agentskappe, navorsingsinstellings, nieregeringsorganisasies, en nywerhede om dwingende ekosisteemuitdagings aan te pak. Verskeie internasionale finansiële toekennnings  en inisiatiewe bied aan studente geleenthede om hul loopbane te bevorder deur middel van nagraadse studies in biowiksunde. Klik hier om die geleenthede te verken -  SARChI-span

Op die foto bo: 'n Reeks van insekte wat in jou tuin in Suid-Afrika voorkom. Van links na regs, (1a) Blou keiser naaldekoker (Anax imperator), (1b) Europese papierwespe (Polistes dominula), (1c) die kewer Afronycha picta; Onder (2a) Suidelike groenstinkbesie (Nezara viridula), (2b) die reuse-by (Hyleoides zonalis), (2c) Kaapse mot (Eutricha capensis), (2d) Oranje valvlerkie (Trithemis kirbyi). Foto's: (1a) Alandmanson van Wikipedia; (1b) Eebee, (1c), Bunder, (2a&b) C Hui, (2c) Magriet B, (2d) Erland Nielsen, vanaf iNaturalist.org; CC BY.​

Kampvegter vir wetenskap ontvang US-eregraadhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11104Kampvegter vir wetenskap ontvang US-eregraadCorporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
​Die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag (25 Maart 2025) ʼn eredoktorsgraad aan die voormalige direkteur-generaal van die nasionale Departement van Wetenskap en Innovasie, dr Philemon Mphathi Mjwara, by die instelling se Maart-gradeplegtigheid verleen. Mjwara het het die graad Doktor in die Natuurwetenskappe (DSc), honoris causa, by ʼn gradeplegtigheidseremonie vir die Fakulteit Natuurwetenskappe ontvang.

Mjwara is vereer vir sy voortreflike prestasies as wetenskapbeleidvormer en -kampvegter, en sy uitsonderlike leierskapsbydrae om die wetenskap op nasionale én internasionale vlak te versterk en te bevorder.

Mjwara het in sy aanvaardingstoespraak gesê ons leef in 'n wêreld waar kunsmatige intelligensie (KI) 'n groot impak op ons lewens gaan hê. Hy het bygevoeg dat ons die uitdagings van KI sal moet hanteer.

“Hierdie uitdagings sal die vaardighede en oplossings vereis wat hoëronderwysinstellings en die wetenskaplike gemeenskap kan verskaf.

“As 'n nuutaangestelde permanente verteenwoordiger van Suid-Afrika by Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) wil ek dus my steun belowe om voort te gaan om saam met die wetenskap-, innovasie- en tegnologiegemeenskap te verseker dat wat ons in Suid-Afrika geleer het oor die gebruik van kennis vir ontwikkeling en die wetenskap vir die oplossing van die probleme waarna ek verwys het, is belangrik."

Mjwara het sy toespraak afgesluit deur die US, die wetenskaplike gemeenskap en sy familie vir hul ondersteuning te bedank.

Die Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, prof Burtram Fielding, het Mjwara gelukgewens en gesê: “Dr Phil Mjwara is 'n visioenêre leier wat bekend is vir sy beduidende bydraes tot die bevordering van wetenskap, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika, die breër streek en internasionaal. Ons vier en eer sy toewyding om die ontwikkeling van die wetenskap regoor Suider-Afrika te bevorder."

Meer oor Mjwara

Dr Philemon (Phil) Mphathi Mjwara het die afgelope drie dekades aansienlik tot die ontwikkeling van Suid-Afrika se wetenskap-, tegnologie- en innovasiestelsel bygedra. As die voormalige direkteur-generaal van die nasionale Departement van Wetenskap en Innovasie, het hy gesorg dat die wetenskap gebruik word om alle Suid-Afrikaners se lewens te verbeter. Juis vir sy werk in hierdie hoedanigheid het hy in 2020 die Batho Pele Uitnemendheidstoekenning vir Direkteur-Generaal van die Jaar ontvang.

Een van Mjwara se vele bydraes tot die land se wetenskap-, tegnologie- en innovasielandskap was sy rol as leier van die span wat die eerste Suid-Afrikaanse vooruitskouingstudie op die terrein van wetenskap, tegnologie en innovasie (SAForSTI) onderneem het.

Mjwara het die graad HonsBSc (1984) en MSc (1987) aan die Universiteit van Fort Hare verwerf, sowel as 'n PhD (1995) aan die Universiteit van die Witwatersrand. Op akademiese gebied was hy onder meer professor in Wetenskap- en Tegnologiebeleid aan die Universiteit van Pretoria, en Fisika-dosent aan die universiteite van die Witwatersrand, Suid-Afrika en Fort Hare. Hy het etlike navorsingstukke oor fisika, tegnologie-ontleding en tegnologievooruitskouingsprosesse gepubliseer en aangebied.

Hy dien in 'n aantal advies- en oorsigrade, waaronder die direksies van die World of Platinum of South Africa en die Square Kilometre Array Organisation (SKAO). Hy is onlangs aangestel as Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco). In sy verskeie poste en – straks die belangrikste – as die land se langsdienende direkteur-generaal, het Mjwara 'n enorme bydrae gelewer tot wetenskapbeleide wat daarop gerig is om navorsers te ondersteun en vooruitgang in die Suid-Afrikaanse samelewing te bewerkstellig.

Foto: Dr Philemon Mphathi Mjwara by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els

Nuwe direkteur vir Universiteit Stellenbosch Waterinstituuthttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11098Nuwe direkteur vir Universiteit Stellenbosch WaterinstituutFaculty of Science (media and communication)
​Prof. Wesaal Khan is met ingang Januarie 2025 as die nuwe direkteur van die Universiteit Stellenbosch Waterinstituut aangestel (SUWI).

Prof. Khan is 'n gevestigde navorser in die US se Departement Mikrobiologie en lei 'n multidissiplinêre navorsingsprogram wat fokus op die bevordering van volhoubare waterbehandelingstegnologieë en die bekamping van antimikrobiese weerstand (AMR). Haar span se werk strek oor vier onderling gekoppelde domeine: biobeheer strategieë vir eliminasie van patogene, sonkraggedrewe waterontsmettingsinnovasie, AMR patogeendinamika,  en molekulêre moniteringsvooruitgang wat meer akkurate kwantitatiewe mikrobiese risikobepalings moontlik maak.

Sy volg in die voetspore van die eerste direkteur, Prof. Gideon Wolfaardt, wat die instituut sedert 2014 bestuur het. SUWI is in 2010 gevestig met die doel om multidissiplinêre navorsing te onderneem in reaksie op Suid-Afrika se waterverwante uitdagings.

Prof. Khan sê SUWI sal voortgaan om sy mandaat na te kom om fundamentele en doelgerigte multidissiplinêre navorsing te onderneem. Laasgenoemde sal plaasvind in samewerking met ander tersiêre instellings, die industrie en die regering, ten einde waterverwante uitdagings die hoof te bied, om tegnologie-oordrag te verskaf, sowel as om menslike kapitaalhulpbronne in die waterindustrie te ontwikkel.

Prof. Bertie Fielding, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê die aanstelling van Prof. Khan is 'n betekenisvolle prestasie vir SUWI: “met haar akademiese statuur in die watersektor, beide in Suid-Afrika en internasionaal, sal sy nie net kontinuïteit  in SUWI se vennootskappe verseker nie, maar ook die nasionale en wêreldwye aansien en relevansie daarvan ''n hupstsoot gee."

Oor die jare het SUWI verskeie projekte voltooi wat verband hou met watersuiweringstegnologieë vir veilige watervoorsiening in landelike gebiede in Afrika,  die ontwikkeling van 'n vroeë waarskuwingstelsel vir openbare en omgewingsgesondheid, asook die ontwikkeling van 'n afvalwater-gebaseerde instrument  waarmee gemeenskapswye middelmisbruik gemonitor kan word.

Voortgesette projekte is gefokus op die bou van waterbestuurskapasiteit in Suider-Afrika, die bevordering van water-, energie-, en voedselsekuriteit, die ontwikkeling van innoverende tegnologieë om grondwaterbesoedeling en kontaminante in die afloop van afvalwatersuiweringsaanlegte wat kommer wek, te monitor.

In hierdie verband werk SUWI se navorsers en personeel saam met nasionale en internasionale vennote soos die Fraunhofer-Gesellschaft in Duitsland, die Gates Stigting, die Europese Unie, Rand Water, en AgriColleges International.