Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Internasionale Studente

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Nagraadse en I​nternasionale Kantoor ​

Die doel van die Nagraadse en Internasionale Kantoor​ is om 'n gefokusde ondersteuningsdiensplatform te skep om nagraadse studies en die sukses van nagraadse studente te bevorder; en om die inkomende en uitgaande internasionale akademiese mobiliteit van personeel en studente te ondersteun en te bevorder.

Die Universiteit van Stellenbosch het 'n gevestigde veelvlakkige internasionale netwerk, vervat in ons formele ooreenkomste en lidmaatskap van meer as 15 internasionale konsortiums. Deur konsortiums is ons betrokke by Franssprekende Afrika, Nordiese en Statebond lande. Deur middel van ons ooreenkomste word plaaslike en internasionale studente, personeel en doktorale navorsers 'n magdom van navorsings- en ontwikkelingsgeleenthede regoor die ​wêreld gegun. 

Kon​sultasie u​​​re

  • 10:00 - 13:00 (Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag)
  • 14:00 - 15:00 (Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag)
  • Gesluit vir studente op Woensdae​​