pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement HORTOLOGIE

Die hoofnavorsingsfokus is die groei en voortplantingsontwikkeling van vrugtebome en fynbos, vrug- en blomgehalte, na-oesfisiologie en tegnologiegebruik. Die onderliggende fisiologiese meganismes van die winterrustydperk en bot, die oplei en snoei van bome, vrugset en -uitdunning sowel as vrugontwikkeling en -gehalte word verduidelik, en praktiese tegnieke om die opbrengs van vrugte en blomme van gehalte te verhoog word in die boord getoets. 

Na-oesnavorsing konsentreer op vrug- en blomhanteringsprotokolle, verkoelings- en stooromstandighede vir optimale raklewe en gehalte, en die onderliggende fisiologie van selwande en -membrane. 

Alle navorsing deur Hortologie is daarop gerig om die mededingendheid van die ekonomies belangrike Suid-Afrikaanse vrugte- en fynbosbedryf met betrekking tot oorsese markte te verhoog.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES
 HONNEURSGRADE  MAGISTERGRADE  DOKTORALEGR​ADE​​
Aansoekproses