Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Prof Leopoldt van Huyssteen

​​​​​​​​​​Bedryf en Finansies steun strategiese fokusse​

​​Die Universiteit Stellenbosch (US) is ʼn wêreldklas-instelling wat, onder meer, gekenmerk word deur 'n indrukwekkende fisiese infrastruktuur, ekologies-verantwoordbare bedryfspraktyke, 'n volhoubare begroting en voorpuntinformasie- en -kommunikasie-stelsels. Hierdie fasiliteite en dienste is noodsaaklik vir voorgesette akademiese uitnemenheid en die verstewiging van die US se status as gerespekteerde kennisvennoot. ʼn Volhoubare steundiens is een wat voortdurend waarde skep vir die bedryf van die universiteit. Benewens bovermelde dryf ons ook ʼn reeks oorkoepelende institusionele inisiatiewe soos volhoubaarheid en mobiliteit. Hierdie verantwoordelikheidsentrum ondersteun die Universiteit se vier strategiese fokusse: studentesukses, ʼn uitgebreide kundigheidsbasis, ʼn meer diverse studente- en personeelkorps, en sistemiese volhoubaarheid, met ʼn spesiale fokus op laasgenoemde.

Bedryf en Finansies is 'n multidimensionele verantwoordelikheidsentrum waar die volgende ondersteuningsdienste sinvol tot voordeel van Universiteit saamgevoeg word:

  • ​finansiële beplanning en bestuur;
  • die uitbreiding en instandhouding van fisiese infrastruktuur (werk- , leer- en leefruimtes) en beskermingsdienste;
  • die bestuur van institusionele projekte;
  • die bestuur van die kommersialisering van intellektuele eiendom;
  • die bevordering van entrepreneurskap onder studente en personeel;
  • die instandhouding en bestuur van die Universiteit se kampusmeesterplan, mobiliteitsplan (parkering, pendeldiens en toegangsbeheer) en 'n risiko-bestuurstelsel.

 Deur hul onderskeie werksaamhede dra die verantwoordelikheidsentrum se verskillende afdelings - ProjektUS, Fasiliteitsbestuur, InnovU​S​, en Finansies -​ by tot die ʼn geïntegreerde steundiensomgewing.


Kontak

Mariëtte Hanekom
Persoonlike Assistent
Tel: +27 (0)21 808 9111
Faks: +27 (0)21 808 3714
E-pos: mhanekom@sun.ac.za