Oorweeg u dit om 'n loopbaan in die natuurwetenskappe te volg, maar weet u nie watter loopbaanopsies daar is nie? Op hierdie bladsy bied ons 'n oorsig van loopbaanopsies in die biologiese wiskundige en fisiese wetenskappe, asook fokus op 'n paar van die nuutste en nuutste ontwikkelings op die gebied van wetenskap, soos bioinformatika, biomatematika, data wetenskap en masjienleer.
Ons moedig al ons studente aan om hul driejarige BSc-graad op te volg met 'n nagraadse kwalifikasie. Dit stel u in staat om erkenning (en registrasie waar toepaslik) as professionele wetenskaplike by die South African Council for Natural Scientific Professions (SACNSP) te verwerf.
Geoinformatika
Is u passievol oor Geografie, maar is u nie seker of u 'n loopbaan daaruit kan maak nie? Of is u 'n rekenaar-geek wat wil bydra tot 'n gesonde omgewing? Het u al ooit gewonder hoe satelliete ons wêreld verander het?
Dan moet u dit oorweeg om Geoinformatika te bestudeer, waar ons aardrykskunde en geo-ruimtelike tegnologie en rekenaarwetenskap kombineer om 'n wye reeks probleme op te los, van die opsporing van oliespuite in mariene omgewings en die bewaring van die omgewing tot die ontdekking van antieke argeologiese terreine.
Wat is Geoinformatika?
Geo-inligtingwetenskap (GISc) is 'die wetenskap van waar'. GISc kombineer die wetenskap van geografie met geo-ruimtelike tegnologie en datawetenskap om inligting-wetenskaplike infrastruktuur te ontwikkel en te gebruik om probleme in die landbou, rampbestuur, omgewingsbestuur, sosiale wetenskappe, stedelike beplanning, versekering, bemarking en logistiek, sowel as geowetenskappe en verwante takke aan te spreek. van ingenieurswese. 'N Geo-ruimtelike praktisyn sal geografiese inligting analiseer deur middel van ruimtelike analise, geografiese gegewenswetenskap en geovisualisering van geokodeerde big data wat deur lugfotogrammetrie, satellietaardwaarnemings, ruimtelike metodes en berekeningsvermoëns vasgelê is. Webkartering en kartografie is maniere om die uitsette van geografiese analise en modellering voor te stel.
Geoinformatika aan die Universiteit Stellenbosch
Die US bied 'n driejarige BSc-graad in Geoinformatika aan, gevolg deur 'n eenjarige BSc-honneursgraad in Geoinformatika. Hierdie gekombineerde vierjaarprogram is geakkrediteer deur die South African Geomatics Profession Act en gee gegradueerdes onmiddellike registrasie as 'n GISc Professional-in-Training. Verdere geleenthede bestaan in nagraadse studie in die vorm van meesters- en PhD-grade. Die Geoinformatika-modules is ook beskikbaar as keusevakke in baie ander BSc-programme.
Werksgeleenthede
As a GISc practitioner, earth observation specialist, spatial data analyst, geospatial developer or research scientist, you can work for government or in the private sector, as commercial consultant, or work at a wide range of research institutions.
Wil u meer weet?
Kontak Catherine Liederman by
catherine@sun.ac.za
+27 21 808 3218
Webwerf
Facebook
Gereed om aansoek te doen?
Kontak Maambele Khosa, werwingsbeampte, Fakulteit Natuurwetenskappe
maambele@sun.ac.za
Doen
hier aansoek
Wat moet ek studeer om ʼn astrofisikus te word?
Die meeste universiteite bied nie ʼn voorgraadse program "astrofisika" aan nie. Astrofisika is normaalweg ʼn nagraadse studierigting wat volg op 'n voorgraadse program waarin die grondbeginsels van Fisika vasgelê is.
Voorgraads
Dit is egter belangrik dat jou voorgraadse blootstelling jou in staat sal stel om in enige Fisika studierigting verder te kan studeer. Die Universiteit Stellenbosch is goed geplaas, aangesien ons voorgraadse program geskoei is op internasionale standaarde wat die grondbeginsels van Fisika aanbetref. Ons gee studente ʼn breedvoerige blootstelling aan klassieke en kwantummeganika; elektromagnetisme; statistiese fisika; en spesiale relatiwiteit, wat jou dus in staat stel om nagraads, verder in jou gekose rigting te kan studeer.
Nagraads
Ons nagraadse aanbieding is belyn met ons hoof navorsingsrigtings, naamlik: teoretiese fisika; laserfisika; en kernfisika. Daar is sekere teoretiese aspekte van astrofisika wat gemaklik binne die raamwerk van beide kernfisika, sowel as teoretiese fisika val, maar dit is baie projekspesifiek. Dus in ʼn neutedop: indien jy ʼn voorgraadse program in Fisika by die Universiteit Stellenbosch voltooi, is jy in ʼn baie goeie posisie om verdere studie in enige gekose spesialiteit by enige universiteit, plaaslik of internasionaal, te kan voortsit.
Uit ondervinding weet ons egter dat studente selde op eerstejaarsvlak alreeds ʼn deeglike begrip van ʼn spesifieke spesialiteitsrigting het. Jou akademiese pad ontwikkel grotendeels uit blootstelling en ervaring. Daarom is dit altyd wys om ʼn student wye blootstelling aan alle aspekte van Fisika te gee wat hom of haar met soveel nagraadse opsies as moontlik laat om van te kies.
Wat is bioinformatika?
Nuwe honneursprogram in Bioinformatika by die US
Die nuwe HonneursBSc-graad in Bioinformatika en Berekeningsbiologie wat vanaf 2021 deur die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word, sal studente vir 'n stimulerende en internasionaal kompeterende loopbaan in bioinformatika voorberei.
Bioinformatika, wat beskryf kan word as datawetenskap wat op biologiese data toegepas word, sluit vaardighede in kodering, databerging en statistiese analise, gekombineer met 'n deeglike begrip van biochemie, genetika en mikrobiologie in.
Hierdie interdissiplinêre program is gerig op studente wat Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Statistiek, Rekenaarwetenskap, Biochemie, Genetika, Mikrobiologie, Molekulêre Biologie of ander toepaslike vakdissiplines as hoofvak vir hul voorgraadse studies gehad het.
Volgens Prof. Hugh Patterton, direkteur van die US se Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie en koördineerder van die program, genereer moderne navorsing in biologie tans teragrepe multidimensionele data. Hierdie groot hoeveelheid data kan toenemend net deur middel van die berekeningsbenadering van bioinformatika ontleed word.
Hierdie program bring 'n hele aantal prominente navorsers uit verskillende areas van kundigheid byeen, wat die Afdeling vir Menslike Genetika en Molekulêre Biologie, die Departement Biochemie, die Departement Genetika en die Instituut vir Wynbiotegnologie insluit.
Die US se Fakulteit Natuurwetenskappe bied ook opleiding in Bioinformatika en Berekeningsbiologie op voorgraadse vlak aan. Die basisvakdissiplines in die interdissiplinêre BSc-graadprogram (Stroom: Bioinformatika en Berekeningsbiologie) berei studente voor vir nagraadse studie: HonsBSc, MSc en uiteindelik 'n PhD in Bioinformatika en Berekeningsbiologie.
Full information on the undergraduate and postgraduate degree programmes are available in the Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel 5) en op die
Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie se webblad..
Meer oor bioinformatika
Bioinformatika het gegroei tot 'n vakdissipline in reaksie op die vereistes van die genoomvolgordebepalingspogings wat in die 1990s begin het. Die analise van die enorme hoeveelheid genoomdata, het berekeningsbenaderings benodig om genoom-eienskappe soos bv. gene en regulerende volgordes te identifiseer: 'n oefening wat bekend staan as genoom-annotasie.
Die toepassing van berekeningsmetodes het vinnig uitgebrei na ander areas in biologie, en het die bestudering van die uitdrukkingsvlak van alle gene in 'n sel of weefsel, of die vlak en post-translasionele modifikasietoestand van alle proteïene in 'n sel gefasiliteer. Dit bied 'n diepe insig in die regulering van die chemie in 'n sel.
Bioinformatika maak ook die analise van die evolusionêre verhouding tussen spesies, en die geografiese migrasies en interaksie tussen spesies oor verskeie millennia moontlik, insluitend dié tussen Homo sapiens en die niggies en nefies van die mens, H. neanderthalensis en H. denisovans.
Bioinformatika kan in die veld van landbou en menslike gesondheid toegepas word. Op landbougebied sal die bioinformatikus betrokke wees by die analisering van datastelle met toepassing in landboupraktyk en -bestuur ten einde produksie te optimaliseer.
In die veld van verpersoonlikte gesondheidsorg sal die bioinformatikus sy of haar vaardighede aanwend vir die ontwikkeling van verbeterde diagnostiese en behandelingspraktyke. Bykomend hiertoe stel bioinformatika ons ook in staat om die verhouding tussen spesifieke mutasies en die teenwoordigheid van gedefinieerde siektetoestande te bestudeer. Dit, tesame met die feit dat spesifieke mutasies die doeltreffendheid van 'n spesifieke behandeling beïnvloed, het die era van verpersoonlikte geneeskunde ingelui. Die toepassing van bioinformatika op genoomdata van pasgeborenes sal 'n revolusionêre impak op openbare en persoonlike gesondheid oor die volgende dekade hê.
Laastens stel bioinformatika ons ook in staat om fundamentele aspekte wat lewende sisteme definieer, sistematies te bestudeer. Dit het ten doel om verwante chemiese ekwilibria en geassosieerde ensiemkataliste in terme van sisteme te definieer, wat ons in staat stel om 'n dieper begrip van die chemie van lewe te ontwikkel, asook die ontwikkeling van nuwe, sintetiese lewensvorme, gegrond op die kleinste moontlike genoom.