Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

sc web banners (3).png

​​Die US is verbind daartoe om die belangrikheid van onderrig en leer as deel van die professionele leer van akademici te erken. ​​ Die SOL skep talle geleenthede vir die bevordering van navorsing en innovasie in onderrig-leer-assessering (OLA) terwyl daar ook op nasionale vlak verskeie geleenthede is waar dosente se uitnemende OLA erken word.

​​​Die Eerstejaar prestasietoekennings ​word elke jaar in die eerste semester aangebied. By hierdie geleentheid word daar erkenning aan van die top-eerstejaarstudente van die vorige jaar gegee vir hulle uitnemende prestasie in hulle fakulteit. Elkeen van die studente nomineer 'n dosent wat hulle voel 'n invloed op hulle akademiese sukses gehad het.

Die Onderrigtoekennings (voorheen die Onderriguitnemendheidstoekennings) erken uitstekende onderrig op 'n institusionele vlak en bied dosente en bestuur die geleentheid om reflektiewe en kontekstueel-bewuste onderrig te waardeer. Alle onderrigpersoneel - permanente sowel as kontrak-aanstellings - kan vir hierdie toekinnings in aanmerking kom.

Die Nasionale Universiteitsonderrigtoekennings (NUTA), wat die CHE/HELTASA Onderriguitnemendheids-toekennings vervang het, erken en beloon reflektiewe, kritiese en kontekstueel-bewuste onderrig regoor die diverse Suid-Afrikaanse hoër onderwyssektor.

Die nasionale TAU-genootskapprogram is 'n landswye intervensie wat poog om die onderrigkwaliteit en professionalisering van onderrig en leer in die openbare hoër onderwyssektor te bevorder. Die program bied professionele ontwikkeling aan 'n kohort van middel- tot seniorvlak akademiese personeel van verskillende dissiplines oor 'n 19-maande program, wat blokweek kontaksessies, individuele projekte, groepsprojekte en reflektiewe verslae insluit. 

Die US Onderriggenootskappe word toegeken aan akademici met 'n bewese belangstelling in en betrokkenheid by OLA-navorsing. Dit stel die ontvangers in staat om nog meer OLA-navorsing en/of innovasie in OLA aan die US te onderneem.