pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement bos- en houtkunde

Navorsing word op die volgende terreine onderneem.​

Bosbouwetenskappe​

​BOSKULTUUR

Navorsing handel oor die genetiese verbetering van bome, boomkweking, boomvestiging, bestuur van inheemse woude en bosveld, sowel as terrein–spesie-passing. 

Bosontwikkeling

Die gebruik van inheemse bome deur gemeenskappe, die deelnemende bestuur van inheemse woude en bosveld, en die gebruik van agrobosboutegnologieë vir gemeenskapsontwikkeling word ondersoek. 

Bosbestuur​

Navorsing konsentreer op bosinventaris, groei- en opbrengsmodellering van natuurlike woude en kommersiële plantasies, GIS-modellering, informatika, bosekonomie en -finansies, bedryfsbestuur en beleid. 

Bosingenieurswese

Hierdie gebied handel oor logistiek en verskaffingskettingbestuur, bedryfsnavorsing, die optimalisering van oesstelsels, optimale bou- en bestuurspraktyke vir toegangspaaie en bospadnetwerke, en houtvervoer, -kostebepaling en werk-studie-protokolle.​


Houtwetenskappe

Houteienskappe

’n Dieper studie van die belangrike biologiese, fisiese en chemiese eienskappe gedurende die verwerking en gebruik van houtgebaseerde produkte. Dít sluit in mikro- en makrostrukture, bioafbreking, hout–water-verwantskap, termiese gedrag, meganiese sterkte, en elektriese en akoestiese eienskappe. 

Houtverwerking

Behels verdere studie van die prosesse, ekonomie en bestuur van primêre en sekondêre houtverwerkingsbedrywe. 

Houtgebaseerde Konstruksies​​​

Die ontwerp, vervaardiging en eienskappe van houtgebaseerde konstruksies, voeë en hegstukke, duursaamheids- en prestasietoetsing. 

Bedryfsnavorsing en -Praktyk

Identifisering en oplossing van ’n bedryfsprobleem, of die ontwikkeling van ’n produk.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES

 NAGRAADSE DIPLOMAS  MAGISTERGRADE  DOKTORAL​​​E​​GRADE​​
Aansoekproses