pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement AARDWETENSKAPPE​​

Suid-Afrika se buitengewone en unieke geologiese rekord bied ’n natuurlike laboratorium van wêreldgehalte vir diegene wat in aardwetenskaplike navorsing belang stel. Nuwe tegnologieë en die oorgang van fossielbrandstof na hernubare energie het die afgelope tyd ’n wye verskeidenheid geleenthede geskep vir geoloë om ‘groenmetale’ benewens die meer tradisionele minerale te verken.

Omgewingskwessies met betrekking tot menslike aktiwiteite en die algemene onderwerp van klimaatsverandering bied ’n belangrike navorsingsfokus op die terrein van omgewingsgeochemie: Navorsing oor hidrogeologie handel byvoorbeeld oor die verspreiding, beweging en eienskappe van grondwater, wat in Afrika suid van die Sahara en veral in Suid-Afrika ’n al hoe skaarser en waardevoller kommoditeit is. Personeel en studente in die Departement Aardwetenskappe bestudeer hierdie uiteenlopende terreine, wat ook heelwat loopbaanmoontlikhede in Suid-Afrika én elders bied.

TDie nagraadse studente van die Departement is ’n kosmopolitiese groep. Ons het die afgelope paar jaar studente van Brasilië, Kanada, Frankryk, Gabon, Duitsland, Italië, Japan, Namibië, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Nederland, die Demokratiese Republiek die Kongo sowel as Zimbabwe gehad.​


​NAVORSINGSGEBIEDE 

  • Tektoniek en orogene prosesse
  • Petrogenese van granietgesteentes
  • Spoorelement- en isotoopgeochemie
  • Goudneerslae in skuifsones
  • Massiewe sulfiedneerslae​
  • Spoelertsafsettings van swaarminerale
  • Metaalgenese van mobiele stroke
  • Eksperimentele petrologie
  • Metamorfiese petrologie
  • Mariene geochemie
  • Hidrogeochemie en besoedeling​​​​​​​​​

​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​

 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE​  DOKTORALEGRADE
Aansoekproses