pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement PlantPatologie

Navorsing en opleiding in die Departement Plantpatologie handel oor van die vernaamste siektes by landbougewasse in Suid-Afrika én die res van die wêreld. Dít sluit in druif-, sagtevrugte-, sitrus-, groente- en graangewassiektes. Ons studente word opgelei om biotiese en abiotiese faktore te ondersoek wat tot die ontwikkeling van hierdie siektes bydra, en om dit op gepaste wyse te bestuur. 

Plantpatologie bestudeer siektes wat vóór oesting in landerye voorkom, sowel as dié wat ná oesting gewasskade veroorsaak, soos bederf by uitvoervrugte, en graankontaminasie met mikotoksiene. Ons navorsing konsentreer op die akkurate identifisering en opsporing van swampatogene, en op die gebruik van omgewingsvriendelike en volhoubare maniere om dit te beheer. Hierdie metodes sluit in die toegespitste aanwending van swamdoder, die bestuur van mikrobiese en planthabitats, en die ontginning van plantverdedigingsreaksies vir beter siekteweerstand. 

Ons gebruik die jongste beskikbare tegnologieë op die gebied van molekulêre biologie, genetika en genomika, mikroskopiese en rekenaarontleding, sowel as epidemiologiese modellering. Deur plantsiekte te verminder, wil die Departement Plantpatologie graag die produksie van gesonde en veilige voedsel vir die Suid-Afrikaanse bevolking verhoog en landbouprodukte vir verkoop in plaaslike en internasionale markte voorsien​.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES
 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE  DOKTOR​​ALEGRADE​​
Aansoekproses