Wêreldkankerdag: Soeklig val op belangrike kankerverwante kwessies | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11006 | | Wêreldkankerdag: Soeklig val op belangrike kankerverwante kwessies | Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking |
Persoonlike kankersorg met kunsmatige intelligensie, pseudowetenskap in aanlyn kankernuus, beter handling vir kanker van die eierstokke, en toksiese driehoek van stress, vetsug en kanker. Hierdie is die belangrike kwessies wat kenners by die Universiteit Stellenbosch in meningsartikels vir Wêreldkankerdag op 4 Februarie aanspreek. Klik op die skakels hieronder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

Dr Celesté van Drünick (Daily Maverick)

Dr Carla Eksteen (Mail & Guardian)

Prof Anna-Mart Engelbrecht (News24)

Dr Lili Rademan (Cape Argus)

Twee sterrekundiges sluit by US se Fisika-departement aan as buitengewone fakulteitslede | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10995 | | Twee sterrekundiges sluit by US se Fisika-departement aan as buitengewone fakulteitslede | Faculty of Science (media & communication) |
Die Departement Fisika in die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Natuurwetenskappe, is opgewonde om twee sterrekundiges in sy geledere te verwelkom – Dr Rob Adam as ereprofessor, en Dr. Charles Takalana as buitengewone dosent.

Dr Adam spog met 'n lang, uitnemende loopbaan waar hy 'n sleutelrol gespeel het in die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie in Suid-Afrika. Hy het in verskeie hoedanighede gedien wat onder andere insluit: as adjunk-direkteur-generaal van Wetenskap en Tegnologie (1996), direkteur-generaal van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, hoof-uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie, direkteur van die Vierkante Kilometer Reeks of “Square Kilometer Array (SKA)" Suid-Afrika, asook direkteur van die Suid-Afrikaanse Radio-astronomie-sterrewag.

Ter erkenning van sy prestasies het die US se Fakulteit Natuurwetenskappe in Desember 2023 'n eredoktorsgraad in die natuurwetenskappe aan Dr Adam toegeken. Gegewe sy uitgebreide lys van prestasies in wetenskapsnavorsing, beleidsontwikkeling en -bestuur, is Dr Adam die ideale persoon om 'n bydrae te kan lewer tot die groei van die Departement Fisika wat reeds oor kapasiteit in kernfisika en 'n onlangs gevestigde astrofisika-navorsingsgroep beskik. Dr Adam lewer ook 'n beduidende bydrae as adviseur by die Paarl Africa Underground Laboratory (PAUL)-konsortium, waarin die Departement Fisika 'n leidende rol speel.

Dr Charles Mpho Takalana het 'n agtergrond in sterrekunde en astrofisika, met navorsing wat fokus op die ondersoek van die kosmologiese 21 cm-agtergrondsein van die Donker Eeue en die Tydperk van Reïonisasie, deur gebruik te maak van differensiële waarnemings van sterrestelselswerms deur die SZE-21 cm, 'n vorm van die Sunyaev-Zel'dovich-effek.

Hy het gedurende 2021-2023 as hoof van die sekretariaat by die Afrika- sterrekundevereniging (AfAS) gedien. Hy was ook 'n sterrekundebeleidsnavorser by die Suid-Afrikaanse Radio-astronomie-sterrewag en die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Innovasie. In hierdie rol het hy die implementering van die Suid-Afrikaanse Multigolflengte Sterrekundestrategie ondersteun en die ontwikkeling van 'n lewendige sterrekundegemeenskap met die tegniese kapasiteit om verskeie sterrekundeprojekte te implementeer. Hy dien tans as adjunkdirekteur van die International Astronomical Union – Office of Astronomy for Development (IAU-OAD).

Met sy fokus op 21 cm-astrofisika en sterrestelselvorming en -evolusie, sal Dr Takalana saam met die astrofisikanavorsingsgroep in die departement werk en ook voorgraadse studente onderrig.

Prof. Yin-Zhe Ma, professor in astrofisika in die Departement Fisika, sê die teenwoordigheid van bogenoemede twee wetenskaplikese sal van onskatbare waarde wees om die departement se wetenskaplike en opvoedkundige uitsette te verhoog. Dr Adam en Dr Takalana sal beslis ook belangrike rolmodelle wees wat die volgende generasie wetenskaplikes en sterrekundiges inspireer.

CIMPA-skool vir enumeratiewe kombinatorika lok 35 nagraadse studente uit Afrika | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10988 | | CIMPA-skool vir enumeratiewe kombinatorika lok 35 nagraadse studente uit Afrika | Faculty of Science (media & communication) |
Enumeratiewe kombinatorika en toepassings van hierdie veld van wiskunde op rekenaarwetenskap, was die tema van 'n twee weke lange CIMPA School wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Wiskundige Wetenskappe aangebied is.

CIMPA is die akroniem vir die Franse organisasie sonder winsbejag, die Centre International de Mathématiques Pures et Appliquées (CIMPA), wat in 1978 gestig is ter bevordering van Wiskunde-navorsing in ontwikkelende lande. CIMPA ondersteun jaarliks ongeveer 20 sulke skole.

Dr Sarah Selkirk, lid van die wetenskaplike komitee en 'n US-alumnus, sê die doel van die skool is “om die netwerk van navorsers op die gebied van enumeratiewe kombinatorika in Afrika uit te bou en om deelname van hierdie navosers binne die internasionale navorsingsgemeenskap te verhoog." Selkirk is tans 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Warwick in die Verenigde Koninkryk.

Enumeratiewe kombinatorika gaan oor die tel van wiskundige objekte. Selkirk verduidelik: “Gestel daar is vyf mense en vyf stoele. Op hoeveel maniere kan ons die vyf mense op die vyf stoele rangskik? In hierdie geval is daar 120 maniere wat nagegaan kan word met eenvoudige telargumente. Soos die telprobleme meer kompleks word, word kragtiger metodes, soos die generering van funksies, egter vereis. Hierdie telmetodes kan gebruik word om te ontleed hoe lank dit 'n algoritme sal neem om te hardloop – 'n onderwerp wat gedurende hierdie skool behandel is."

Gedurende die twee weke is die 35 nagraadse studente uit 15 verskillende Afrika-lande bekend gestel aan onderwerpe soos Enumerasiemetodes; Inleiding tot Analitiese Kombinatorika; Partisies en q-reekse; Boom-enumerasie en boomparameters; Permutasiestatistiek; Analise van algoritmes; en die gebruik van SageMath om kombinatoriese objekte en eksperimentele kombinatorika te genereer, asook pakkette vir die raai van genererende funksies en die uitvoering van asimptotiese uitbreidings.

Daar is ook aandag gegee aan die professionele ontwikkeling van die deelnemers. Dit het 'n werkswinkel ingesluit met instruksies oor hoe om jou eie webwerf te bou en 'n aanlyn teenwoordigheid te ontwikkel. Dr Angela Tabiri van die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) en wat in Ghana as die Koningin van Wiskunde bekend staan, het aanlyn aangesluit vir besprekings oor doeltreffende konferensie-aanbiedings en tegnieke vir die opbou van navorsingsnetwerke. Uit ʼn groepsbespreking oor uitdagings wat navorsers in Afrika in die gesig staar en wat gedoen kan word om dit te oorkom, het dit geblyk dat baie navorsers geografies geïsoleer voel.

Ten einde hierdie gevoel van akademiese isolasie te oorkom, sê Selkirk hulle beplan om ʼn aanlyn Enumeratiewe Kombinatorika-seminaar te begin: “Die idee is om voort te gaan om deelnemers na afloop van die skool in kontak met mekaar te hou. Met nuwe akademiese bande wat gesmee is en ʼn agtergrond in Enumeratiewe Kombinatorika, hoop ons dat meer navorsingsgroepe tot stand sal kom wat op hierdie onderwerp fokus."

Benewens Selkirk, is die kursusse aangebied deur Dimbinaina Ralaivaosaona (US), Darlison Nyirenda (Universiteit van die Witwatersrand), Stephan Wagner (Uppsala Universiteit, Sweden, and Graz Universiteit van Tegnologie, Oostenryk), Olivia Nabawanda (Mbarara Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Uganda), Amalia Duch-Brown (Universitat Politècnica de Catalunya, Spanje), en deur Clemens Heuberger (Universiteit van Klagenfurt, Oostenryk).

Die hoofborge van die skool was CIMPA en die Internasionale Sentrum vir Wiskundige Wetenskappe se program: "Mathematics for Humanity". Ander borge sluit in: DWTI-NNS Sentrum van Uitnemendheid in Wiskundige en Statistiese Wetenskappe; die Europese Wiskundige Vereniging – Komitee vir Ontwikkelende Lande; Internasionale Wiskundige Unie – Kommissie vir Ontwikkelende Lande; Londen Wiskundige Vereniging; Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe; die Nasionale “Graduate Academy" vir Wiskundige en Statistiese Wetenskappe; die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Wiskunde; en die Franse ambassade.

Kontak ons:

Sarah Jane Selkirk – sarah.selkirk@warwick.ac.uk

Dimbinaina Ralaivaosaona – naina@sun.ac.za

Wetenskaplikes takel een van Afrika se mees vernietigende indringerbome | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10986 | | Wetenskaplikes takel een van Afrika se mees vernietigende indringerbome | Wiida Fourie-Basson (media: Faculty of Science) |
'n Belangrike nuwe boek oor die ekologie en bestuur van een van die mees vernietigende indringerplante in Afrika, is nou aanlyn beskikbaar.

Die boek getiteld: The Ecology and Management of Invasive Prosopis Trees in Eastern Africa, is die uitvloeisel van 'n groot dekade lange navorsingsprojek tussen ses universiteite en ag instellings van Etiopië, Kenia, Tanzanië, Suid-Afrika, Switserland, en die Verenigde State van Amerika (VSA).

Klik hier vir 'n dokumentêr oor Prosopis indringings in Suid-Afrika.

Tussen die 1970s en die 1990s het internasionale hulplenigingsorganisasies verskillende Prosopis-spesies, oorspronklik van die Amerikas, op groot skaal aan lande in oostelike Afrika bekendgestel as teenvoeter vir woestynvorming en hul voordele soos hout, veevoer en skadu.

Een van daardie spesies, Prosopis juliflora, het vervolgens in 'n probleemindringer ontaard en word nou beskou as 'n klassieke voorbeeld van 'n goedbedoelde plan wat skeefgeloop het. In 2006 het die skadelike effek van Prosopis-indringing internasionaal opslae gemaak toe gemeenskapslede van Baringo County in Kenia 'n tandlose bok na 'n Nairobiese hof gebring het as bewys van een van die vele negatiewe uitwerkings van Prosopis-peule op hul vee.

Prof. Brian van Wilgen, een van die redakteurs van die boek en emeritus professor in indringerbiologie aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde, sê tot op hede het hierdie boom nagenoeg tien miljoen hektaar grond (rofweg die grootte van die Noordwes Provinsie) in oostelike Afrika oorgeneem.

“Alhoewel hierdie bome aanvanklik aangeplant is om die voordele wat dit toe ingehou het, is hierdie voordele daaropvolgend uitgekanselleer en word dit nou aansienlik oortref deur die negatiewe uitwerkings," sê hy.

Die negatiewe impak van hierdie “konflik"-spesies is so omvattend dat mense gedwing word om hulle grond te verlaat en 'n nuwe lewe elders te probeer bou. Die bome het die struktuur en funksionering van gemeenskaplike weivelde, landerye, vleilande en beskermende gebiede fundamenteel verander. Oop savannalandskappe het digbegroeid geword — ondeurdringbare bome met min of geen gras onder hulle nie. In gebiede met digte indringing kan Prosopis-bome ongeveer 50% van die jaarlikse streeksreënval gebruik en sodoende die grondwaterbronne volkome uitput, wat die gevolge van klimaatsverandering vererger.

'n Betekenisvolle bevinding is dat die indringing in oostelike Afrika nog in 'n baie vroeë stadium is. Indien dit egter onbeheerd gelaat word, sal dit waarskynlik uitbrei en uiteindelik driekwart van Kenia se oppervlak, en bykans die helfte van beide Etiopië en Tanzanië se grondgebied bedek. Die beraamde ekonomiese koste wat so 'n scenario sal teweegbring, kan tot USD 375 miljoen per jaar beloop. Kenia is die land wat areagewys die grootste gevaar loop vir toekomstige indringing: byna al die droë en semidroë lande loop die gevaar om ingeneem te word indien die verspreiding nie beheer word nie.

Bestuur van hierdie lastige onkruid

Van Wilgen sê die boek vul 'n groot leemte op die gebied van indringerbiologie, aangesien Afrika-gebaseerde navorsing in ewekniebeoordeelde literatuur feitlik nie bestaan nie. “'n Oorsig wat in 2008 gedoen is oor indringerbiologie as vakgebied, het vasgestel dat 2 670 navorsingsartikels in ewekniebeoordeelde vaktydskrifte sedert 1980 gepubliseer is, maar dat slegs 3,4 % hiervan uit Afrika was — met driekwart hiervan uit 'n enkele land, Suid-Afrika. Hierdie gebrek aan relevante begrip het erge gevolge vir die bestuur van 'n groot omgewingsprobleem op die Afrika-kontinent," waarsku hy.

Die outeurs hoop dat die boek hierdie kennisleemte sal vul en die eenstopbron van inligting vir Afrika se beleidmakers en besluitnemers sal word.

Prof. Philip Hulme, uitgelese professor in plantbiosekuriteit in die Department van Plaagbestuur en Bewaring aan die Lincoln Universiteit in Nieu-Seeland, skryf in die voorwoord dat die boek “'n uitstekende oorsig bied van die probleme wat spruit uit verkeerde beleide wat voorkeur aan korttermyn resultate verleen het, bó langer termyn omgewings- en sosiale gevolge.

“Hierdie robuuste bewysbasis wat die negatiewe uitwerkings kwantifiseer, stuur 'n duidelike waarskuwing aan daardie individue, instellings en organisasies wat voortgaan om Prosopis-spesies as waardevolle veeldoelige bome te beskou. Danksy die produktiewe groeikoers en hoë verspreidingsdoeltreffendheid van Prosopis-bome was wydverspreide indringing en die gevolglike agteruitgang van die omgewing en die algehele lewenskwaliteit van mense die uitkoms — beste bedoelings ten spyt."

Oor die projek

Baie van die bevindings en insigte in hierdie boek is 'n uitvloeisel van die navorsing wat gedurende die tien jaar lange Woody Weeds-projek tussen 2015 en 2024 onderneem is. Hierdie projek is gefinansier deur die Switserse Nasionale Wetenskapstigting en die Switserse Agentskap vir Ontwikkeling en Samewerking (as deel van die Switserse Program vir Navorsing oor Globale Ontwikkelingskwessies, asook die Switserse Agentskap vir Ontwikkleing en Samewerking.)

Die boek is geredigeer deur Brian W. van Wilgen (Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika), Urs Schaffner (Commonwealth Agricultural Bureaux International, algemeen bekend as CABI, Switserland), Albrecht Ehrensperger (Universiteit vanf Bern, Switserland) en Ketema Bekele (Haramaya Universiteit, Etiopië) en is aanlyn beskikbaar by The Ecology and Management of Invasive Prosopis Trees in Eastern Africa | CABI Invasives Series

Op die foto's bo: Ondervoede beeste in 'n weidingsgebied in Kenia waar Prosopis juliflora oorgeneem het. Let op die algehele afwesigheid van gras en ander kruidagtige plante. Die foto regs wys indringing deur Prosopis juliflora-bome langs 'n rivier in die Bogoria Distrik, Kenia. Foto's deur Urs Schaffner

Twee US-studente met L’Oréal-Unesco-toekennings vereer | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10981 | | Twee US-studente met L’Oréal-Unesco-toekennings vereer | Corporate Communications and Marketing |
Twee uitsonderlike doktorale studente van die Universiteit Stellenbosch (US), Pamela Ncube en Welile Nwamba, is met die prestigeryke L'Oréal-UNESCO For Women in Science Young Talents Sub-Saharan Africa-toekenning vir 2024 vereer.

Hierdie gesogte toekennings, wat die prestasies van vrouewetenskaplikes in Afrika vier, gee erkenning aan hulle baanbrekersnavorsing om kritieke gesondheidsuitdagings op die vasteland aan te spreek.

Die toekennings, wat jaarliks deur die L'Oréal-stigting en Unesco gehou word, laat die kollig op die belangrike bydraes van Afrika-vroue tot wetenskaplike vernuwing val. Vanjaar se 30 wenners, wat uit sowat 800 aansoekers gekies is, sluit 25 PhD-kandidate en vyf postdoktorale navorsers van 15 Afrika-lande in. Hierdie vroue bevorder oplossings vir kwessies soos voedselsekerheid, openbare gesondheid en klimaatveerkragtigheid.

Vanjaar se toekenningsplegtigheid in Cotonou, Benin, was die program se 15de herdenking en het die impak daarvan op die bemagtiging van meer as 240 navorsers regoor die streek sedert die ontstaan daarvan gevier.

Verbetering van TB-opsporing by wild

Ncube, ʼn doktorale student in biologiese wetenskappe aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het erkenning gekry vir haar baanbrekersnavorsing oor tuberkulose (TB) by wilde diere wat deur Mycobacterium bovis veroorsaak word. Haar studie, die eerste van sy soort, fokus op die uitwerking van hierdie minder bekende patogeen op wild, insluitende spesies soos leeus, vlakvarke en buffels. Deur te verstaan hoe Mycobacterium bovis in verskillende omgewingstoestande reageer, beoog Ncube om nuwe diagnostiese hulpmiddels te ontwikkel om dierewelstand te verbeter, onnodige uitdunning van wild te verminder en bewaringspogings regoor Afrika suid van die Sahara te ondersteun.

Ncube se passie vir biomediese wetenskappe het gedurende haar voorgraadse studies ontstaan toe sy ʼn belangstelling in die fenotipiese aard van mikroörganismes ontwikkel het. Haar werk gaan nie net oor die verbetering van diagnostiek nie, maar ook om die finansiële en ekologiese gevolge van TB-uitbrekings by wild tot die minimum te beperk, verduidelik sy. Sy is gemotiveerd om jong vroue en kinders uit benadeelde agtergronde te inspireer om hulle wetenskaplike drome na te streef.

Ncube het die L'Oréal-Unesco-erkenning beskryf as ʼn getuigskrif van jare se harde werk, akademiese toewyding, navorsing, leierskap en gemeenskapsbetrokkenheid. Sy het haar sukses toegeskryf aan die ondersteunende akademiese omgewing en mentors wat haar deurlopend gehelp het om haar doelwitte te bereik.

“As ʼn vrou in die wetenskap het ek uitdagings soos ʼn gebrek aan selfvertroue en beperkte finansiering ervaar," vertel sy. “Hierdie toekenning dien as ʼn positiewe inspirasie vir jong meisies en vroue wat weens uitdagende omstandighede dikwels ontmoedig voel om hulle drome na te streef."

Innoverende diagnostiek vir ekstrapulmonêre TB

Nwamba, ʼn doktorale student in mediese ingenieurswese aan die US se Kliniese Mikobakteriologie en Epidemiologie-groep, pak die stryd teen ekstrapulmonêre TB aan. Dit is ʼn toestand wat tot 30% van TB-pasiënte in Afrika suid van die Sahara raak. Hierdie vorm van TB word dikwels verkeerd gediagnoseer weens die uiteenlopende simptome daarvan en beperkte diagnostiese hulpbronne in landelike gebiede.

Nwamba se navorsing fokus op die ontwikkeling van ʼn kostedoeltreffende, vinnige urinetoets wat die opsporingsproses vereenvoudig en ʼn toeganklike alternatief vir ingewikkelde molekulêre diagnostiek en beeldingstegnologie bied.

“My vernuwende benadering het ten doel om TB-diagnose te versnel, veral in omgewings met beperkte hulpbronne, en pasiënte se lewensgehalte uiteindelik te verbeter," verduidelik Nwamba. “Wetenskap gaan daaroor om uiteenlopende perspektiewe te bied, hindernisse te oorkom en toekomstige generasies te motiveer."

Sy is verheug en geëerd om met die 2024 L'Oréal-UNESCO-toekenning erken te word. “Dit is 'n wonderlike prestasie en 'n mylpaal in my loopbaan. Dit is 'n beloning van my harde werk en toewyding wat my deursettingsvermoë en passie vir wetenskap bevestig."

Nadat sy gedurende haar eerste jaar op universiteit deur haar dosente geïnspireer is, beoog Nwamba om ʼn navorsingspan te lei wat aan kliniese vordering in die stryd teen TB toegewy is. Haar werk benadruk die transformerende krag van wetenskap om dringende openbare gesondheidsuitdagings aan te pak en tegelyk inklusiwiteit en diversiteit in navorsing te bevorder.

Die breër impak

Dié twee navorsers se prestasies weerspieël die groeiende erkenning van vroue se kardinale rol in die wetenskap. Volgens Unesco verteenwoordig vroue 31,5% van navorsers in Afrika suid van die Sahara. Die L'Oréal-Unesco For Women in Science-program bied nie net finansiële ondersteuning nie, maar rus ontvangers van toekennings ook met leierskap-, kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede toe om sistemiese hindernisse te oorkom en vernuwing te bevorder.

“Deur in wetenskap te belê en voorspraak vir innovasie te doen, kan Afrika-samelewings die volgende generasie bemagtig om dringende omgewings- en gesondheidsuitdagings aan te pak," het Lidia Brito, assistent-direkteur-generaal vir Natuurwetenskappe van Unesco, gesê.

As deel van ʼn wêreldwye inisiatief wat meer as 4 400 vrouenavorsers sedert 1998 ondersteun het, versterk die toekennings die stemme van vroue soos Ncube en Nwamba wat die weg vir ʼn meer inklusiewe en volhoubare toekoms baan.

Eerste waarneming van skaars sifonofoor in Valsbaai, Suid-Afrika | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10974 | | Eerste waarneming van skaars sifonofoor in Valsbaai, Suid-Afrika | Faculty of Science (media & communication) |
Wetenskaplikes het die eerste gedokumenteerde verskyning van die seldsame sifonofoor Rhizophysa eysenhardtii in Valsbaai, Suid-Afrika, aangeteken.

Hierdie ontdekking, gepubliseer in die vaktydskrif African Invertebrates, brei die bekende verspreiding van die spesie uit met 450 kilometer en werp meer lig op die biologie van 'n fassinerende maar onbekende organisme. Dit beklemtoon ook die unieke en delikate biodiversiteit van seelewe langs die Suid-Afrikaans kuslyn en veral dié van die Groot Afrika-seewoud.

Rhizophysa eysenhardtii is 'n sifonofoor, lid van 'n merkwaardige groep mariene organismes in die filum Cnidaria, wat ook jellievisse, korale en seeanemone insluit. Sifonofore is kolonies van gespesialiseerde individue, genaamd "zoïede", wat as een saamwerk. Hierdie spesie is tussen Junie en September 2022 deur vryduikers waargeneem.

Dr Jannes Landschoff, 'n mariene bioloog van die Sea Change Project en mede-outeur van die artikel, sê hy en sy span het dadelik geweet dit is 'n spesiale ontdekking: "Toe ek hierdie sifofoor vir die eerste keer sien, het ek so opgewonde geraak ek kon my oë nie glo nie. Sedertdien het ek soveel meer te wete gekom van hierdie pragtige lewensvorm." Landschoff is ook as navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde verbonde.

Volgens Dr Gill Mapstone van die Natural History Museum in London en eerste outeur, word hierdie diere selde gedokumenteer, ten spyte van hul ekologiese belang: "Toe ek die foto's van hierdie skouspelagtige diere sien, het ek weer besef hoekom ek in die eerste plek aan hierdie groep begin werk het. Hulle is net so ongelooflik," het sy gesê. Dr Mapstone is 'n spesialis in die morfologie en sistematiek van sifonofore.

Volgens Landschoff hou hierdie ontdekking breër implikasies in vir die verstaan van biodiversiteit in die streek. Basislyndata, soos spesieverspreidingsrekords van raar diere, speel 'n belangrike rol in die monitering van hierdie diverse en onderbestudeerde oseaanstreek. Die teenwoordigheid van R. eysenhardtii in Valsbaai, binne die Benguela-ekosisteem, kan dui op verskuiwings in die verspreiding van mariene spesies wat aangedryf word deur seestrome of omgewingsveranderinge.

Dit is belangrik om sifonofore en ander klein mariene ongewerwelde organismes te bestudeer om hul rolle in oseaan-ekosisteme beter te verstaan. Die beskerming van habitatte soos die Groot Afrikaanse Seewoud is noodsaaklik vir die behoud van hierdie spesies en die ekologiese dienste wat hulle lewer.

Hierdie studie is deel van die 1001 Seaforest Species-inisiatief, in samewerking met die Save Our Seas Foundation. Terwyl 1001 spesies gedokumenteer word, kombineer die projek mariene biologie-navorsing met storieverteltegnieke om die publiek bewus te maak van biodiversiteit se kritieke rol in menslike oorlewing en die Groot Afrikaanse Seewoud as 'n baken van biodiversiteit.

"Ons bevindinge onderstreep die nodigheid om mariene biodiversiteit te beskerm en die dokumentasie van spesies wat selde waargeneem word, te verbeter," sluit Landschoff af.

Oorspronklike artikel

Mapstone GM, Landschoff J (2024) The rare siphonophore Rhizophysa eysenhardtii Gegenbaur, 1859 (Hydrozoa, Siphonophora, Cystonectae) from False Bay, South Africa. African Invertebrates 65(2): 213-221.

Skakel na die studie: [https://doi.org/10.3897/AfrInvertebr.65.136267]

Skakels

Instagram: https://www.instagram.com/seachangeproject/?hl=en

#1001species #1001seaforestspecies

Facebook: https://www.facebook.com/theseachangeproject/

LinkedIn: https://za.linkedin.com/company/sea-change-project

Die US en Shoprite-vennootskap bemagtig eerste groep datawetenskapgraduandi | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10960 | | Die US en Shoprite-vennootskap bemagtig eerste groep datawetenskapgraduandi | Faculty of Science (media & communication) |
'n Langtermyn vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en die Shoprite Groep, het die eerste groep graduandi in die datawetenskapprogram in staat gestel om by werklike besigheidsuitdagings van die kleinhandelbedryf betrokke te raak.

Vir hul finalejaarprojek in die Rekenaarwetenskap-afdeling, het Günther Tonitz en Steffan Schoonbee byvoorbeeld die groot vraag oor promosietydsberekening aangepak: Wanneer is dit die regte tyd om watter item op promosie te plaas, en vir hoe lank?

“Ons het vining besef dat die veel moeiliker vraag om te beantwoord eerder was of promosie-items — uit 'n kleinhandelperspektief gesien — in werklikheid tot sakesukses lei," verduidelik Günther. Met ander woorde, indien 'n klant vyf van dieselfde produkte wat op promosie is koop, (om spensvoorraad op te bou), kan dit beteken dat hulle vir die volgende vyf maande nie daardie produk gaan koop nie.

In 'n ander scenario, kan 'n klant byvoorbeeld 'n promosie-item, soos 'n koeldrank koop, en dan 'n paar pakkies skyfies (wat nie op promosie is nie) byvoeg om 'n partytjie te hou, Voeg Steffan by.

Watter benadering kan dus as “suksesvol" gedefinieer word?

Om hierdie vraag te beantwoord, is die studente toegang gegee tot twee jaar se data van een van die Shoprite Groep se supermarkte. Dit het 'n datastel van 16 000 artikels ingesluit, met 78 000 moontlike promosie kombinasies. Die datastel is verder verryk met voorraadbewegingdata oor 'n nege maande periode, vir 18 000 produkte. Die datastel het meer as een miljoen voorraadbewegings bevat. Op grond van meer as 14 miljoen verkoopstransaksies, het Steffan en Gunther 'n paneelbord gebou om die sukses van toekomstige promosies, gebaseer op die vertonining van vorige promosies, te voorspel.

Volgens Debbie Vigario, Hoofingenieur by die Shoprite Groep se Data Analise-kantoor (en 'n US-alumnus), is hul benadering om werklike besigheidsuitdagings vir studente te gee: “Ons ondersteun hulle deur die analitiese ontwikkelingslewensiklus terwyl ons hulle denke padlangs uitdaag. Ons het mentors aan studente toegewys en verseker dat ons gereeld kommunikeer om hulle te ondersteun en leiding te gee."

Met die instelling van die B-graad in Datawetenskap en die BIng-Data-ingenieurswese-program in 2019, het Shoprite met die onderskeie fakulteite se leierskap geskakel oor maniere waarop hulle saam met die US projekwerk kon aanpak. Hierdie betrokkenheid het gelei tot verskeie projekte (wat werklike probleme aanspreek) vir finalejaarstudente wat die rekenaarwetenskap-fokusarea in die BDatSci-program volg.

Dr. Mkhuseli Ngxande van die US se Rekenaarwetenskap-afdeling, sê die BDatSci-program met rekenaarwetenskap as fokusarea, beklemtoon tegniese kundigheid in sagteware-ingenieurswese, webontwikkeling, en datawetenskap: “Dit rus studente toe met praktiese vaardighede om end-tot-end oplossings te ontwikkel wat beide innoverend en goed gedokumenteer is. Hierdie fokusarea verskil van ander fokusareas soos Ekonomie en Bestuurwetenskappe of AgriWetenskappe, aangesien dit fokus op tegniese implementering, berekeningsprobleemoplossing, en die skep van sagtewaregedrewe data-oplossings, eerder as die toepassing van datawetenskapkonsepte op domeinspesifieke probleme in besigheid, landbou, of omgewingstudies," verduidelik hy.

Alhoewel dit die eerste groep van vyf studente is wat met 'n BDatSci fokusarea: Rekenaarwetenskap gradueer, is daar nog 20 – 25 studente in die voorgraadse pyplyn.

Hy sê dit is vir studente 'n uitdaging om onafhanklik toegang tot groot datastelle te kry weens kommer oor privaatheid, lisensiebeperkings, en die infrastruktuur wat benodig word om sulke data te hanteer. Samewerkingsooreenkomste soos hierdie een met Shoprite is van onskatbare waarde om hierdie gaping te oorbrug.

Prof. Ingrid Rewitzky, Hoof van die Departement Wiskundige Wetenskappe en Visedekaan: Leer en Onderrig in die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê die vennootskap met Shoprite dra by tot “die bevordering van studentesukses deurdat dit geleenthede vir werksgeïntegreerde leer ontsluit en studente toerus met vaardighede en bevoegdhede om mededingend te kan wees met hul toekomstige werksaansoeke".

Die finalejaar BdatSci: Rekenaarwetenskap-studente is Dirk Hoffmann, Steffan Schoonbee, Shriyan Singh, Günther Tonitz, en Franco Uys.

Op die foto bo:

Die eerste groep studente in die Datawetenskap Program by die US het vandeesweek gegradueer. Hierdie groep, wat in die Rekenaarwetenskap fokus area was, is gementor deur Debbie Vigario, hoofingenieur by die Shoprite Groep se Data Analise-kantoor. Die studente is, van links na regs, Dirk Hoffmann, Shriyan Singh, Steffan Schoonbee, en Günther Tonitz. Franco Uys was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Wiida Fourie-Basson

Meer oor die langtermyn vennootskap

Die samewerking tussen die US en Shoprite het in 2017 begin met Shoprite se betrokkendheid by die Operasionele Navorsingsprogram in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. In 2019 het Shoprite 'n verbintenis met Launchlab aangegaan om studente te borg vir inkubasieprogramme, asook met die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke. Sedert 2023 het Shoprite 'n bedryfsverteenwoordiger op die bestuursraad van die Sentrum vir Multidimensionele Visualisering in die US se Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskap.

Meesterstudie bring hoop vir veiliger, omkeerbare manlike voorbehoeding | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10952 | | Meesterstudie bring hoop vir veiliger, omkeerbare manlike voorbehoeding | Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson] |
'n Nuwe studie by die Universiteit Stellenbosch (US) toon dat 'n veiliger, doeltreffender en omkeerbare voorbehoedmiddel vir mans binne bereik is.

Kyla Raoult, wat Dinsdag (10 Desember 2024) haar meestersgraad in Polimeerwetenskap by die US se Desember-gradeplegtigheid verwerf het, het 'n omkeerbare op-aanvraag hidrojel ontwikkel wat as 'n omkeerbare, nie-hormonale geboortebeperking vir mans gebruik kan word. 'n Hidrojel is 'n sagte jellieagtige materiaal wat water absorbeer en swel om 'n 3D-netagtige netwerk met porieë te vorm.

Raoult sê die idee is om die jel in die saadbuis (vas deferens – die buis wat sperm uit testikels dra) te spuit waar dit in reaksie op waterige liggaamsvloeistowwe swel om 'n semi-deurlaatbare versperring te skep. Sodra dit geswel is, laat die hidrojel se porieë seminale vloeistof deur, maar blokkeer dit die deurgang van sperma, aangesien dit te groot is om deur te gaan. Die geblokkeerde sperm word dan weer deur die liggaam geabsorbeer, soortgelyk aan wat ná 'n vasektomie gebeur. Die jel, wat binne 'n minuut in die saadbuis vorm, kan in 'n dokter se spreekkamer ingespuit word.

"Die hidrojel is ontwerp om in plek te bly totdat die pasiënt vrugbaarheid wil herstel. Hierdie tegnologie kan mans help om hulle vrugbaarheid te verminder sonder die gewone newe-effekte van hormoonblokkers, en dit dan te herstel wanneer hulle gereed is om 'n gesin te begin. Dit is belangrik om daarop te let dat die werklike duur van die voorbehoeding steeds in kliniese proewe bestudeer en bevestig moet word."

Raoult wys daarop dat die omkeerbare op-aanvraag hidrojel op twee polimere (groot sintetiese molekules) gegrond is wat chemies reageer om dit te vorm. Hierdie polimere is ook veilig vir inwendige gebruik in die liggaam.

"Deur bloot 'n oplossing in die jel in te spuit om die proses om te keer, word die chemiese bindings in die jel gebreek, wat veroorsaak dat dit in 'n waterige stof oplos wat uitgespoel kan word."

Op die vraag wat haar geïnspireer het om hierdie spesifieke benadering tot voorbehoeding te ondersoek, verduidelik Raoult dat die meeste voorbehoedmiddels vir vroue ontwerp is.

"Mans se opsies is meestal tot kondome, vasektomieë en sommige hormoongebaseerde metodes beperk. Kondome is nie altyd 100% doeltreffend nie en aangesien dit bekend is dat dit seksuele stimulasie verminder, word dit dikwels verkeerd gebruik, indien dit enigsins gebruik word.

"Vasektomieë is 'n uitstekende voorbehoedmetode, maar die omkering daarvan lei dikwels tot komplikasies en dit is 'n meer permanente opsie.

"Die hormonale opsies word nog getoets, en die doeltreffendheid daarvan moet nog bewys word. Hulle word ook dikwels geassosieer met negatiewe newe-effekte. Daar is dus 'n duidelike behoefte aan 'n omkeerbare, nie-hormonale manlike voorbehoedmiddel."

"Ander hidrojels wat ontwikkel word, maak op eksterne massering of vibrasies staat om dit af te breek wat dikwels skade aan die vas deferens tot gevolg het. Ons tegnologie is ontwerp om omkeerbaarheid vinniger en makliker te maak," voeg Raoult by.

Sy sê daar is toenemende belangstelling onder mans om ongewenste swangerskappe te help voorkom. "As ons tegnologie aan mans 'n veilige opsie kan bied wat net eenmalig toegedien hoef te word en maklik omkeerbare is, glo ek die idee dat mans tot die voorkoming van onbeplande en dikwels ongewenste swangerskappe kan bydra, realisties sal wees. Geslagsgelykheid in voorbehoeding is belangrik aangesien mans én vroue verantwoordelik moet wees om by te dra tot veiliger sekspraktyke."

Raoult merk op dat 'n bekende hidrojel-voorbehoedmiddel, bekend as RISUG (Reversible Inhibition of Sperm Under Guidance), sowat 'n dekade gelede in Indië ontwikkel is. Dit is uit 'n polimeer gemaak wat die fokus van die Klumperman-navorsingsgroep, onder leiding van Raoult se studieleier, prof Bert Klumperman van die US se Departement Chemie en Polimeerwetenskap, is. Haar projek bou voort op vorige werk wat in die groep gedoen is om hierdie tegnologie beter en meer omkeerbaar te maak.

Raoult verduidelik dat aangesien die projek nog in sy ontwikkelingsfase is en verdere laboratoriumstudies nodig is voor kliniese proewe, dit nie moontlik is om te skat wanneer die tegnologie op die mark beskikbaar sal wees nie.

Sy het reeds vir 'n Amerikaanse biotegnologiemaatskappy, NEXT Life Sciences, begin werk wat besig is om hidrojels vir manlike voorbehoeding te ontwikkel.

Foto: Kyla Raoult by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els

Ontmoet Joel en Veer, die duo wat SASSA-bedrog oopvlek | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10946 | | Ontmoet Joel en Veer, die duo wat SASSA-bedrog oopvlek | Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science) |
Hulle is verseker die twee mees herkenbare eerstejaar rekenaarwetenskapstudente in Suid-Afrika.

Veer Gosai (19) en Joel Cedras (18), eerstejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het mekaar in April 2024 tydens 'n rekenaarwetenskaptutoriaal ontmoet. Die twee het onmiddellik by mekaar aanklank gevind toe hulle eers oor hul eie IT-projekte begin gesels het wat op hoërskool ontwikkel is.

Veer, wat aan die Hoërskool Fourways in Johannesburg gematrikuleer het, bou en bestuur reeds sedert hoërskool gratis opvoedkundige webwerwe. SA Papers is 'n webwerf met vorige eksamenvraestelle vir laer- en hoërskoolleerders in Suid-Afrika wat in 2024 meer as drie miljoen besoekers gehad het. Hy bou nou soortgelyke webwerwe en mobiele toepassings vir leerders in Rwanda, Zambië, en ander ontwikkelende lande.

Joel, 'n oudleerder van Protea Heights Academy in Brackenfell, kodeer al sedert sy laerskooldae. Buiten sy akademie, is hy 'n vryskutwebontwikkelaar wat webwerwe vir klein besighede en organisasies sonder winsbejag bou.

Sedert daardie eerste ontmoeting het hul vriendskap – en rekenaarvaardighede – hul op 'n nasionale wipwarit geneem. Nadat groot swakplekke in SASSA se maatskaplike toelae-betalingstelsel én bedrog met die aanlyn aansoekproses om die Maatskaplike Noodleniningstoelae aan die lig gekom en in GroundUp gepubliseer is, is hul na die Parlement ontbied. Hulle het ook talle onderhoude met televisie- en radiostasies en die gedrukte media gehad, wat eNCA, Cape Talk, PowerFM, IOL, You Magazine, Die Burger, en die SABC ingesluit het.

Me Nokuzola Tolashe, Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, het onlangs die twee studente geprys vir die openbaarmaking van hul bevindinge.

Veer sê die meeste van die kode wat betrokke is in die blootlegging van die SASSA-bedrog, was in JavaScript wat hul al op skool geleer het. Gedurende hul eerste jaar op universiteit het hul geleer hoe om doeltreffende en leesbare kode soos Python te skryf.

Met die kombinasie van hierdie kennis en vaardighede is die twee nou op 'n missie om die IT-stelsels van openbare instellings en maatskappye in die private sektor in Suid-Afrika te verbeter in openbare belang: “Ons is twee eerstejaar rekenaarwetenskapstudente wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer en ons wys kwesbaarhede uit in verskeie regerings- en private sektor-stelsels wat openbare beskikbare internetbronne gebruik," verduidelik Veer en Joel.

Is daar nog ondersoeke in die pyplyn?

“Ons werk tans aan 'n paar nuwe ondersoeke benewens die SASSA- en Me&You RICA bedrogkwessie wat kwesbaarheid uitwys wat ons in baie, private maatskappye gevind het," voeg hulle by.

Hulle werk nou saam met die hoofredakteur van GroupdUp, dr. Nathan Geffen, om hierdie stories die lig te laat sien: “Nathan was instrumenteel in sy leiding om hierdie kwessies eties te benader. Hy het ons gehelp om die verskillende sake aan relevante mense en departemente te rapporteer en ons gehelp om ons eie artikels te skryf. Hy het 'n groot rol gespeel in die ontleding van ons bevindinge, aangesien hy ook 'n rekenaarwetenskap en datagedrewe agtergrond het. Sy platform, GroundUp, het ons in staat gestel om ons verdoemende bevindings wat van kardinale openbare belang is, te publiseer, én sy span het gehelp sodat ons suksesvol kon wees.

Maar na alles is die twee min gepla oor hul beroemdheid: “Die media en publiek beskou ons bevindings in 'n positiewe lig. Ons is bly dat SASSA, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Sosiale Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse publiek almal saamstem dat die skuiwergate in die SRD-stelsel dringend aandag moet kry, aangesien dit die mees kwesbare mense in die samelewing negatief raak.

“Ons is dankbaar teenoor die publiek dat hulle die erns van hierdie saak insien en ons is dankbaar teenoor die verskillende nuusplatforms dat hul hieroor verslag doen," sluit hulle af.

Hieronder is snelskakels na hul onthullings en hul inligtingsessie aan die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling.

https://groundup.org.za/article/we-discovered-flaws-massive-fraud-in-sassas-srd-system/

https://groundup.org.za/article/social-grant-fraud-sassas-responses-inspire-no-confidence/

https://www.parliament.gov.za/press-releases/media-alert-social-development-committee-be-briefed-alleged-weaknesses-sassas-social-grant-payment-system

https://www.youtube.com/live/hK-LFmxZ-dU?si=ejy4EswieM1jF9uA

https://groundup.org.za/article/this-mobile-provider-failing-to-implement-rica-law/

Op die foto bo, Joel Cedras en Veer Gosai. Foto: Stefan Els

€7,5 miljoen vir navorsing wat wiskunde en teoretiese rekenaarwetenskap kombineer | http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10944 | | €7,5 miljoen vir navorsing wat wiskunde en teoretiese rekenaarwetenskap kombineer | Faculty of Science (media & communication) |
Prof. Florian Luca, 'n getalteoretikus verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Wiskundige Wetenskappe, is een van drie hoofnavorsers wat 'n Synergy Grant ter waarde van €7,5 miljoen (ongeveer R143,1 miljoen) van die Europese Navorsingsraad (ENR) bekom het.

Die ander twee hoofnavorsers is Prof. Valérie Berthé van die Franse Institut de recherche en informatique fondamentale by die Centre National de la Recherche Scientifique (CNRS) aan die University Paris Cité, en Prof. Joël Ouaknine, wetenskapsdirekteur van die Max Planck Instituut vir Sagtewarestelsels (MPI-SWS) in Saarbrücken, Duitsland.

Die ENR se Synergy Grants bevorder onderlinge samewerking tussen uitsonderlike navorsers, wat hul in staat stel om hulle kundigheid, kennis en hulpbronne te kombineer ten einde die grense van wetenskaplike ontdekking te verskuif. Hierdie finansiële toekennings maak deel uit van die navorsings- en innovasieprogram van die Europese Unie se Horizon Europe. Die mededinging om hierdie fondse is baie sterk en in die huidige befondsingsronde is slegs 57 van die 548 voorstelle wat ingedien is (10,4%), goedgekeur.

Oor die volgende ses jaar sal hierdie multidissiplinêre span uit die vakgebiede van getalteorie en teoretiese rekenaarwetenskap, 'n benadering van “hoë risiko, hoë winste" volg om een van die hoof berekeningsuitdagings aan te pak wat deur sogenaamde “diskrete dinamiese stelsels" verteenwoordig word – dit wil sê stelsels wat oor tyd volgens spesifieke reëls verander.

Volgens 'n mediaverklaring wat deur die Max Planck Instituut uitgereik is, bly dit 'n groot uidaging om algoritmiese oplossings te skep wat hierdie stelsels ontvanklik sal maak vir geoutomatiseerde verifikasietegnieke, veral in velde soos programanalise en rekenaargesteunde verifikasie, tot kunsmatige intelligensie en teoretiese biologie.

“Die paradigma van 'modelkontrole' is 'n kragtige metode wat ons in staat stel om outomaties, met wiskundige sekerheid, te verifieer of 'n stelsel optree soos die veronderstelling was," verduidelik Prof. Ouaknine. Baie diskrete dinamiese stelsels kan egter nie tans geverifieer word met die beskikbare modelkontrolebenaderings nie.

Een van die hoofdoelwitte van hierdie nuwe navorsingsprojek getiteld “Dynamical and Arithmetical Model Checking (DynAMiCs)" is om die klasse van dinamiese stelsels en eienskappe wat algoritmies deur middel van modelkontrole(ring) hanteer kan word, aansienlik te verruim. Dit het ten doel om langdurige wiskundige uitdagings soos die Skolem-probleem aan te pak, wat kan lei tot deurbrake in die verstaan en verifiëring van die gedrag van ander komplekse sisteme.

Prof. Luca sê hul suksesvolle voorstel berus op 'n baie sterk navorsingsgrondslag: “My samewerking met Joël se span het laat in 2019 begin. Op daardie stadium was ek 'n besoeker aan die Max Planck Instituut vir Wiskunde in Bonn en hy en sy span het van Saarbrücken af gekom op soek na wiskundiges wat sou belangstel om aan probleme op die gebied van teoretiese rekenaarwetenskap te werk."

Aangesien Prof. Luca alreeds onder sy portuurgroep en kollegas as 'n “probleemoplosser" bekend was, is die Saarbrücken-span aangeraai om met hom te vergader.

“Sedert daardie eerste ontmoeting het ek jaarliks 'n paar maande by die Max Planck Instituut vir Sagtewarestelsels deurgebring om saam met Joël en sy span te werk. Teen hierdie tyd het ons reeds 15 navorsingsartikels gepubliseer waarin ons beduidende vordering gemaak het met 'n paar moeilike probleme. Die idee om vir ENR-befondsing aansoek te doen, het in Mei verlede jaar gedurende 'n werkswinkel in Barbados ontstaan waar Valérie van die CNRS, Joël, en ek almal teenwoordig was, en vir die volgende vyf maande het ons aan die voorstel gewerk," verduidelik hy.

Dit het 11 maande en verskeie stappe gekos om dié bedrag te bekom. Dit het ook 'n onderhoud in persoon op 10 September 2024 by die ENR se hoofkantoor in Brussels ingesluit waar hulle 'n projekaanbieding moes doen en vrae van 'n paneel van 20 spesialiste moes beantwoord.

Prof. Luca sê die meeste van die geld sal gebruik word om nadoktorale genote aan te stel en PhD-studente te help om hul projek te bevorder en by te dra tot die opleiding van 'n nuwe generasie navorsers. Die span beplan ook twee somerskole en verskeie seminare en werkswinkels.

Terwyl hy vir ses maande van die jaar by die Max Planck Instituut sal werk, sal sy navorsingsgroep hier by die US voltyds aan die projek werk. Daar sal ook geleenthede vir uitruilprogramme tussen die instellings en vele ander medewerkers wees.

Nagraadse studente wat belangstel om by hierdie projek aan te sluit, moet op die uitkyk wees vir die eerste advertensies wat in Desember en Januarie volgende jaar sal verskyn. Die projek neem in Maart 2025 amptelik in aanvang en Prof. Luca sal aan die einde van die eerste semester vir sy eerste ses maande lange skof by die Max Planck Instituut aansluit.

“Uit die aard van my unieke posisie dat ek saam met beide die Nasionale Navorsingstigting (via die US) kan saamwerk, én 'n hoofnavorser kan wees in 'n span wat deur die ENR befonds word, hoop ek om 'n paar Suid-Afrikaanse studente en nadoktorale genote deel van die ENR se span te kan maak, óf om geleenthede te skep vir besoeke aan bogenoemde instellings of ander soortgelyke geleenthede," sluit hy af.

Prof. Ingrid Rewitzky, hoof van die US Departement Wiskundige Wetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe se Visedekaan: Leer en Onderrig, het Prof. Luca gelukgewens met hierdie uitstekende prestasie: “Ons is opgewonde oor die geleenthede vir navorsers, nagraadse studente en nadoktorale genote om saam met hierdie inspirerende DynAMiCs-span te kan werk. As departement sien ons ook uit daarna om van die DynAMiCs-projekspanlede vir navorsingsbesoeke en samewerking te huisves, en om gesamentlike navorsingswerkswinkels en -seminare aan te bied."

Foto deur Stefan Els.