pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement Agronomie​

Die navorsing in Agronomie draai hoofsaaklik om gematigde gewasse, intensiewe kweekhuisplantproduksie, veldbestuur en onkruidbestuur. Plantproduksie met gewasrotasie, sowel as tegnieke vir die volhoubare produksie van gematigde gewasse (soos wintergraan, peulgewasse en oliesaadgewasse) in ’n Mediterreense klimaat, word omvattend ondersoek. Navorsing op die gebied van intensiewe kweekhuisproduksie sluit in die fisiologie, opbrengs en gehalte van gewasse wat in grondlose kwekings in kweekhuise en tonnels verbou word. Navorsing oor onkruidbestuur behels die identifisering en bestuur van onkruiddoderweerstandige onkruidspesies sowel as geïntegreerde onkruidbestuurstelsels.​​​


N​AGRAADSE KWALIFIKASIES
 NAGRAADSE DIPLOMAS  MAGISTERGRADE  DOKTORALEG​RADE​​

Aansoekproses