Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​
soel banner afr.png

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die kortkursus in die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (in Engels "Scholarship of Educational Leadership", afgekort na SoEL) fokus op beide leierskap in en akademieskap van onderrig-leer-assessering (OLA). Die idee is om 'n kritieke massa OLA-leiers by die Universiteit Stellenbosch te kweek wat belyn met die professionalisering van die onderrigrol soos beskryf in die voorlopige US Onderrig-Leer Beleid (2023). Die kortkursus put uit twee kennisgebiede: Akademiese leierskap (AL) en die akademieskap van onderrig en leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning" afgekort as SoTL), met die doel om konseptuele raamwerke uit hierdie twee domeine met mekaar te verbind. Hierdie raamwerke bied aan deelnemers teoretiese lense om hul eie praktyke as opvoedkundige leiers te ondersoek en daarop te reflekteer. Die SoEL-kortkursus neem 'n breë beskouing van opvoedkundige leierskappraktyk en sluit ander ondersteunende praktyke in, soos refleksie, veranderingsbestuur, innovasie en kontekstuele bewustheid.

Die vlagskipkursus is gemik op senior akademici en PASS-personeel met 'n sterk belangstelling in OLA aan die US. Een deelnemer (senior akademikus) per fakulteit per jaar word genomineer deur die dekaan/visedekaan (O&L) en deur Prof Ramjugernath uitgenooi.

Aanbod:​

  • NQF-vlak 8; twaalf krediete en 120 leer-ure.
  • Een inname per jaar.

Modus: 

  • Gemengdeleer

​Datums van kontaksessies:​

Voorgestelde datumsKontaksessie
1 Des 2023
Verwelkoming en bekendstellin
23 Feb 2024
Sessie 1: Pedagogiese leierskap
26 Apr 2024
Sessie 2: Kurrikulum en leierskap
14 Jun 2024
Sessie 3: Leierskap van opvoedkundige veranderingsinisiatiewe
30 Aug 2024
Sessie 4: Opvoedkundige navorsing as leierskap
3 &4 Okt 2024
SoEL Skryfwegbreek (2 dae)
4,5,6 Nov 2024
Neem deel aan die jaarlikse SoTL-kongres
29 Nov 2024
SoEL-viering, aanbiedings en verwelkoming van nuwe kohort


Die kursus is gestruktureer rondom vier OLA-leierskapsgefokusde temas, naamlik: Leierskap in pedagogiek; leierskap in kurrikulum; leierskap in OLA-veranderingsinisiatiewe, en opvoedkundige navorsing as leierskap. Hierdie vier temas is vervleg deur die loop van die kursus.


Die kortkursus het dit ten doel om:

  • Deelnemers (bv. visedekane onderrig en leer, programleiers, departementshoofde, innoverende en akademiese dosente, personeel van OLA-verwante eenhede, ens.) te betrek by akademiese benaderings tot opvoedkundige leierskapspraktyke.
  • Deelnemers bekend te stel aan die akademieskap van opvoedkundige leierskap om hierdie navorsing te integreer en die implikasies daarvan vir hul eie opvoedkundige leierskapskonteks te realiseer.
  • Deelnemers te lei om SoTL-navorsingsvaardighede toe te pas op hul eie opvoedkundige leierskapskonteks (soos die hersiening van literatuur, die definiëring van SoEL-navorsingsvrae, die ontwerp van navorsingsmetodes, die verspreiding van resultate).
  • Deelnemers aan te moedig om krities reflektiewe praktyk van hul OLA in die vorm van 'n mini-portefeulje te demonstreer.
  • SoEL-deelnemers as vakleerlinge in te lei in die SoTL- en SoEL-praktykgemeenskappe en deel te word van die US se OLA-leierskorps.​


​​​

Navrae