Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Kennisgewing: Uitslag van Verkiesing​​Untitled-1.jpg

Op 24 Julie 2024 is lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgenooi om nominasies voor te lê vir die verkiesing van een (1) lid van die Konvokasie om in die US Raad te dien. Ons het vyf (5) geldige nominasies vir die vakante posisie ontvang met een kandidaat wat kort voordat die stemportaal geopen het sy nominasie onttrek het. ​

 Daar is 2521 stemme in die verkiesing uitgebring​.

Die kandidate het die volgende stemme ontvang:
Heindri Adré Bailey - 224 stemme
Duan Coetzee - 590 stemme
Waldimar Pelser - 1243 stemme

Crispin Franklyn Sonn - 444 stemme-
Bly buitestemming - 20 stemme​

Ons bevestig dat mnr Waldimar Pelser vir ʼn vierjaartermyn vanaf 1 Oktober 2024 tot 30 September 2028 as lid van die Konvokasie in die Raad sal dien.

Baie dankie aan al die kandidate wat hulself beskikbaar gestel het en baie geluk aan mnr Waldimar Pelser.

Ek is ook dankbaar teenoor alle lede van die Konvokasie wat aan hierdie verkiesing deelgeneem het.Rig asseblief enige navrae aan ​ verskiesings@sun.ac.za. ​​

Dr Ronel Retief
Registrateur​
Unieversiteit Stellenbosch 

27 September 2024