Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sosiale Impak

​​​Die Fakulteit Natuurwetenskappe werk saam met die Departement van Wetenskap en Tegnologie en verskeie ander instellings om mense in die gemeenskap en veral leerders in skole bewus te maak van die belangrikheid van wetenskap en tegnologie. Die Fakulteitspersoneel ondersteun en is betrokke  by uitreikprogramme soos die Nasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes, die Maties Natuurwetenskappe Winterweek, en die Wiskunde Olimpiades op streeks- en nasionale vlak. Die Fakulteit dra ook by tot die ontwikkeling van die samelewing en sy mense deur die vorming van vennootskappe met skole en wetenskaponderwysers.


Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes
IImbovane uitreikprojek
Universiteit se Sosiale Impak​ Webblad