Die gelde betaalbaar teen die datum van registrasie is gelykstaande aan die eerste paaiement van studiegelde en, indien van toepassing, die eerste paaiement van Inwoningsgeld (etes uitgesluit).
Verpligte eerste paaiemente betaalbaar teen registrasiedatum in 2021:
| Voorgraads | Nagraads | Diploma |
Eerste paaiement van Studiegeld | R14 440 | R10 530 | R10 530 |
Plus: (Indien van toepassing) | | | |
Eerste paaiement van Inwoningsgeld | R14 600 | R14 600 | R14 600 |
Totaal | R27 531 | R23 759 | R23 759 |
Hierdie bedrae is nie van toepassing op internasionale studente nie, uitgesonderd internasionale studente met geldige permanente verblyfreg in Suid-Afrika en internasionale studente met vlugtelingstatus - klik hier om na Stellenbosch Universiteit Internasionaal se webtuiste geneem te word.
Alle agterstallige bedrae van 'n vorige jaar moet vereffen wees voordat 'n student vir 'n volgende jaar mag registreer.
Klik hier vir belangrike inligting rakende stuentegelde betaalbaar teen die datum van registrasie vir 2021
Klik hier vir verdere inligting oor 2021-gelde.