Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Onderrig - Voorgraadse onderrig

Ons is daarvoor verantwoordelik om voorgraadse mediese studente in die beginsels van kliniese farmakologie te onderrig. Gestruktureerde voorgraadse onderrigblokke in kliniese farmakologie maak deel van MB,ChB I en MB,ChB V uit: 

 

  • MB,ChB I (verlengde graadprogram 2) – Basiese Terapeutiese Beginsels
  • MB,ChB I – Beginsels van Terapie
  • MB,ChB V – Kliniese Farmakologie


Ons doen onderrigaktiwiteite in kliniese farmakologie langs die hospitaalbed en andersins wanneer MB,ChB III, IV en V deur interne geneeskunde roteer.

Kliek hier om aansoek te doen vir voorgraadse studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

 

MB, ChB I (Verlengde graadprogram 2) Basiese Terapeutiese Beginsels 198

Dit is die inleidende module tot Beginsels van Terapie 141 (tweedejaarstudente in die verlengde graadprogram)
Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:

  • Inleidende aspekte van farmakokinetika en farmakodinamika
  • Die farmakologie van die outonome senustelsel
  • Middels vir die beheer van pyn en inflammasie
  • Chemoterapeutiese middels wat bakterieë, fungi, virusse en parasiete teenwerk

» Jaarboek

 

MB, ChB I  Beginsels van Terapie 141

Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:

  • Inleidende aspekte van farmakokinetika en farmakodinamika
  • Die farmakologie van die outonome senustelsel
  • Middels vir die beheer van pyn en inflammasie
  • Chemoterapeutiese middels wat bakterieë, fungi, virusse en parasiete teenwerk
  • Die farmakologie van die endokriene senustelsel
  • Bewysgebaseerde geneeskunde
  • Beginsels van fisioterapie in die behandeling van pyn
  • Beginsels van chirurgie

» Jaarboek

 

MB, ChB V Kliniese Farmakologie 511

Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:

  • Farmakokinetika
  • Farmakodinamika
  • Middelinteraksie
  • Terapeutiese-middel-monitering
  • Die uitreiking van voorskrifte vir besondere populasies: met nierskade, met hepatiese skade, bejaard, swanger, borsvoed, krities siek en kinders
  • Middelveiligheid en ongewenste middelreaksies
  • Die uitreiking van voorskrifte en skedulering van medikasie
  • Die behandeling allergiese rinitis, asma en COPS
  • Die behandeling van infeksiesiektes: beginsels van antibiotikavoorskrifte, MIV, tuberkulose en malaria
  • Die behandelingvan algemene vergiftigings
  • Bewysgebaseerde gesondheidsorg
  • Die behandeling van artritis en pyn
  • Die behandeling van endokriene siektes: diabetes, osteoporose, skildkliersiekte en endokriene noodgevalle
  • Diebehandeling van kardiovaskulêre siektes: akute koronêre sindrome, hartversaking, lipiede ongesteldhede en antistolbehandeling
  •  Psigofarmakologie: behandeling van van neurologiese siektes: depressie, psigose en epilepsie

» Jaarboek