Family Medicine & Primary Care
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Huisartskunde & Primêre Sorg

​​​​​Gemeenskapsinteraksie

 Gemeenskapsinteraksie- en diensleweringdoelstelling


Die Afdeling  ondersteun diensleer-beginsels wat gerig is op gesondheid bevordering, siekte voorkoming, gesins- en ​gemeenskapsgeoriënteerde primêre sorg. Daar is 'n verbondenheid tot samewerking met plaaslike gemeenskappe, kritiese oordenking van gesondheidsbehoeftes, prioritisering en ondersteuning van verandering. Inskakeling met gemeenskaps-hulpbronne en projekte maak dit vir ons moontlik om te verstaan hoe ons plaaslike inisiatiewe kan ondersteun en terselfdertyd leer uit gemeenskappe. Intersektorale samewerking is 'n belangrike beginsel.

Die gesamentlike diensstaat personeel is duidelik uitgeklaar in oorleg met die provinsie, en daar word gefokus op die uitbou van hul akademiese vaardighede en vermoëns. Operasionele navorsing ondersteun die toepassing van navorsingsbewyse en beleide, asook die verbetering van dienskwaliteit. Akademici dra aktief by tot die debatte rondom die toekoms van primêre sorg op provinsiale en nasionale vlakke. Studente-leer en dienslewering vind in ooreenstemming met mekaar plaas, waar moontlik.

Die Afdeling bied opleiding in gedragsveranderende berading/ motiverende onderhoudsvoering.

Die Afdeling betrek vennote in die ander Afrika-lande om huisartskunde en primêre sorg verder te ontwikkel.