Bedrag betaalbaar teen 28 Februarie
Die gelde betaalbaar teen die einde van Februarie is soos per die tabel onder en, indien van toepassing, die eerste paaiement van Inwoningsgeld (etes uitgesluit).
Let asseblief daarop dat die eerste verpligte betaling van gelde met die volgende vervang is:
|
Voorgraads |
Nagraads |
Diploma |
Eerste paaiement van Studiegeld | 20 % van Totale studiegelde | 20 % van Totale studiegelde | 20 % van Totale studiegelde |
Plus: (Indien van toepassing) | | | |
Eerste paaiement van Inwoningsgeld | R16 400 | R16 400 | R16 400 |
Die gelde betaalbaar ten opsigte van 2023 moet as volg gemaak word :
DATUM |
% VAN TOTALE GELDE BETAALBAAR |
% BETAALBAAR VIR DEBIETORDER |
28 Februarie | 20 | 10 |
31 Maart | 20 | 10 |
30 April | 20 | 10 |
31 Mei | 20 | 10 |
30 Junie | 5 | 10 |
31 Julie | 5 | 10 |
31 Augustus | 5 | 10 |
30 September | 5 | 10 |
31 October | - | 10 |
30 November | - | 10 |
Hierdie bedrae is nie van toepassing op internasionale studente nie, uitgesonderd internasionale studente met geldige permanente verblyfreg in Suid-Afrika en internasionale studente met vlugtelingstatus - klik hier om na Stellenbosch Universiteit Internasionaal se webtuiste geneem te word.
Alle Internasionale studente, insluitend Namibiërs, moet hul volle studiegelde teen die datum van registrasie vereffen. Internasionale studente, wat van Universiteitskoshuise gebruik maak moet ten minste R25 000 van die koshuisgelde en ten minste R15 000 vandie toelaatbare etekwota vir die jaar vir plasing op die rekening met registrasie betaal (indien in 'n SU-koshuis geplaas wat etes verskaf).
Alle agterstallige bedrae van 'n vorige jaar moet vereffen wees voordat 'n student vir 'n volgende jaar mag registreer.
Klik hier vir verdere inligting oor 2024-gelde.