Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Institusionele Beleide en Riglyne

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ Dit is die Universiteit Stellenbosch se strewe om tot die breë samelewing by te dra deur die bevordering van kennis in diens van die samelewing. Uitnemendheid is die onderliggende waarde in alle voorgraadse en nagraadse onderrig- en leerprogramme aan die Universiteit. In die “Strategiese Raamwerk 2019 – 2024" word die Universiteit se visie vir onderrig en leer om die kern van ʼn leergerigte beandering gebou, wat in die kern- strategiese tema van “genetwerkte en samewerkende onderrig en leer" vasgevang word. Hierdie benadering word soos volg geformuleer:

Die Universiteit bevorder 'n leergerigte benadering tot onderrig (en leer), met die klem op leer as 'n vennootskap, wat studente as medeskeppers van kennis en leeromgewings beskou." 

Hierdie visie word aangevul deur een van die hoofdoelwitte van die Universiteit se “Strategie vir Onderrig en Leer 2017 – 2021":

om die koers aan te dui vir die realisering van daardie doelwitte wat sal verseker dat die Universiteit Stellenbosch een van die toonaangewende universiteite in Suid-Afrika bly – ook op die gebied van onderrig en leer."

​ 

Beleidsdokumente en verslae wat institusionele leiding vers​​​kaf:

​ ​​
​​

​ ​ ​ ​ ​ ​
​​
​ ​

​Die US Onderrig- en Leerbeleid​

SU Teaching  Learning Policy.jpg

​Kliek op hierdie skakel vir ‘n grafiese voorstelling van die Onderrig- en Leerbeleid met skakels na die relevant paragrawe​.​
​​

Die volgende tabel bevat 'n verskeidenheid institutionele beleidsdokumente en verslae wat fo​kus op Leer en Onderrig:

Onderrig- en Leerbeleid​​​
​​​Laas Goedgekeur:
26 ​September​ 2018​​​ (Die beleid word tans hersien.  Sien die volgende dokument, tans slegs in Engels beskikbaar:  ​Position paper:  Review of the SU T&L Policy:  Reconceptualisation of key concepts and practices available here.​)
​Hersieningsdatum: 
​Die Beleid moet in die vyfde jaar waarin dit geld, hersien word. Indien die eienaar van die Beleid dit nodig ag, kan dit vroeër of meer as een keer in die geldigheidstydperk hersien word.​​​
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking​​​
​​Doel​​​: 

​Om ’n bevorderlike institusionele omgewing aan te moedig waar onderrig en leer van gehalte in die hele studentekorps, ​​​die akademiese personeelkohort, steundiensafdelings en bestuursliggame kan gedy.​​

​​Assesseringsbeleid- en Praktyke ​​​
​​Laas Goedgekeur:
2021
​Hersieningsdatum: 
2026​​
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking​​​
​​Doel: 
Om ’n raamwerk te verskaf waarvolgens geldige, betroubare en verantwoordbare assesseringspraktyke gevestig kan word, en wat duidelike maatstawwe stel waarvolgens fakulteite sodanige praktyke kan stuur en evalueer.
Infografika hier.​

​​Reglement vir die bestuur van Finlo: Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig
​​Laas Goedgekeur:
18 April 2019
​Hersieningsdatum: 
September 2021​
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking​
​​Doel: 
​Om leer en onderrig vir dosente en studente te verryk deur die finansiering van leer- en onderrigprojekte wat innoverend of navorsinggefokus is. Om deurlopende steun deur die instelling aan die volhoubaarheid van die FINLO te verleen.​

​​VKP: Riglyne aangaande die US se Verlengde Graadprogramme
​​Laas Goedgekeur:
2010
​Hersieningsdatum: 
Word tans hiersien
Kurator: 
Sentrum vir Onderrig en Leer​
​​Doel: 
​Die doel van hierdie dokument is om die konseptualisering, operasionalisering en bestuur van Verlengde Graadprogramme te rig op so ’n wyse dat die programme versoenbaar is met die Universiteit se missie, dat dit bydra tot die verwesenliking van die Universiteit se visie en dat dit die waardes van die Universiteit reflekteer.

​​​​​​

Laai af​​​​​

Riglyne aangaande die beskikbaar stel van opnames
​​​Laas Goedgekeur:8 Augustus 2022
​Hersieningsdatum​:
​Sal deur die KLO hersien word soos nodig
Kurator​: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking​
​​Doel:​

​​Hierdie dokument skets die agtergrond, eerste beginsels en moontlike strategieë vir omgang met studiemateriaal voor en ná lesings, algemene riglyne vir die opname van lesings en/of die beskikbaarstelling daarvan aan studente, asook verdere kwessies en optrede wat opgevolg moet word​
​ ​​​
​​​​​​

Laai af ​​​​​​

Einskappe van Graduandi 
​​​Laas Goedgekeur:20 September 2023
​Hersieningsdatum​:

Kurator​: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking​
​​Doel:​

​​As 'n skepper van volhoubare hoop in Afrika, streef die Universiteit Stellenbosch daarna om die soort toestande te skep wat elke student in staat sal stel om die eienskappe te verwerf wat in hierdie dokument uiteengesit word. ​
​​

​​Konseptuele raamwerkdokument vir akademiese geletterdhede​
​​Laas Goedgekeur:
Maart/April 2021
​Hersieningsdatum: 

Kurator: 
Direkteur: Taalsentrum​​​​
​​Doel: 
​Die doel van hierdie dokument is om ’n omvattende agtergrond en konseptuele raamwerk met betrekking tot akademiese geletterdhede (AG) te bied, en te verduidelik waarom daar ’n behoefte is aan AG in tersiêre kurrikulums; om die werksomskrywing van AG by te werk en na aanleiding van ’n meningsopname die leemtes in AG-aanbiedinge uit te wys, wat die Universiteit en programontwerpers in sowel huidige inisiatiewe as die implementering van nuwe benaderings en praktyke sal bystaan; om op te klaar watter dienste tans beskikbaar is en hoe dié dienste fakulteite in die ontwikkeling van AG ondersteun, en om die finansiële implikasies uiteen te sit; en om voorstelle te maak oor die pad vorentoe vir fakulteite. ​

​​Reglement vir interne en eksterne moderering en die afhandeling van uitslae​
​​Laas Goedgekeur:
Augustus / September 2014
​Hersieningsdatum: 
2019 (word tans hiersien)
Kurator: 
Senior Direkteur: Institusionele Navorsing en Beplanning​​​
​​Doel: 
​​Om te verseker dat standaard-praktyke gevolg word met betrekking tot eweknie-assessering (via internet en/of moderering) in alle modules en programme.​

​​Plagiaatbeleid (ter ondersteuning van Akademiese Integriteit)
​​Laas Goedgekeur:
2016
​Hersieningsdatum: 
2021 (word tans hersien)
Kurator: 
Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie, Afdeling Navorsingsontwikkeling​
​​Doel: 
Om standaarde van akademiese gedrag te stel vir die gebruik van ander se werk en die hergebruik van ’n persoon se eie gepubliseerde werk; om akademiese integriteit te bevorder.

​​Prosedure vir die ondersoek en bestuur van bewerings van plagiaat​​​​
​​Laas Goedgekeur:
2016
​Hersieningsdatum: 
2021 (word tans hiersien)​
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking​​​​​​​
​​Doel: 
Om standaarde van akademiese gedrag te stel vir die gebruik van ander se werk en die hergebruik van ’n persoon se eie gepubliseerde werk; om akademiese integriteit te bevorder. ​

​​Regulasies vir portuur-na-portuur-leerondersteuning​
​​Laas Goedgekeur:
2020
​Hersieningsdatum: 
Elke 5 tot 6 jaar
Kurator: 
Viserektor (Leer en Onderrig)​
​​Doel: 
Om die praktyke ten opsigte van die aanstelling en gebruik van studente vir onderrig- en leerondersteuning te reguleer​.​

​​Regulasie vir die Erkenning van Vorige Leer (EVL) en Kredietakkumulasie en-oordrag (KAO)​​​​
​​Laas Goedgekeur:
2017
​Hersieningsdatum: 
Elke 5 jaar
Kurator: 
Die Registrateur 
​​Doel: 
Hierdie regulasie bied ’n gehalteversekeringsraamwerk vir die erkenning van vorige informele en nieformele leer deur middel van EVL, sowel as formele leer deur middel van KAO, met die uitsondering van omstandighede waar KAO nie van toepassing blyk te wees nie.​

Laai​ Af​​  

​​Riglyne vir Programkomiteevoorsitters en Programleiers​

​​Laas Goedgekeur:

2018

​Hersieningsdatum

2023

Kurator: 

Senior Direkteur: Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking

​​Doel: 

Om die funksie, pligte en verantwoordelikhede te omskryf van programkomiteevoorsitters en programleiers wat inter‑ en intradepartementele en ‑fakultêre werksaamhede aan die Universiteit Stellenbosch verrig​.

​​Strategie vir Onderrig en Leer​​​​​
​​Laas Goedgekeur:
2017
​Hersieningsdatum: 
2021 (word tans hiersien)
Kurator: 
Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer ​​
​​Doel: 
Hierdie dokument bied ’n uiteensetting van SU se visie vir graduandi attribute en ’n strategie vir onderrig en leer, ten einde uitvoering te gee aan die visie van die Universiteit, soos dit in ander beleidsdokumente vervat is.​

​​Strategie vir die gebruik van IKT in leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch​​​
​​Laas Goedgekeur:
2013
​Hersieningsdatum: 

Kurator: 
Sentrum vir Leertegnologiee​​​
​​Doel: 
Hierdie dokument formuleer 'n visie en strategie vir die effektiewe gebruik van IKT's in onderrig en leer.​​

​​Institusionele Studenteterugvoerbeleid
​​Laas Goedgekeur:
2008
​Hersieningsdatum: 
Word tans hersien
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking

​​Doel: 
Studenteterugvoer is ’n belangrike sentrale proses gemik op die ondersteuning en ​bevordering van onderrig aan Universiteit Stellenbosch (US). Hierdie beleidsvoorstel het ten doel om die bestaande beleid en prosedures (van toepassing sedert 2001) met betrekking tot die afneem en gebruik van studenteterugvoer oor modules, dosente en programme te hersien, en in een dokument saam te vat.​

Sien ook:  Hersiening van die Studenteterugvoerstelsel: In​terim verslag van die Taakspan, 28 April 2015​


​​Reglement van die Komitee vir Onderrig, Leer en Assessering (KOLA)
​​Laas Goedgekeur:
2023
​Hersieningsdatum: 
Soos nodig
Kurator: 
Viserektor (Leer en Onderrig)
​​Doel: 
Die KLO se funksies sluit Senaatsoorsig, advies en bevordering tov die volgende sake in: Leer en Onderrig (insluitend statuur van leer en onderrig, asook akademieskap van leer en onderrig); Bevordering van studentesukses; Studente-assessering; Eksamens en promosies; Professionele ontwikkeling van en steun aan dosente (tov leer en onderrig); Eerstejaarsakademie.​

​​Aanbevelings van die taakspan vir die Bevordering en Erkenning van Onderrig​​​​​
​​Laas Goedgekeur:
2015
​Hersieningsdatum: 
Soos benodig
Kurator: 
Senior Direkteur: Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking
​​Doel: 
Hierdie verslag bevat die institusionele riglyne vir die bevordering, erkenning en beloning van goeie onderrig by US.​