General Linguistics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Programme

As 'n departement, is ons getrou om hoë kwaliteit onderwys en navorsing aan te bied en uit te voer, in 'n wye reeks van albei formele asook toegepaste taalwetenskap navorsingsgebiede, met 'n fokus op kwessies wat relevant is tot Suid-Afrika se taal-landskap. Ons sien daarna uit om u voor te stel aan bronne wat ons vertrou u as verrykend en stimulerend sal ervaar.

Die departement bied op voorgraadse vlak twee vakke aan, Algemene Taalwetenskap en Applied English Language Studies. Bykomend bied die departement 'n fakulteitsvlak derdejaars-module aan in Metawetenskap.

Die departement bied twee nagraadse programme in  Algemene Taalwetenskap aan:  (i)  'n Honneurs in Algemene Taalwetenskap, en (ii) 'n MA in Algemene Taalwetenskap; twee nagraadse programme waarin die verskynsel van tweede tale bestudeer word uit verskeie dissiplinêre perspektiewe: (i) 'n Nagraadse diploma (NGDip) in Tweedetaalstudie, asook (ii) 'n MA in Tweedetaalstudie; en twee nagraadse programme waarin die verskynsel van interkulturele kommunikasie bestudeer word uit verskeie dissiplinêre perspektiewe, die enigstes van hul soort in Suid-Afrika: (i) 'n Nagraadse diploma (NGDip) in Interkulturele Kommunikasie, en (ii) 'n MA in Interkulturele Kommunikasie. ​