Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nominasies vir die Amp van Kanselier

​​

Die ampstermyn van die Kanselier van die Universiteit Stellenbosch, dr JP (Johann) Rupert, loop teen die einde van 2019 ten einde.  Dr Rupert is nie herkiesbaar nie.  

Ooreenkomstig Par. 3 van die Statuut van die Universiteit, word lede van die Konvokasie hiermee in kennis gestel dat skriftelike nominasies van geskikte kandidate vir die amp van Kanselier, vir die termyn 1 Januarie 2020 tot 31 Desember 2024 ingedien kan word.​

Elke nominasie moet deur minstens 20 (twintig) lede van die Konvokasie onderteken wees en vergesel wees van 'n verklaring deur die genomineerde dat hy/sy die nominasie aanvaar. Nominasies kan per epos aan die Registrateur, ronelretief@sun.ac.za, gestuur word.

Alle US gegradueerdes, alle permanente akademiese personeel, asook persone wat 'n diploma na 2010 aan die US verwerf het, is lede van die Konvokasie.

Volgens Par. 3(1) van die Statuut word 'n kanselier uit die genomineerde kandidate aangewys deur 'n kieskollege bestaande uit die lede van die Raad, die lede van die Uitvoerende Komitee van die Senaat, en die President en die Visepresident van die Konvokasie.


Klik hier om die nominasievorm af te laai.​ Die sluitingsdatum vir die indiening van nominasies is Woensdag, 4 September 2019 om 12:00.


​​