Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Kliniese Farmakologie

​Laboratorium vir Bioanalise


Die laboratoriun vir Bioanalise vervul 'n belantrike funksie in navorsing- en algemene analises om die farmakokinetika van geneesmiddels in biologiese monsters te bepaal deur die konsentrasie van sulke middels in bloed, urine en ander biologiese matryse akkuraat te meet.

Bio-ontleding in akademiese navorsing en die farmaseutiese bedryf fokus daarop om 'n kwatitatiewe aanduiding van geneesmiddels of die maetaboliete daarvan – of albei – te bekom vir die gebruik in navorsing oor farmakokinetika, bio-ekwivalensie, metabolisme en blootstellingrespons (farmakokinetika of farmakodinakima).

Danksy gevorderde tegnieke en metodes kan ons klein molekules sowel as groteres analiseer. Die laboratorium her ervaring van metode-ontwikkeling, bio-essaiëring en proteïenchemie, waarvoor ons 'n wye verskeidenheid analitiese tegnieke en die voorste laboratoriuminstrumente gebruik.

Ons volg huidige goeie laboatoriumpraktyk wat analiserings- en produkontwikkelingsdienste betref, byvoorbeeld deur biofarmaseutiese produkte omvattend te karakteriseer. Gasvloeichromografie en hoëwerkverrigting-vloeistofchromotografie met massaspektrometriese opsoring (Eng. HPLS-MS) tel onder die analiseringstegnieke wat ons inspan.​