Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Science Café Stellenbosch

​​​​Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor die wetenskap aan te moedig.

Die doel van 'n Science Café is om die gaping tussen die wetenskap en die algemene publiek te oorbrug deur middel van 'n gesprek in 'n nie-akademiese omgewing soos 'n restaurant of 'n kafee. Daar is reeds honderde soortgelyke Science Cafés regoor die wêreld.

Prof. Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê dit bied die ideale geleentheid om die publiek by gesprekke oor die wetenskap te betrek: "Wetenskaplikes word verplig om hul resultate te kommunikeer, maar ons het 'n selfs groter verantwoordlikheid om met die algemene publiek in gesprek te tree, en dit in 'n taal wat almal kan verstaan."

Vir meer inligting, kontak sciencecafe@sun.ac.za om op hoogte gehou te word van toekomstige geleenthede.

Volg ons op Twitter of Facebook.

 

Die volgende Science Café 


Onderwerp: ​​"ter ondersteuning van basiese navorsing" 

Spreker: Prof Len Barbour​

Datum: 17 Maart 2022

Tyd: 18:00 - 19:00

Plek: van aangesig tot aangesig by die Alumniklubhuis by Die Stal, Suidwalstraat, Coetzenburg, Stellenbosch

Aanlyn platform: MS Teams

RSVP: science @sun.ac.za



Ter viering van die Internasionale Jaar van Fundamentele Wetenskappe vir Volhoubare Ontwikkeling (2022 IYBSSD), bied Science Café Stellenbosch 'n reeks praatjies aan oor die impak van fundamentele wetenskappe op tegnologie en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika en Afri. 

Meer oor die spreker

Prof Len Barbour verwerf in 1994 sy PhD in chemie aan die Universiteit Kaapstad. In 2003 sluit hy by die Universiteit Stellenbosch aan as medeprofessor, en sedert 2007 beklee hy die SA Navorsingsleerstoel in Funksionele Nanogestruktureerde Materiale. In 2013 verwerf hy 'n DSc van die Universteit Stellenbosch met Prof Catharine Esterhuysen as studieleier. Hy ontvang verskeie toekennings, wat die mees onlangse John Herschel Medalje van die Royal Society of South Africa (2020), die Goue Medalje van die Suid-Afrikaanse Chemie-instituut (2014), en die Sasol-tokenning: Innoveerder van die Jaar (2013) insluit. Hy het reeds as studieleier vir meer as 25 PhD-, 23 MSc- en 17 HonsBSc-studente opgetree en dien in die redaksies van 'n wye verskeidenheid akademiese vaktydskrifte. Hy is 'n genoot van die Royal Society of South Africa en die Royal Society of Chemistry; 'n lid van die Amerikaanse Chemie-vereniging, die Amerikaanse Kristallografie-vereniging, en die Suid-Afrikaanse Chemie-instituut. Hy het al vyf patente geregistreer en was die outeur of mede-outeur van ses boekhoofstukke en 225 ewekniebeoordeelde joernaalartikels.​

 
Onder: Die bekende natuurliefhebber Dave Pepler in gesprek met wetenskaplikes Lester Davids, Jannie Hofmeyr en Gideon Wolfaardt oor die evolusie van velkleur, die wonderwêreld van die menslike sel, en jou eie persoonlike mikrobioom tydens 'n vorige Woordfees.

Speakers2016.jpg
 ​Gehoor.jpg