Bedrieglike magrietjie se vermoë om kammavlieë te skep, verduidelik | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9737 | | Bedrieglike magrietjie se vermoë om kammavlieë te skep, verduidelik | Faculty of Science (media and communication) |
Navorsers het ontdek hoe 'n Suid-Afrikaanse magrietjie kamma- wyfievlieë op sy blare skep ten einde manlike vlieë te kul om dit te bestuif.

'n Manlike vlieg nader 'n blom, land bo-op − wat hy dink − 'n wyfievlieg is, en dans rond. Hy probeer paar, maar dit werk nie eintlik nie. Hy probeer weer. Uiteindelik gooi hy die handdoek in en vat die pad, onsuksesvol. Maar die plant het gekry wat hy wil hê: stuifmeel.

“Meer as 'n dekade terug het ons beskryf hoe die Suid-Afrikaanse magrietjie, Gorteria diffusa, 'n ingewikkelde struktuur op sy blare gebruik om manlike vlieë te lok. Die meganisme ágter hierdie oortuigende driedimensionele bedriegspul, kompleet met harige knobbels en wit ligstrepe, het wetenskaplikes egter lank aan die kopkrap gehad," verduidelik Prof. Allan Ellis, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde, en deel van 'n internasionale span van navorsers wat die evolusionêre oorsprong van dié fenomeen wou uitpluis.

Die resultate van hul soektog is vandeesweek in die vaktydskrif Current Biology gepubliseer.

Die navorsers het drie stelle gene geïdentifiseer wat betrokke is by die bou van hierdie kammavlieg op die magrietjie se blomblare. Die groot verrassing is dat al drie stelle alreeds ánder funksies in die plant het: een is verantwoordelike vir die vervoer van yster, een laat die wortelhare groei, en een is in beheer van presies wanneer die blomme stoot.

Die studie het bevind dat die drie stelle gene op 'n nuwe manier in die magrietjie se blomblare saamwerk om hierdie kamma- wyfievlieë te vorm. Die gene wat verantwoordelik is vir die vervoer van die yster, voeg yster by die blomblaar se normale rooipers pigment wat die kleur na 'n meer groenblou vliegkleur verander. Die gene wat verantwoordelik is vir wortelhaargroei, laat hare op die blomblaar uitkom wat sodoende tekstuur verskaf. En die derde stel gene laat die kammavlieë op oënskynlik lukrake plekke op die blomblare verskyn.

“Hierdie magrietjie het nie 'n nuwe geen ontwikkel wat kammavlieë te voorskyn bring nie. Daarenteen het dit iets veel slimmer gedoen. Dit het reeds bestaande gene byeen gebring wat alreeds ander goed in verskillende plekke in die plant gedoen het ten einde ingewikkelde kolletjies op die blomblare te maak wat manlike vlieë bedrieg," sê Professor Beverley Glover, verbonde aan die Cambridge Universiteit se Departement Plantwetenskappe, ook direkteur van die Universiteit se Botaniese Tuin, en senior outeur van die studie.

Die navorsers sê die magrietjie se blomblare gee aan die plant 'n evolusionêre voordeel deurdat dit meer manlike vlieë lok om dit te bestuif. Die plante groei in 'n strawwe woestynomgewing in Suid-Afrika, met slegs 'n kort reënseisoen waarin dit blomme moet produseer, bestuif moet word, en saad moet vrystel voordat dit doodgaan. Dit skep intense kompetisie om bestuiwers te trek en die blomblare met die kamma- wyfievlieë maak dat hierdie Suid-Afrikaanse magrietjie bo die skare uitstaan.

In vergelyking met die meeste ander lewende organismes, is die groep plante wat hierdie seksueel bedrieglike magrietjie insluit, baie jonk in evolusionêre terme en slegs 1,5 tot 2 miljoen jaar oud. Die vroeëre magrietjies van hierdie stamboom het nie hierdie kammavliegkolletjies gehad nie, wat beteken dat die verskyning hiervan 'n baie vinnige proses moes wees.

“Ons sou verwag dat iets so kompleks soos 'n kammavlieg lank sou neem om te ontwikkel en boonop baie gene en baie mutaties sou behels. Maar deur drie bestaande pare gene byeen te bring, het dit inderwaarheid baie vinniger gebeur," sê Dr Roman Kellenberger, 'n nadoktorale genoot in die Cambridge Universiteit se Departement Plantwetenskap en ook hoofouteur van die studie.

Om by hierdie resultate uit te kom, het die navorsers dieselfde soort magrietjieplante gebruik en met mekaar vergelyk om te bepaal watter gene aangeskakel is in blomblare met, en blomblare sonder kammavlieë. Hulle het dit ook vergelyk met blomblare van 'n ander soort magrietjie wat 'n eenvoudige kolletjiepatroon vertoon, om uit te werk watter gene spesifiek hierdie magrietjie se kolle so bedrieglik maak.

Dit is die enigste voorbeeld van 'n blom wat veelvuldige kammavlieë bo-op sy blare produseer. Ander lede van die magrietjiefamilie maak baie eenvoudiger kolletjies – byvoorbeeld kolletjies in 'n kring rondom al die blare − wat blyk nie baie oortuigend vir regte vlieë te wees nie. Deur die verskillende magrietjies in die stamboom met mekaar te vergelyk, was die navorsers ook in staat om uit te werk in watter volgorde die kammavlieg tot stand kom: eers die kleur, dan lukrake verspreiding, en laastens tekstuur.

“Dit is byna soos om 'n hele nuwe orgaan in 'n baie kort tydperk te ontwikkel. Manlike vlieë vertoef nie lank op blomme met eenvoudige kolletjies nie, maar hulle is so oortuig deur hierdie kammavlieë dat hulle ekstra tyd spandeer om te probeer paar en selfs méér stuifmeel op die blom afvryf, wat dan help om dit te bestuif," sê Kellenberger.

Hierdie navorsing is befonds deur die Switserse Nasionele Wetenskapstigting, die Verenigde Koningkryk se Natural Environment Research Council en die Biotechnology and Biological Sciences Research Council.

Verwysing

Kellenberger, R. et al: 'Multiple gene co-options underlie the rapid evolution of sexually deceptive flowers in Gorteria diffusa.' Current Biology, March 2023. https://doi.org/10.1016/j.cub.2023.03.003

Foto's: Allan Ellis

Kontakbesonderhede

Prof. Allan Ellis, Department of Botany and Zoology, Stellenbosch University agellis@sun.ac.za

Professor Beverley Glover, Departement Plantwetenskappe, Cambridge Universiteit bjg26@cam.ac.uk

Die mediaverklaring is uitgereik deur Cambridge Universiteit en aangepas deur Stellenbosch Universiteit vir verspreiding.

US verbeter sy posisie op QS-vakranglys | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9732 | | US verbeter sy posisie op QS-vakranglys | Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking [Alec Basson] |
Die Universiteit Stellenbosch (US) kan hom as een van die voorste hoëronderwysinrigtings in die wêreld beskou in die breë vakgebiede Lewenswetenskappe en Geneeskunde; Lettere en Geesteswetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Bestuur; Ingenieurswese en Tegnologie; en Natuurwetenskappe. Dít is volgens die 2023 Quacquarelli Symonds- (QS-) wêreldranglys vir Universiteite volgens Vakgebied wat Woensdag (22 Maart 2023) vrygestel is.

Altesame 1 597 instellings is vir die 2023-ranglys in 54 vakke in bogenoemde breë vakgebiede beoordeel. Meer as 16,4 unieke artikels wat tussen 2016 en 2020 verskyn het en wat nagenoeg 117,8 miljoen sitasies van 2016–2021 opgelewer het, is ontleed.

Die US het sy plek in vier van hierdie vakgebiede verbeter. Dit het 'n top-250-plek in Lewenswetenskappe en Geneeskunde behaal, en verskyn nou in die top 350 in Lettere en Geesteswetenskappe, in die top 450 in Ingenieurswese en Tegnologie, in die top 400 in Sosiale Wetenskappe en Bestuur, en in die top 500 in Natuurwetenskappe.

Voorloper in SA

Wat spesifieke vakkategorieë betref, het die US sy wêreldwye plek in Omgewingswetenskappe en Geneeskunde verbeter deur na die top 250 op te skuif. Dit is die voorste universiteit in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou (74ste in die wêreld) en Teologie, Godgeleerdheid en Godsdienste Studies, en in Ontwikkelingstudies (albei in die top 100), Chemiese Ingenieurswese (top 300) en Meganiese, Lugvaartkundige en Vervaardigingsingenieurswese (top 350). Die US vir die tweede jaar in 'n ry eerste in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies, en tweede in Opvoedkunde (top 350), Aptekerswese en Farmakologie (top 300), Besigheid en Bestuurstudies (top 500), Sielkunde (top 330), Biologiese Wetenskappe (top 350) en Elektriese
en Elektroniese Ingenieurswese (top 450). Die US beklee ook die tweede plek in Engelse Taal en
Literatuur (top 250) nadat dit verlede jaar derde was. Dit verskyn ook in die top 330 in Rekeningkunde en Finansies.

“In ooreenstemming met ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wil ons ook onsself in hoër onderwys wêreldwyd onderskei, so ons is baie bly dat ons reputasie in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies nommer een op die ranglys is. As die enigste universiteit in Suid-Afrika wat wingerdbou en wynkunde aanbied danksy ons unieke wynstreek, is ons veral trots daarop dat hierdie eer Landbou te beurt geval het," sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake.

Aanwysers

Die QS gebruik vyf aanwysers vir hul ranglys, naamlik akademiese reputasie op grond van persepsies; werknemer-reputasie; navorsingsitasies per artikel; H-indeks; en die bygevoegde Internasionale Navorsingsnetwerk (IRN). Die eerste twee is gegrond op wêreldwye opnames onder akademici en werkgewers wat gebruik word om 'n instelling se internasionale reputasie in elke vak te bepaal. Navorsingsitasies per artikel meet die gemiddelde aantal sitasies wat per publikasie behaal is en is 'n skatting van die impak en gehalte van die wetenskaplike werk wat deur universiteite gedoen word. Die H-indeks bepaal die stabiliteit van die impak en gehalte van die werk wat deur 'n instelling se akademici gepubliseer word. Die IRN is 'n maatstaf van 'n universiteit se doeltreffendheid om stabiele navorsingsmedewerkings in elk van die vyf breë vakgebiede te vestig.

Die US het die afgelope paar jaar konsekwent onder die beste tersiêre inrigtings wêreldwyd op die volgende ranglyste verskyn: QS-wêreldranglys volgens vakgebied, Times Higher Eduction se wêreldranglys vir vakke en die ShanghaiRankings-wêreldranglys vir akademiese vakke. Hierdie ranglyste gebruik verskillende metodologieë en aanwysers om universiteite se plek op hulle ranglys te bepaal.

Wêreldwaterdag: Is daar plaagdoders in my water? | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9730 | | Wêreldwaterdag: Is daar plaagdoders in my water? | Emma Davies & Reynold Chow |
Wêreldwaterdag word jaarliks op 22 Maart gevier. In ʼn meningsartikel vir die Cape Times skryf meesterstudent Emma Davies & dr Reynold Chow (Departement Aardwetenskappe) dat ons ons riviere moet monitor vir plaagdoders wat ons waterbronne kan besoedel.

Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder

Emma Davies & Reynold Chow*

Suid-Afrika is die grootste gebruiker van plaagdoders in Afrika suid van die Sahara, wat beteken dat ons waterbronne moontlik die risiko loop om deur die plaagdoders besmet te word. Plaagdoders word hoofsaaklik vir grootskaalse gewasverbouing gebruik. Ná toediening is dit egter moontlik dat hulle water op die oppervlak of grondwater kan binnedring, waar hulle moontlik kan bly en waterorganismes en selfs die mens se gesondheid skade kan berokken.

Die tema van vanjaar se Wêreldwaterdag (22 Maart) is “Accelerating Change" (“Versnel verandering") en fokus daarop om die waterkrisis te midde van klimaatsverandering op te los. Met Suid-Afrika wat geneig is tot droogte, kan ons nie bekostig dat ons waterbronne besmet word nie. Daarom is dit uiters belangrik dat ons ons waterbronne bewaar en beskerm deur aktiwiteite, insluitende plaagdoders, volhoubaar te bestuur wat dit kan besmet.

Hoewel daar streng reëls en regulasies is om die vlakke van plaagdoderneerslae te monitor op gewasse wat van Suid-Afrika af uitgevoer word, het ons nie regulasies wat die vlakke van plaagdoderbesmetting in die omgewing, veral in water, beperk nie. Dit beteken ons regering (dus die Departement van Water en Sanitasie) het nie 'n strategie beskikbaar om ons riviere vir plaagdoders te monitor nie. Daarom weet ons nie watter plaagdoders nablywend in die omgewing is of hoeveel daarvan ons water binnedring nie. Dit kan 'n probleem word vir ons land se water-ekostelsels, asook vir mense in landelike gemeenskappe wat op oppervlak- én grondwater staat maak. As Suid-Afrikaners moet ons met die gevolge van plaagdoderbesoedeling in die omgewing saamleef, terwyl lande wat ons produkte invoer, dit nie hoef te doen nie.

Die gebruik van plaagdoders in die landbou is die vernaamste dryfveer vir plaagdoderbesoedeling. Die gebruik daarvan vir ander doeleindes as landbou (byvoorbeeld bosbou en onkruidbeheer langs die pad) en huishoudelike gebruik is bykomende bronne. Dit is ook belangrik om te verstaan hoe hierdie smetstowwe ons ekostelsel binnedring – dit kan afloop, in die lug vrygestel word, in grondwater en afvalwater beland en op talle ander maniere plaasvind. Dit is noodsaaklik om hierdie bronne en paaie te verstaan, want ons kan hierdie inligting gebruik om verbinding-spesifieke oplossings te skep wat uiteindelik die risiko's verbonde aan die gebruik van plaagdoders en die negatiewe uitwerking op gemeenskappe en waterorganismes tot 'n minimum kan beperk.

Ten einde die kennisgapings oor plaagdoderbesmetting te help aanspreek, monitor ons altesame 50 verbindings in die Wes-Kaap deur passiewe toetsers te gebruik. Passiewe toetsers is klein skyfies wat in riviere geplaas word om plaagdoders deur diffusie en sorpsie te versamel. Diffusie vind plaas wanneer molekules van 'n hoëkonsentrasiegebied (die water) na 'n laekonsentrasiegebied (die toetser) beweeg. Sorpsie vind plaas wanneer 'n verbinding (plaagdoder) homself aan 'n ander (passiewe toetser) deur fisiese of chemiese prosesse laat vaskleef.

Ten slotte …

Ons studie het sover 30 verskillende plaagdoderverbindings opgemerk, met net 'n paar wat in groot hoeveelhede voorkom. Dit illustreer dat spesifieke verbindings die meeste besmetting veroorsaak en dus die fokus van versagtende maatreëls moet wees. Twee verbindings wat veral kommer wek, is chlorpyrifos en imidacloprid wat omgewingsgehaltestandaarde (EQS) oorskry. 'n EQS-waarde is die minimum konsentrasie wat die sensitiefste waterorganismes kan beïnvloed. Deur plaagdoderkonsentrasies in die water met n EQS-waarde te vergelyk, help dit ons om te bepaal watter plaagdoders n risiko vir waterlewe inhou. Imidacloprid, 'n plaagdoder wat algemeen gebruik word om witluise in wingerde te bekamp, wek veral kommer omdat dit sedert 2017 sy EQS-waarde in al ons monsters oorskry het.

Om die moontlike risiko's beter te verstaan wat plaagdoderbesoedeling vir die omgewing en menslike gesondheid inhou, benodig ons deurlopende en konsekwente moniteringsprogramme vir plaagdoderbesoedeling in landbou-sensitiewe opvangsgebiede gekombineer met 'n opnamestelsel van die plaagdoders wat boere gebruik. Doelgerigte oplossings kan aan die hand van hierdie inligting ontwikkel word wat sal help om volhoubare landboupraktyke te bevorder wat weer op hulle beurt die omgewing én die boere (geïntegreerde plaagbestuur) kan bevoordeel. Sulke programme is lewensnoodsaaklik om te verseker dat varswaterbronne nie deur plaagdoders besoedel word nie en dat die gesondheid en welstand beskerm word van gemeenskappe wat op hierdie hulpbronne staatmaak.

Met die viering van Wêreldwaterdag is dit belangrik om te besef hoe verskillende soort besoedeling ons kosbare waterbronne kan beïnvloed. Deur 'n omvattende begrip van die probleem te ontwikkel, kan ons die ontwikkeling van doeltreffende oplossings bespoedig.

*Emma Davies is 'n meestersgraadstudent en dr Reynold Chow 'n dosent in die Departement Aardwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Dr Chow is ook verbonde aan die Grondfisika- en Grondbestuurgroep by die Wageningen-Universiteit in Nederland.

L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9706 | | L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing | Wiida Fourie-Basson (media: Fakulteit Natuurwetenskappe) |
'n PhD-student in Chemie aan die Universiteit Stellenbosch, Jessica Thibaud, is een van ses Suid-Afrikaanse vrouewetenskaplikes wat 'n finansiële toekenning van die L'Oréal stigting genaamd L'Oreal en UNESCO (die Verenigde Nasies se organisasie vir opvoeding, wetenskap en kultuur) ontvang het.

Die L'Oréal-UNESCO For Women in Science international programme verskaf ondersteuning aan vrouewetenskaplikes in alle fases van hul wetenskapsloopbane. Volgens 'n amptelike mediavrystelling, verteenwoordig vroue slegs 33.3% van navorsers wêreldwyd en hul werk kry selde die erkenning wat dit werklik verdien.

Jessica se navorsing fokus op die identifisering van nuwe chemiese verbinding wat die lewensiklus van die malariaparasiet Plasmodium falciparum kan ontwrig nadat dit die menslike gasheer ingedring het. Dit is egter makliker gese as gedaan om hierdie verbindings te identifiseer, aangesien dit reg oor die wereld in duisende tot miljoene in databanke gestoor word.

In 2020 was malaria, 'n muskietoordraagbare parasitiese siekte, verantwoordelik vir ongeveer 627 000 sterftes wêreldwyd, waarvan 96% in Afrika voorgekom het. Boonop toon die parasiet ook 'n verhoogde weerstandigheid teen die huidige konvensionele malariamedikasie.

Jessica se navorsing is slegs een aspek van 'n groter navorsingsdomein rakende die ontwerp en ontwikkeling van malaria teenmiddels in die Medisinale Chemie navorsingsgroep leiding van Dr Katherine de Villiers. Hierdie navorsingsgroep het dit onlangs bemagtig om 'n tweedimensionele kaart van 'n teenplasmodium chemiese ruimte te ontwikkel. Dit was gedoen deur van 'n eenvoudige hoofkomponent analise-algoritme gebruik te maak wat verbindings wat bekende antimalaria-aktiwiteit toon, visueel saam op 'n kaart groepeer. Vir haar MSc-navorsing onder die studieleiding van Dr de Villiers, het Jessica die gebruik van hierdie kaart met onlangs verworwe vaardighede in masjienleer gekombineer om 'n substel van 6 000 verbindings te identifiseer wat die potensiaal toon om 'n spesifieke ensiem in die parasiet se lewensiklus te teiken.

Sedert die aanvang van haar PhD, het Jessica deur die H3D Foundation aan die Universiteit Kaapstad en Ersilia verdere opleiding in masjienleer en kunsmatige intelligensie ontvang om ten einde die proses te versnel waarteen nuwe geneesmiddels vir die malaria kwaal ontdek kan word. Hierdie berekeningsmetodes het haar gehelp om die soektog verder af te sper tot 'n potensiële 30 teenmiddel-verbindings. Sy is nou in die proses om hierdie verbindings in die laboratorium te toets ten einde die een of twee mees belowende verbindings vir verdere ontwikkleing te vind.

“Buiten hul antimalaria-aktiwiteit , moet hierdie verbindings ook belangrike medisinale eienskappe, soos oplosbaarheid, selektiwiteit asook varieerbare sterkte toon voor hulle vir verdere ontwikkeling oorweeg kan word," verduidelik sy.

Sy beplan om die L'Oreal-toekenning te gebruik om 'n kragtiger rekenaar vir laboratoriumgebruik te aan te skaf, en om later vanjaar 'n internasionele kongres oor Bioanorganiese Chemie by te woon. As deel van die toekenning het sy ook 'n week lange opleidingsprogram in die Ivoorkus bygewoon wat vir die L'Oreal-UNESCO-wenners uit Afrika aangebied is.

“Kunsmatige-intelligensie-inspuiting” vir US-navorsing oor lang-Covid | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9695 | | “Kunsmatige-intelligensie-inspuiting” vir US-navorsing oor lang-Covid | Faculty of Science (Wiida Fourie-Basson) |
Navorsing by die Universiteit Stellenbosch (US) oor lang-Covid, het 'n “kunsmatige- Intelligensie-inspuiting" ter waarde van meer as R11.75 million (€600 000) oor die volgende drie jaar, via die Erasmus.AI search engine ontvang.

Die Erasmus.AI engine, met US-alumnus Daniel Erasmus aan die stuur, is 'n ontsettende kragtige soekenjin wat groot korpusse ongestruktureerde teks op webskaal kan analiseer. In die praktyk word meer as 250 000 000 URL'e per dag verwerk en uit vyftien verskillende tale vertaal, wat alle ooptoegang navorsingsartikels en abstrakte wat op PubMed gepubliseer word, insluit.

“As jy in ag neem dat byna 5 000 mediese artikels daagliks gepubliseer word, besef jy dat 'n mediese spesialis of navorser onmoontlik op hoogte van sake kan bly. Ons is hier om 'n oorsig te gee, samewerking te verbeter, of in kort − die argitektuur van ontdekking te verander," verduidelik Erasmus tydens 'n onlangse besoek aan die US.

Die doel van die besoek was om 'n navorsingsooreenkoms met prof Resia Pretorius, fisioloog en hoof van die Department Fisiologiese Wetenskappe, te sluit. Sy staan tans aan die voorpunt van navorsingspogings wêreldwyd om die rol van blywende mikrobloedklonte te verstaan wat in die bloedmonsters voorkom van individue wat aan lang-Covid ly. Tans word daar gedink dat hierdie onoplosbare mikroklonte bloedvloei in kapillêre vate inhibeer of selfs tydelik blokkeer, en gevolglik suurstofoordrag na weefsel inperk. Die gebrek aan suurstof in verskeie dele van die liggaam kan verantwoordelik wees vir baie van die simptome van lang-Covid.

Wat egter meer raaiselagtig is, is dat die mikroklonte teenliggame bevat, asook 'n aansienlike aantal groot molekules wat bekend is daarvoor dat hul die liggaam se vermoë om bloedklontvorming te reguleer, aansienlik verminder. In 'n artikel wat in Oktober 2022 in die vaktydskrif Cardiovascular Diabetology gepubliseer is, skryf Pretorius en mede-outeurs dat hierdie teenliggame moontlik 'n rol kan speel in die immuunrespons wat volg op akute Covid-19, óf dat dit die dryfveer kan wees agter die ontwikkeling van outo-immuniteit in sommige individue met lang-Covid. Daar is egter min tot geen data beskikbaar oor hierdie teenliggame nie.

Pretorius en haar navorsingspan het sedertdien navorsingsdatabasisse gefynkam vir leidrade om die rol en funksie van sommige van hierdie teenliggame beter te probeer verstaan.

Nou, met toegang tot die Erasmus.AI search engine en -platform, kan hulle die superberekeningskrag van KI inspan om die soektog vír hulle te doen, en boonop dit wat reeds beskikbaar is, visueel voorstel deur middel van 'n gebruikersvriendelike koppelvlak.

Pretorius is ook nuuskierig om meer te wete te kom oor ensieme soos serrapeptase en nattokinase se vermoë om bloedklonte af te breek: “Tans het ons net anekdotiese bewyse van individue wat gerapporteer het dat hul simptome verbeter het ná behandeling met hierdie ensieme, verduidelik sy. Maar miskien is daar iets daaroor in die literatuur wat ons misgekyk het.

Volgens Erasmus, kan KI navorsers voorsien van kliniese, laboratoium- en anekdotiese verslae van miljarde bronne daar buite: “KI kan 'n oorsig verskaf wat voorheen nie bestaan het nie. Dit is soos 'n “super Google“ vir professionele mense. KI bring die insig wat met 'n grootskaalse oorsig geassosieer word. En wanneer dit met toevallige nuwe ontdekkings gekombineer word, lei dit dikwels tot nuwe insig en begrip," verduidelik hy.

Hy voeg by dat hierdie kombinasie van menslike en kunsmatige intelligensie presies bied wat nodig is om die gesondheidskrisis wat wêreldwyd deur lang-COVID veroorsaak is, te hanteer. Maar hy waarsku: Die impak van lang-Covid gaan die pandemiefase verdwerg. Ons moet lang-Covid as 'n saak van dringendheid hanteer.

Erasmus wat sy graad in ingenieurswese aan die US verwerf het, woon tans in Amsterdam in die Nederlande.

Op die foto bo, van links na regs, Prof. Louise Warnich, Daniel Erasmus, en Prof. Resia Pretorius. Foto: Ignus Dreyer

Houtwetenskapstudente ondersteun die STEM@Maties-program | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9672 | | Houtwetenskapstudente ondersteun die STEM@Maties-program | Prof Martina Meincken |
Die STEM@Maties-program is gemik op voorheen benadeelde hoërskole, om leerders vertroud te maak met eksperimentele tegnieke en moontlike projek idees. Sowat tien skole uit die Stellenbosch / Wynland-streek het deelgeneem.

Karl Kutzer en Keenan Nefdt van die Departement Bos- en Houtwetenskap het verskeie analitiese tegnieke aangebied wat gebruik word om die akoestiese eienskappe van hout te karakteriseer en verduidelik hoe eienskappe, soos digtheid, of voginhoud klank beïnvloed.

Resultate van onlangse MSc-studie verskaf ontwerpwaardes vir SA denne KLH | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9664 | | Resultate van onlangse MSc-studie verskaf ontwerpwaardes vir SA denne KLH | Prof Brand Wessels |
Mnr MJ Jacobs (middel) het sy MSc-tesis met die titel: 'Uit-vlak sterkte en styfheidvoorspelling van SA denne-kruisgelamineerde hout' suksesvol verdedig. Die belangrikste gevolgtrekking was dat die skuif-analogie metode die beste voorspellings vir sterkte en styfheid van SA denne-kruisgelamineerde hout (KLH) gegee het. 'n Tabel van ongefaktoriseerde weerstand vir drie- en vyflaagoplegte wat Suid-Afrikaanse sterkteklasse gebruik, is vervaardig en strukturele ingenieurs in Suid-Afrika kan daardie tabel gebruik vir die ontwerp van KLH-geboue van SA denne. Sedert hy sy proefskrif ingedien het, het MJ by XLAM Suid-Afrika gewerk en is hy nou aangestel as Direkteur by Holzbau CPT waar hy verantwoordelik was vir die oprigting van 'n nuwe plaaslike glulamfabriek. MJ is hier saam met mnr. Michael Kloos (links), 'n strukturele ingenieur wat gereeld KLH-geboue ontwerp, en sy studieleier prof. Brand Wessels (regs). Die toekoms vir kruisgelamineerde hout lyk blink en ons wens MJ sterkte toe met sy loopbaan!

Wanneer klimaatsverandering jou dwing om die enigste (en duurste) opsie te kies | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9657 | | Wanneer klimaatsverandering jou dwing om die enigste (en duurste) opsie te kies | Wiida Fourie-Basson (Faculty of Science) |
Ons pogings om geleidelik by klimaatsverandering aan te pas, kan ons dalk by 'n kantelpunt bring met slegs een keuse: om óf dinge op 'n totaal ander manier aan te pak, óf niks.

Hierdie sogenaamde kantelpunte in aanpassing, gaan egter baie kapitaal- sowel as tegnologie-intensief wees, waarsku prof Guy Midgley, tussentydse direkteur van die Skool vir Klimaatstudies (SKS) by die Universiteit Stellenbosch. Hy is die hoofouteur van 'n onlangse artikel, “Potential tipping points for climate change adaptation costs", wat gepubliseer is in die vaktydskrif Climate and Development. Die ander outeurs is prof Arthur Chapman, ook van die SKS, en Julio Araujo van SouthSouthNorth, 'n organisasie sonder winsbejag wat in die veld van klimaatsveranderingveerkragtigheid in Afrika werk.

Volgens prof Midgley is die literatuur geneig om te fokus op laerisiko aanpassingsresponse, meestal as gevolg van hoë vlakke van onsekerheid oor die impak van kimaatsverandering.

Afrika se aanpassingskapasiteit word egter alrééds as beperk beskou. In die Interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) se laaste verslag oor Afrika, is die oorskreiding van aanpassingsperke een van die kritiese risiko's wat Afrikalande in die gesig staar.

In die navorsingsartikel word drie fases van menslike aanpassings by 'n veranderende klimaat geïdentifiseer. Eerstens, in die “hanteringsaanpassingsfase", is die respons goedkoop, grootliks reaktief, en behels laekosteveredeling van bestaande tegnologieë.

Sodra hierdie hanteringsmeganismes nie meer effektief is nie, is daar 'n oorgang na meer doelbewuste pogings om alternatiewe tegnologieë of praktyke te vind, wat gepaardgaan met 'n toename in koste. Die wesenlike eienskappe van die sektor word egter steeds behou.

Die derde fase "steun sterk op tegnologie en/of is kapitaalintensief" en word gekenmerk deur nuwe bestuurstegnieke -praktyke wat die wesenlike karakter van die betrokke sektor transformeer, en gaan dikwels selfs gepaard met 'n verdere skerp styging in koste.

Wat beteken dit vir voedselproduksie en 'n natuurgebaseerde bestaan in Afrika?

Volgens die outeurs lê een van Afrika se belangrikste kwesbaarhede in die sensitiwitieit van landbouproduksie vir droogte en hittestres, en die verband tussen oesmislukkings en natuurgebaseerde bestaan.

Dit beteken dat baie gemeenskappe op inheemse kennissisteme en plaaslike kennis steun om by die impak van klimaatsverandering aan te pas, wat kenmerkend is van die laekoste aanpassingsresponsfase. In die geval van Rwanda, byvoorbeeld, is teeproduksie tans beperk tot hoogtes van tussen 1600 en 2100 meter bo seevlak, as gevolg van sy sensititiwiteit vir hittestres.

Verwarming van 1 graad Celsius sal hierdie gepaste hoogteband ongeveer 160 meter hoër verskuif. Teeproduksie word ook geraak deur reënvalwisselvalligheid – minder reën het 'n kleiner oes tot gevolg. Deur op hulle intieme kennis van die gebied en sy plantegroei staat te maak, kan plaaslike boere steeds aanpas deur op hierdie tekens staat te maak.

Aangesien toekomstige verwarming en groter reënvalveranderlikheid vir daardie streek voorspel word, gaan die aanpassingsresponse duurder word: soos om bome te plant wat skadu gee en teeplantasies fisies hoër op teen die helling te verskuif, of om skadunette en misting in te span. Wanneer bogenoemde maatreëls nie meer werk nie, betree ons die derde en baie duurder fase, soos die die aanplantingsgebied wat fisies verskuif word.

In hierdie fase verloor die plaaslike boerekennis sy doeltreffendheid.

Namate die inheemse kennissisteme begin misluk, sal dit volgens die outeurs selfs duurder tegnologiese oplossings verg om die probleem op te los: “Indien dít die geval is," skryf hulle, “staar Afrika-lande 'n aansienlike verlies aan waarde in die gesig, wat nie tans in ekonomiese terme oorweeg word nie – die verlies aan generasies se swaar verworwe inheemse plaaslike kennis".

Versterking van beleidmaking en beplanning in Afrika

Prof Midgley sê hulle hoop dat hulle identifisering van hierdie kantelpunte in aanpassingsbelegging, beleidmakers en beplanners sal help om beter begrip te hê van wat voorlê, en ook sal help om hulle standpunt te versterk tydens onderhandelinge oor die globale versagtingsdoelwitte.

“'n Fokus op die identifisering van aanpassingskostekantelpunte sal die onmiddellike waarde van navorsing oor klimaatsimpakte en aanpassings vir beleidmakers en beplanners verhoog, veral in ontwikkelende landstreke soos Afrika," sluit hulle af.

Kontak science@sun.ac.za vir medianavrae.

Photo: Rwandan tea plantations around Nyungwe national park. Photo credit: Ben Ayobi wikicommons - https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Foggy-sunrise-rwanda.ngsversion.1474048474112.adapt.1900.1.jpg

Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023! | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9644 | | Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023! | Prof Bruce Talbot |
Welkom aan ons nuwe 1ste jaar Bos- en Houtprodukwetenskapstudente -2023!

Nuwe studie onthul diversiteit van Suid-Afrika se ekologies belangrike langtongvlieë | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9628 | | Nuwe studie onthul diversiteit van Suid-Afrika se ekologies belangrike langtongvlieë | Wiida Fourie-Basson (Faculty of Science) |
'n Uitvoerige studie oor meer as 50 langtongvliegspesies wat endemies tot Suid-Afrika is, het getoon dat spesies wat aan die wetenskap bekend is, maar slegs ongeveer die helfte van die diversiteit van hierdie ekologies belangrike bestuiwergroep verteenwoordig.

Suid-Afrika se langtongvlieë (Nemestrinidae) is uniek, te danke aan hulle uitsonderlike lang monddele. Die bekendste hiervan is Moegistorhynchus longirostris met 'n tong wat tot 'n merkwaardige 90 tot 100 mm in lengte kan strek. Met 'n lyflengte van 15 mm, is die tong meer as vyf maal die lengte van die lyf self. Hierdie langtongvlieë is die enigste bestuiwers van vele langbuisblomme soos die krities bedreigde Hesperantha oligantha, bedreigde spesies soos Disa scullyi en die berglelie (Nerine humillis), asook verskeie Pelargonium-, Plectranthus-, Gladiolu-s, Watsonia- en Lapeirousia-spesies.

Dog, ten spyte van hul charisma, het hierdie familie nog min aandag op die taksonomiefront gekry. Die laaste hersiening van bekende Suider-Afrikaanse nemistrinid-spesies (ongeveer 44) is meer as 90 jaar gelede gedoen.

In 'n onlangse artikel wat in die vaktydskrif Invertebrate Systematics gepubliseer is, raam Dr Genevieve Theron en kollegas dat meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse spesies in die Nemestrinidae-familie tans nog onbeskryf is. Hierdie werk maak deel uit van haar doktorale navorsing by die Sentrum vir Funksionele Biologie by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), met insette van wetenskaplikes by Stellenbosch Universiteit en Rhodes Universiteit.

Populasie-ekoloë maak gebruik van merk-hervangtegnieke om die populasiegroottes van diere soos renosters te bepaal. Hierdie proses berus op die beginsel dat jy 'n bekende getal gemerkte diere in 'n populasie het. En wanneer die ratio van gemerkte diere tot ongemerkte diere vergelyk word wat tydens opnames geobserveer is, is dit dan moontlik om die totale populasiegrootte te skat. Dr Theron het 'n soortgelyke tegniek gebruik om die diversiteit van langtongvlieë te skat.

Die navorsingspan het 136 eksemplare ingesamel in hulle bekende verspreidingsgebied in Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Dr Theron het toe DNS-volgordebepalingstegnieke en morfologiese analise ingespan om aan te toon dat daar minstens 58 afsonderlike spesies is, waarvan slegs 29 tans beskryf is. Die oorblywende 29 kon nie geïdentifiseer word nie en verteenteenwoordig daarom waarskynlik spesies wat nog nie voorheen beskryf is nie, wat daarop dui dat die werklike vliegdiversiteit dubbel die grootte is van wat tans beskryf is.

“Ons raam dat die totale nemestrinid-diversiteit in suider-Afrika dalk uiteindelik kan staan op meer as 80 spesies," verduidelik sy.

Volgens Prof Timo van der Niet, medeprofessor by die Sentrum vir Funksionele Biodiversiteit in UKZN en senior outeur van die artikel, daag die artikel die algemene persepsie onder die publiek uit dat die meeste spesies reeds aan die wetenskap bekend is.

“Hierdie studie toon dat selfs in 'n land soos Suid-Afrika wat 'n sterk tradisie van natuurgeskiedenis het, die meeste van die ongewerweldes se diversiteit waarskynlik nog nie beskryf nie. Indien dit die geval is by 'n charismatiese groep soos die langtongvlieë, is dit selfs meer waarskynlik die geval by kleiner insekte," waarsku sy.

Prof Bruce Anderson, 'n evolusiebioloog in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch (US) en mede-outeur, sê studies soos hierdie een lewer 'n betekenisvolle bydrae tot die verbeterde skattings van globale insekdiversiteit en is belangrik om plaaslike ekologie en bewaring beter te verstaan.

“Ons het altyd gedink dat daar ongeveer 150 plantspesies is wat geheel en al afhanklik is van ongeveer nege langtongvliegspesies vir bestuiwing. Sou hierdie vlieë verdwyn, sou vele rare en bedreigde Suid-Afrikaanse plantspesies waarskynlik uitsterf," verduidelik hy.

Maar hierdie studie dui daarop dat die ekologies belangrike langtongvliegspesies miskien meer as nege afsonderlike taksa kan verteenwoordig. Verder is baie van die onbeskryfde vliegspesies waarskynlik op hulle eie betrokke by ingewikkelde plantinteraksies, wat hulle belangrikheid verder vergroot – heelwat groter as wat tans aanvaar word, voeg hy by.

Dr Theron se taak vir die volgende drie jaar, as 'n nadoktorale genoot by die KwaZulu-Natal Museum, sal wees om daardie 29 onbekende spesies te identifiseer en te beskryf (en vele ander wat in versamelings reg oor die wêreld aangehou word).

Die navorsers hoop dat die bevindings van die studie 'n waardevolle basis sal verskaf vir toekomstige bewaringstrategieë vir hierdie belangrike bestuiwergroep.

Die artikel getiteld: “We don't know half of it: morphological and molecular evidence reveal dramatic underestimation of diversity in a key pollinator group (Nemestrinidae)" is op 5 Januarie 2023 in die vaktydksrif Invertebrate Systematics gepubliseer.

Op die fotos bo, 'n Langtonggvlieg moet sy tong ten volle in die nektarbuis van die blom insteek ten einde 'n klein druppeltjie nektar uit die basis van die buis te bekom. In hierdie proses plaas die langbuisiris, Lapeirousia anceps óf stuifmeel op die vlieg se kop, óf is dit die ontvanger van die stuifmeel wat rééds op sy kop is (links) en by die bedreigde Nerine humillis (regs). Foto's: Bruce Anderson en Ethan Newman

Media-navrae

Dr Genevieve Theron

E-pos: genevieveltheron@gmail.com

Sel: +27 82 591 0515

Prof Timo van der Niet

E-pos: vdniet@gmail.com

Sel: +27 728191439

Prof Bruce Anderson

E-pos: banderso.bruce@gmail.com

Sel: +27 72 113 6948