Die gelde betaalbaar teen die datum van registrasie is gelykstaande aan die eerste paaiement van studiegelde en, indien van toepassing, die eerste paaiement van Inwoningsgeld (etes uitgesluit).
Verpligte eerste paaiemente betaalbaar teen registrasiedatum in 2020:
| Voorgraads | Nagraads | Diploma |
Eerste paaiement van Studiegeld | R13 931
| R10 159
| R10 159
|
Plus: (Indien van toepassing) |
Eerste paaiement van Inwoningsgeld | R13 600
| R13 600
| R13 600
|
Totaal | R27 531 | R23 759 | R23 759 |
Hierdie bedrae is nie van toepassing op internasionale studente nie, uitgesonderd internasionale studente met geldige permanente verblyfreg in Suid-Afrika en internasionale studente met vlugtelingstatus - klik hier om na Stellenbosch Universiteit Internasionaal se webtuiste geneem te word.
Alle Internasionale studente, insluitend Namibiërs, moet hul volle studiegelde teen die datum van registrasie vereffen. Internasionale studente, wat van Universiteitskoshuise gebruik maak moet ten minste R25 000 van die koshuisgelde en ten minste R15 000 vandie toelaatbare etekwota vir die jaar vir plasing op die rekening met registrasie betaal (indien in 'n SU-koshuis geplaas wat etes verskaf).
Alle agterstallige bedrae van 'n vorige jaar moet vereffen wees voordat 'n student vir 'n volgende jaar mag registreer.
Klik hier vir belangrike inligting rakende studentegelde betaalbaar teen die datum van registrasie vir 2020.
Klik hier vir verdere inligting oor 2020-gelde.