Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraadse

​​​Voorgraadse Programme

(Gebruik Inleiding en ander inligting van Voorgraadse prospektuse Prospektus)

Ingenieurswese bied uitstekende loopbane vir mans en vroue. Professionele ingenieurs is in die eerste plek gemoeid met die vooruitgang van tegnologie deur innovasie, kreatiwiteit en verandering. Hul werk vereis oorspronklike denke en 'n goeie oordeelsvermoë, en fokus op mense en tegnologie.

Die vierjarige Baccalaureus in die Ingenieurswese-programme (BIng) rus jou toe met 'n breë kennisbasis. Al die studente neem dieselfde vakke in die eerste jaar en begin dan in hul tweede jaar spesialiseer in die rigting waarin hulle verder wil studeer. In die eerste twee jaar word 'n fondament van wiskunde en die natuur- en ingenieurswetenskappe gelê, en in die derde en vierde jaar leer jy hoe om jou kennis toe te pas om tegniese en besigheidsgeleenthede te ontgin. Met die breë kennisbasis van die BIng kan gegradueerdes 'n groot verskeidenheid betrekkings volstaan in die ingenieursbedryf én daarbuite. Hulle is dikwels entrepreneurs en stig en bestuur hul eie ondernemings. ​

Die BIng-programme is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie van ons gegradueerdes as Professionele Ingenieurs na verwerwing van toepaslike ondervinding in die praktyk. Ingevolge die Washington Accord word programme wat deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese geakkrediteer word in verskeie lande in die wêreld erken, soos byvoorbeeld Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika, om slegs 'n paar te noem.

 

Voorgraadse Programme in Ingenieurswese

BIng (Bedryfs)​​​

BIng (Elektries & Elektronies) 

BIng (Meganies & Megatronies)

Bing (​​Siviel)​

 

Taalbeleid​

Vanaf 2014 sal alle voorgraadse studente al hul lesings in die taal van hul keuse, Afrikaans òf Engels, kan ontvang. Alle toets- en eksamenvraestelle en werksopdragte word ook in beide Afrikaans én Engels opgestel, en studente mag enige vraestel of opdrag in Afrikaans òf Engels beantwoord.

Wanneer 'n module in meer as een klasgroep aangebied word (alle eerstejaar- en baie tweedejaar modules), word die module in parallelmedium aangebied (ten minste een klasgroep in Afrikaans en ten minste een klasgroep in Engels).

Wanneer 'n module in een klasgroep aangebied word, word intydse tolking aangebied, d.w.s. as die dosent Engels praat, dan word die lesing ​na Afrikaans getolk en wanneer die dosent Afrikaans praat, dan word die lesing na Engels getolk. Elke student kan self kies om die tolking te gebruik of nie.

Alle nagraadse programme word in Engels aangebied. Vir meer inligting oor die Taalbeleid, sien afdelings 3.4 en 3.5 in die Ingenieurswese Jaarboek.

 

Minimum Toelatingsvereistes (Teks van Voorgraadse prospektus)

Keuringskriteria (Teks van Voorgraadse prospektus)​

Verlengde Graadprogram vir Ingenieurswese (Teks van Voorgraadse prospektus)

Sien Hoofstuk 2 van Fakulteit Jaarboek  vir meer besonderhede oor toelating tot die BIng-grade

 

Navrae

Fakulteitsekretaris: Mnr Minnaar Pienaar

Tel: +27 21 808 4835

Faks: +27 808 4576

E-pos: Mnr Minnaar Pienaar