Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Alumni

​​​​​​​​​​​​​​​​​Om van ʼn universiteit te gradueer is ʼn groot stap in enigeen se lewensreis. Sodra jy jou graad verwerf het, vorm jy deel van die alumni-gemeenskap van jou universiteit en bly die Universiteit Stellenbosch jou intellektuele tuiste. Die Alumni-kantoor streef daarna om alumni met hul almal mater in verbinding te hou nog lank nadat die euforie van graadvang verby is.​

Die sukses van ʼn universiteit hang grootliks van sy alumni-deelname af. Om hierdie band te versterk het die Alumni-kantoor ʼn strategie wat uit vyf pilare bestaan naamlik uitreik en kennismaking, vroeë studenteskakeling, die bestuur van vrywilligers, die Jaarfonds, en kommunikasie. Elk van hierdie pilare vorm ʼn integrale deel van die proses om meer geleenthede te skep vir oudstudente om met die Universiteit in kontak te bly, wat nie net ʼn sterker band tussen alumni en die Universiteit skep nie, maar ook onderling tussen alumni. ​​