Internasionale werkswinkel fokus op bestuur van indringerspesies in beskermde gebiede
MSc-student Francisca Darkoh ontvang gesogte Mandela Rhodes-beurs
Natuurwetenskappe neem afskeid van eerste vroulike dekaan in 100-jarige bestaan
Van Madagaskar na die wêreld met ’n PhD in fisika
US se Fakulteit Natuurwetenskappe ken vier gesamentlike internasionale grade toe
Wil jy graag 'n ekoloog, 'n wiskundige, a geoloog of 'n mikrobioloog word? Ons bied 'n verskeidenheid van programme aan wat spesifiek saamgestel is om ons gegradueerdes voor te berei vir hulle rol as professionele natuurwetenskaplikes.
Sien jy al uit na jou gradeplegtigheid, of oorweeg jy nagraadse studie as deel van een van ons navorsingspanne?
Ons lok voltydse en deeltydse nagraadse studente van Suid-Afrika, Afrika en oorsee, deur middel van formele internasionale skakeling en uitruilprogramme.
Al ons studieprogramme is onderworpe aan keuring, op grond van minimum vereistes en die hoeveelheid studente wat per program geakkommodeer kan word. Die minimumvereiste vir keuring is 'n Nasionale Senior Sertifikaat-punt van 65%.
Studente het toegang tot die kampusnetwerk en IT-stelsels deur omtrent 2500 rekenaars op die kampus. Jy kan met jou eie skootrekenaar of slimfoon Webstudies gebruik, of 'n skootrekenaar of slimfoon koop deur IT teen spesiale tariewe vir studente.
Nagraadse navorsing en opleiding word ondersteun deur modern toerusting en hoogs gekwalifiseerde en ervare personeel. Ons bied 'n aansporingsprogram vir doktorale studente. Nuwe meestersgraad- en doktorale studente kan ook kwalifiseer vir beurse.