pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departe​ment Bewaringsekologie en Entomologie

BEWARINGSEKOLOGIE

Ons spesialiseer in die volhoubare bestuur van plant- en dierespesies, ekosisteme en die goedere en dienste wat hulle voorsien, hoofsaaklik in produksielandskappe. Ons onderneem navorsing oor, en lei studente op in, die funksionering en ekologie van plant- en dierepopulasies, en die komplekse lewende gemeenskappe wat by die bestuur van natuurlike hulpbronne en landskappe betrokke is. Dít sluit in die bewaring en volhoubare gebruik van woudbome, natuurlike weiding, krokodille en ander wildspesies, die voorkoming en beheer van bos-oorskryding, uitheemse indringerplante en probleemdiere, die bestuur van spesies, ekosisteme en omgewingsprosesse in sowel formele as privaat beskermde gebiede, veral dié in gefragmenteerde landskappe, die tempering en herstel van skade wat deur landbou aangerig word (soos oorbeweiding), ontwikkeling en mynbou, die maatskaplike beoordeling van landelike gemeenskappe, ruimtelike prioritisering vir beter bewaringsbesluitneming, en die implementering van sosiale leerinstellings vir die buigsame bestuur van produksielandskappe.

ENTOMOLOGIE

Die toegepaste navorsing van Entomologie handel oor die geïntegreerde bestuur van myt- en insekspesies, en hoe en waarom dit toegepas word, veral ten opsigte van sagtevrugte, vrugtevliegbestuur in die vrugtebedryf, na-oes-entomologie en nematologiese plantplae. Basiese navorsing draai om morfologie en sistematiek, veral by Lepidoptera- en fossielinsekte, en die fisiologie en ekologie van fynbosinsekte. Entomologie beskik oor ’n uitgebreide versameling insekte vir studie. ’n Opwindende nuwe navorsingsgebied in die Departement is die uitwerking van landbou- en bosbou-aktiwiteite op die landskap, op diere- en plantdiversiteit, en op watervoorraad. Die klem val op insekbewaringsbiologie in sowel Suider-Afrika as die Wes-Indiese eilande​.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES
​​ MAGISTERGRADE  DOKTOR​ALE​GRADE
Aansoekproses