International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Short Courses

​​​Tygerberg Internaionale Winter en Somerskool​

​​Oorsig

Hierdie interdissiplinêre geleentheid in die gesondheidswetenskappe strek oor vyf dae en vind by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), Universiteit Stellenbosch (US), plaas. Dit is ’n internasionale byeenkoms wat navorsers, praktisyns, en studente byeenbring en dit verteenwoordig ’n groot verskeidenheid gesondheidsverwante dissiplines. Aanbiedings en sprekers gaan innoverende inisiatiewe en navorsing uit Afrika en ander wêreldstreke ten toon stel.

​Tema
Gesondheidswetenskappe in ’n Afrika-konteks


2024 Datums
11-15 Maart
24-28 Junie
7-11 Augustus

REGISTREER HIER​
Plek: Kaapstad, Suid Afrika

Kursus behels die volgende:

  • Kursusse vind in ’n moderne fakulteit plaas.
  • Lesings word deur bedrewe kundiges en navorsers aangebied.
  • Spanprojekte en netwerkgeleenthede is beskikbaar.
  • Daar is ’n geleentheid om die pragtige stad Kaapstad en omliggende gebiede te verken.​

Wie kan dit bywoon:

  • Voorgraadse studente in enige veld wat daarin belangstel om die gesondheidswetenskappe te verken
  • Mediese en gesondheidswetenskappestudente wat ’n opvoedkundige geleentheid in ’n opwindende omgewing verlang​

Gelde: Sal bevestig word​

  • Betalings word tot Suid-Afrikaanse rand (ZAR) verwerk. Die bedrag in VS dollar (VSD) word as  algemene riglyn voorgehou. Nader asseblief u bankinstelling vir bygewerkte inligting aangesien die presiese wisselkoerse fluktueer.
  • Gelde sluit kursusmateriaal, kursusdeelname, en middagetebewyse in. 
  • Verblyf en etes is die verantwoordelikheid van die betrokke student. Kontak gerus ons kantoor vir aanbevole verblyfopsies.
  • Die betaling van die registrasiegeld moet afgehandel wees om ’n plek in die kursus te verseker.​


Vir meer inligting kontak:
TIOinfo@sun.ac.za