Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Fonds vir Innovasie en Nav​​​orsing in Leer en Onderrig (Finlo)


***Vir meer inligting oor die 2023 versoek vir voorstelle (sluitingsdatum:  9 Junie 2023), kliek hier​.
***Die aansoekvorm om die volgende skryfgeleentheid by te woon, is hier beskikbaar.


In ooreenstemming met die nuwe konsep-Onderrig-Leerbeleid (2023), sal die Universiteit Stellenbosch die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (Finlo) voortsit. Die fonds is in 2005 gestig om ʼn kultuur van innovasie en navorsing in onderrig, leer en assessering (OLA) in die Universiteit aan te moedig. Die fonds bied aan dosente die geleentheid om doeltreffende OLA-praktyke en -prosesse te innoveer en te evalueer, en om OLA-uitdagings, oplossings en -tendense te ondersoek. Dit bied ook ʼn meganisme vir die verspreiding van resultate wat ontwerp is om die gehalte van OLA te verbeter. Enige dosent, span dosente of sentrum wat vir OLA verantwoordelik is, kan aansoek doen.

Finlo-toekennings word twee maal per jaar deur ʼn subkomitee van die Komitee vir Onderrig, Leer en Assessering (KOLA) toegeken. Voorstelle word tot en met ʼn maksimum van R60 000 befonds.

US akademici en steunpersoneel word hiermee uitgenooi om voorstelle vir die befondsing van navorsings- en innovasieprojekte vir die verryking van onderrig, leer en assessering aan die US, voor te lê. Die fokus op die hersiening, herontwerp en hernuwing van die akademiese aanbod moedig besinning oor en fokus op die transformering en verbetering van die kurrikulum, onderrig, leer en assessering aan. Die webblad vir die Afdeling Leer- en Onderrigverryking (ALOV) verskaf vrae wat dikwels oor sommige van hierdie OLA-onderwerpe en -prosesse gevra word, en ook die spelwisselaars (game changers) aan die US (blaai tot onderaan die ALOV-webblad).

Die huidige versoek vir Junie 2023 verwelkom voorstelle belyn met Akademiese Hernuwing as een van bogenoemde US spelwisselaars (game changers).

Akademiese Hernuwing is in 2021 deur die Rektoraat as een van die spelwisselaars (game changers) aangewys en is in 2022 verder tydens die institusionele en uitvoerende beplanningsforums verfyn. In Februarie 2023 is verdere fokuspunte vir akademiese hernuwing vir ʼn transformerende studente- en personeelleerervaring gespesifiseer (klik hier vir ʼn grafiese opsomming van alle fokuspunte). Finlo-voorstelle wat met die onderstaande fokuspunte belyn is (maar nie daartoe beperk is nie), word versoek:

Programhernuwing – Die US stel ʼn premie op die gehalte van sy akademiese aanbiedinge, waaronder OLA-praktyke, deur die deurlopende hersiening, herontwerp en vernuwing van akademiese programme en modules, om ʼn transformerende studente-leerervaring te fasiliteer. Dit is noodsaaklik om aspekte van dekolonisasie en/of maatskaplike geregtigheid, inter-/multi-/transdissiplinariteit en wêreldwye-netwerkleer*​ as deel van programhernuwing in te sluit (raadpleeg die nuwe konsep Onderrig-Leerbeleid (2023)). Die US poog ook om ʼn kontinuum van leergeleenthede aan ʼn diverse verskeidenheid studente te bied. Gegewe die unieke postpandemiese konteks en die behoefte aan buigsaamheid (pas, plek, modus en skaal), kan voorstelle aspekte en dimensies van hierdie konteks in ooreenstemming met Finlo verken. Hibridiese leeraanbiedinge (HL) sou een voorbeeld hiervan wees. Klik hier vir toegang tot meer inligting op die HL-webblad.

*Wêreldwye-netwerkleer – Projekte wat met die US se strategiese visie vir die vestiging van doeltreffende medewerking deur vennootskappe en netwerke met internasionale instellings ooreenstem en dit beklemtoon, en wat bydra tot uitnemendheid in leer, onderrig en assessering. Voorbeelde sluit in virtuele uitruilings of medewerkende aanlyn internasionale leer. Sodanige projekte kan om bykomende finansiering aansoek doen en kan bykomende konsultasies tussen die aansoeker en US Internasionaal vereis.

Assessering – Assessering is ʼn integrale deel van die OLA-proses (US Assesseringsbeleid 2022). Kritiese oorweging van assesseringspraktyke is belangrik vir die bemagtiging van leer en die ondersteuning van ʼn transformerende studente-ervaring. Akademiese Integriteit (AI) en die gebruik van leertegnologieë vorm deel van hierdie oorweging, veral in die lig van nuwe ontwikkelings in Kunsmatige Intelligensie (KI) (bv. ChatGPT). Belyning met die 2022 Assesseringsbeleid word aanbeveel (raadpleeg die US Assesseringsbeleid en die meegaande verduidelikende Infografika).

Graduandi-eienskappe – Die samelewing, universiteite en werkgewers kom tans voor unieke situasies te staan, wat sal lei tot ʼn verandering in die profiel van voorkeurgraduandi en -werknemers. Die VUCA-uitdagings (volatile, uncertain, complex, ambiguous) plaas die behoefte aan die ontwikkeling van studente se toekomsgereedheid op die voorgrond en vereis dat doelbewuste aandag geskenk word aan die bepaling van toekomstige strategieë in hoër onderwys. Hoe kan ons die huidige graduandi-eienskappe van die US/nuwe konsep-graduandusprofiel van die US in die akademiese aanbod integreer – binne en buite die klaskamer, om studente as burgers van die een-en-twintigste eeu te ontwikkel en om hulle volle potensiaal met graduering te verwesenlik? Die huidige US graduandi-eienskappe en die konsep-US graduandusprofiel is hier beskikbaar.

Studentesukses – Studentesukses word holisties beskou as deel van ʼn reis (van ons eerste kontak met voornemende studente af, totdat hulle afstudeer en die rol van alumni aanvaar) waartydens studente deur ʼn transformerende studente-ervaring begelei en ondersteun word (CHE 2014:ii en in hersiene konsepbeleid vir Onderrig-Leer aangehaal). As ʼn leerinstelling met ʼn leergerigte benadering, begelei en ondersteun die US studentesukses deur die beste geleenthede en bemagtigers vir verrykte leerervarings aan te bied. Die verlengde kurrikulumprogram, eweknie-leer, studenteterugvoer, ko-kurrikulumaanbiedinge en so meer, is voorbeelde van sodanige bemagtigers.

Hoe om vir Finlo Aansoek te doen

Vul die 2023 aansoekvorm hier elektronies in om aansoek te doen. Slegs aansoeke op hierdie elektroniese vorm sal oorweeg word. Jy kan die onaktiewe weergawe van die aansoekvorm hier besigtig.

Let veral op die riglyne en kriteria vir die aansoek om Finlo-befondsing wat hier beskikbaar is.

Ons bied vanaf 30 Mei tot 2 Junie 2023 ’n Skryfgeleentheid aan vir Finlo aansoekers en ontvangers. Aansoekers word aangemoedig om vir hierdie geleentheid te registreer deur die aangehegte vorm te voltooi, ten einde hul Finlo voorstelle te ontwikkel.

Klik hier vir die Bestuursregulasies van die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (Finlo). Alle aansoeke word deur die Finlo-komitee oorweeg:​

​• Dr Nicoline Herman, Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, nherman@sun.ac.za
• Dr Jean Farmer, Finlo-projekbestuurder, Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer, jeanlee@sun.ac.za
• Dr Anthea Jacobs, Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer, jacobsa@sun.ac.za
• Dr Taryn Bernard, Senior dosent, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, tbernard@sun.ac.za
• Dr Jan Petrus Bosman, Direkteur: Sentrum vir Leertegnologieë, jpbosman@sun.ac.za
• Prof Ashraf Kagee, Professor, Departement Sielkunde, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, skagee@sun.ac.za
• Prof Elize Archer, Hoof van die Simulasie- en Kliniese Vaardighede-eenheid, Waarnemende direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, elizea@sun.ac.za
• Prof Shantelle Weber, Senior dosent, Praktiese Teologie en Missiologie, Fakulteit Teologie, smweber@sun.ac.za
• Dr Gretha Steenkamp, Senior dosent, Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, gvn@sun.ac.za
• Dr Zelda Barends, Senior dosent, Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, zbarends@sun.ac.za
• Prof Robbie Pott, Professor, Departement Chemiese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese, rpott@sun.ac.za

Ontwikkel u idee, praat met kollegas en vra die SOL adviseur in jou fakulteit vir terugvoer.
​​

​Hoe om 'n Finlo-verslag saam te stel:

Gebruik hierdie templaat om oor u Finlo-projek verslag te doen​

  PDF formaat
​ ​
 ​
​ ​Hoe om hulp te kry vir jou Finlo projek:

Ter ondersteuning van Finlo-projekte bied Stellenbosch Universiteit Skryfgeleenthede aan.  Skryfgeleenthede verskaf toegewyde skryftyd weg van die kantoor af. Dit is halfjaarlikse geleenthede (gewoonlik in Mei en November) vir beide nuweling- en ervare onderrignavorsers om hulle Finlo-projekte te versterk of om aan hulle &&O-publikasies te werk.  Vir meer inligting, besoek die Skryfgeleenthede bladsy, kliek ​hier.


Finlo Suksesse:​​​​

Video streaming.png

Neurologie-opleiding nóú makliker danksy nuwe video-fasiliteit​​​​​

Met behulp van befondsing wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (Finlo) beskikbaar gestel is, word video-fasiliteite vir afstandsonderrig in neurologie by drie kliniese leersentrums in die Wes-Kaap geïmplementeer.

 
Klik hier vir 'n Lys van ontvangers van vorige Finlo-toekennings (met hulle kontak besonderhede).​
​​

Kontakbesonderhede



Sluitingsdatum vir 2023​ Finlo Aansoeke

  •    9 Junie 2023
  •   17 November 2023​​​​​​​​​​​​​

Onderst​euning vir u Finlo Aansoeke

  •   Skryfgeleentheid 
    Dinsdag, 30 Mei tot 
    Vrydag, 2 Junie 2023 by ​Ongegund.