Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aanlyn Opedag: 1 April - 31 Julie 2025 ​


Nie moontlik om kampus toe te kom nie? Ons maak 'n plan! Ons aanlyn opedag begin op 1 April en duur tot 31 Julie 2025.​​

Op ons opedagwebtuiste kry jy ál die inligting wat jy nodig het oor ons instelling, op een gerieflike plek. Wees proaktief en besoek die webtuiste om meer uit te vind oor ons studieprogramme, toelatingsvereistes, huisvesting, finansiële bystand, en hoe om aansoek te doen.
 
Wat is alles op die webtuiste te kry?
Die opedagwebtuiste bestaan uit virtuele stalletjies waar jy na inligtingsessies sal kan kyk, brosjures en dokumente kan aflaai en met 'n konsultant kan gesels. Alle video's en inligting sal op aan​vraag beskikbaar wees, waar en wanneer dit jou pas.  
​​