Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Groeigeleenthede vanuit die Auxins

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Die beplande groeigeleenthede sluit die Auxin Padkossessies in wat tydens die semester oor die etensuur,​ op die laaste Dinsdag van die maand gehou word. Saam met padkos as voeding vir die liggaam, sal daar ook "padkos" vir die onderrigreis verskaf word. ​

Tydens die Padkossessies sal deelnemers ook die geleentheid kry om aan te dui of hulle belangstel om by 'n gefokusde belangstellingsgroep (GBG) aan te sluit ten einde meer diepgaande navorsing in 'n spesifieke onderwerp te doen. Die GBG-deelnemers kan besluit hoe en wanneer hulle wil ontmoet, en die ontmoetings kan 'n verskeidenheid van aktiwiteite insluit. Moontlike uitkomste van die GBG is 'n aksienavorsingsprojek of die fasilitering van 'n werksessie.  ​'n FINLO-aansoek kan ontstaan uit die interaksies, wat volg op 'n aanbieding by die jaarlikse Konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer en die publikasie van bevindinge in 'n akademiese vaktydskrif. Deelname aan 'n skryfgeleentheid sal dosente verder steun tot by die punt van publikasie en/of referaatlewering by 'n eksterne konferensie. Akademici mag ook besluit omstudies in Hoër Onderwys aan te pak.





Sien hieronder ’n grafiese voorstelling van die groeigeleenthede as deel van die A​uxins​:

Final Poster.jpg Verduideliking van die m​etafoor

​Die Grootnoemnoem-boom, taai en inheems aan die Wes-Kaap, is gekies as metafoor vir hierdie projek, omdat ons die verband kon sien tussen sommige van die boom se unieke eienskappe en US-akademici wat besluit dat hulle wil groei tydens hulle onderrigreis. Ons interpreteer hierdie eienskappe as volg:

Immergroen: Akademici wat die pad van Akademieskap van Onderrig stap, is konstant aan die groei en is 'n teken van "lewe".

Inheems: Akademici wat op hulle onderrig en die Akademieskap van Onderrig fokus, is nie van buite nie, maar eie tot die US. Onderrig aan die US is hulle teelaarde en dit is waar hulle floreer.

Taai en aanpasbaar by 'n wye verskeidenheid van (tuin)toestande: Akademici wat fokus op hulle onderrigrol word nie maklik oorweldig nie. Hulle kan planne maak en kan op ongewone plekke en in uitdagende omstandighede oorleef.

Geparfumeerde blomme: Akademici wat bot in hulle onderrigrol, bring kollegas en studente nader aan hulle, net soos wat geparfumeerde blomme bye en skoenlappers aantrek.

Vrugte word geniet deur mense: Wanneer die akademikus begin om sy/haar navorsing oor onderrig by konferensies en in publikasies te deel, word dit opgeraap deur kollegas.

Stekels: Akademici wat fokus op hulle onderrig kan enigiets en enigiemand die hoof bied.

Trotseer wind, hitte en soutsproei: Hoewel dit moeilik kan wees om uself regop te hou teen die "elemente", hou die US-akademikus wat fokus op sy of haar onderrigrol aan om te groei ten spyte van 'n pad wat somtyds moeilik is.

Sal matige droogte uitstaan, maar vaar beter indien natgelei word: Gereelde interaksie met kollegas by SOL, en ook met ander akademici wat dieselfde gevoelens oor hulle onderrig deel, bied genoeg hulpbronne om droogtes te oorleef en om 'n rekordoes in tye van oorvloed te verseker.

Stadig om te begin, maar groei vinnig na die eerste seisoen: Dit mag soms voel of daar geen vordering gemaak word nie, maar hou moed, want na 'n stadige begin is daar welige groei!

Hou van volle son: Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) sal die son wees op bewolkte dae.

Vir die beste resultate plant dit in vrugbare grond wat met kompos behandel word, en voer dit nou en dan met gebalanseerde organiese tuinkunsmis in die somer: Die doel van die Auxin-projek is om hierdie ideale omstandighede vir optimale groei met die Auxin-groeigeleenthede te skep.


100_1690_Sm.jpg
100_0369.jpg
100_1748_Sm.jpg