Die senaat van 'n openbare inrigting vir hoër onderwys is verantwoordbaar teenoor die raad vir akademiese en navorsingswerksaamhede van die openbare inrigting vir hoër onderwys en verrig die ander werksaamhede wat die raad aan hom delegeer of toewys. Die volledige funksies van die Senaat word vervat in die Statuut van die Universiteit van Stellenbosch .
Samestelling van die Senaat:
Die Rektor en Vise-kanselier
Die Rektor se Bestuurspan
Die Registrateur
Twee lede van die Raad
(behalwe die lede van die rektor en vise-kanselier en die vise-rektore) wat deur die raad op die wyse en vir 'n termyn deur die statuut voorgekryf, verkies
Die professore van die universiteit
Vyf medeprofessore
verkies deur die medeprofessore
Vier lede van die Studenteraad
drie lede van die Studenteraad en een lid van die Akademiese Belangeraad
Twee persone uit eie geledere verkies deur die akademiese personeel van die Universiteit
wat nie professore of mede-professore is nie
Twee persone uit eie geledere verkies deur die administratiewe personeel van die Universiteit
Twee persone uit eie geledere verkies deur die tegniese personeel van die Universiteit
Departementele voorsitters wat nie vol professore is nie
Die bykomende persone wat by besluit van die senaat, deur die raad goedgekeur, tot lede van die senaat verklaar word.