Instellings met 'n etos van uitnemendheid, deel die unieke eienskap dat hulle verskeie vlakke en vorme van erkenning vir uitnemende prestasie bied. Die Universiteit Stellenbosch (US) doen dit tans deur die volgende prosesse:
Institusionele toekenning vir uitnemendheid in onderrig
In die verslag van die
Task Team for the Promotion and Recognition of Teaching, wat in Junie 2015 deur die Senaat aangeneem is, is daar aanbeveel dat meer gedoen word om onderriguitnemendheid op 'n institusionele vlak aan die US te erken. Die platform vir sodanige erkenning van onderriguitnemendheid is 'n "aantal toegewyde interne institusionele toekennings wat spesifiek onderrigprestasies erken, met die HELTASA-toekennings as 'n belangrike verwysingspunt". In reaksie op hierdie aanbeveling is 'n dokument saamgestel wat 'n plan vir die implementering in 2017 van 'n institusionele toekenning uitdruklik op uitnemendheid in onderrig gefokus voorgestel het.
Besoek asseblief die volgende bladsy vir verdere inligting:
klik hier.
Deelname aan die Nasionale HELTASA-toekenning vir Onderriguitnemendheid
Hierdie toekenning fokus op waardering vir die reflektiewe, kontekstueel bewuste onderrig wat plaasvind in ons diverse sektor. Kandidate (individue of spanne) word genomineer deur hulle instellings en moet 'n omvattende portefeulje voorberei.
Meer inligting oor hierdie toekenning kan op die
toekenningsblad van die
webwerf van HELTASA (Higher Education Learning and Teaching Association of hoëronderwys-leer-en-onderrig-vereniging) gevind word.
Ons is baie trots op die volgende wenners van die Universiteit Stellenbosch. Tree gerus in gesprek met een van hulle rondom beste onderrigpraktyk:
*Indien onderstaande inligting onvolledig is, kontak ons asseblief.
HELTASA Teaching excellence awards 2018
Prof Susan van Schalkwyk (pryswenner)
Departement: Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys
Fakulteit: Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2017
Prof Nuraan Davids (eervolle vermelding)
Departement: Opvoedingsbeleidstudie
Fakulteit: Opvoedkunde
HELTASA Teaching excellence awards 2015
Marianne McKay (pryswenner)
Departement: Wingerd en Wynkunde
Fakulteit: AgriWetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2014
Prof Robert Pattman (eervolle vermelding)
Departement: Sosiologie en Sosiale Antropologie
Fakulteity: Lettere en Sosiale Wetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2013
Prof Elmarie Costandius (pryswenner)
Departement: Visuele Kunste
Fackulteit: Lettere en Sosiale Wetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2013
Prof Ed Jacobs (eervolle vermelding)
Departement: Chemie en Polimeerwetenskap
Fakulteit: Natuurwetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2012
Prof Geo Quinot (pryswenner)
Departement: Publiekreg
Fakulteit: Regsfakulteit
HELTASA Teaching excellence awards 2011
Mr Len Steenkamp (pryswenner)
Departement: Rekeningkunde
Fakulteit: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2011
Prof David Holgate (eervolle vermelding)
Departement: Wiskundige wetenskappe
Fakulteit: Natuurwetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2010
Prof Ben van Heerden (pryswenner)
Departement: Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys
Fakulteit: Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
HELTASA Teaching excellence awards 2009
Prof Ronel Carolissen (eervolle vermelding)
Departement: Opvoedkundige Sielkunde
Fakulteit: Opvoedkunde
Die Kanselierstoekenning vir uitnemendheid
Hierdie toekenning fokus op volgehoue uitnemendheid in navorsing, in leer en onderrig, of in gemeenskapsinteraksie (of in meer as een van hierdie drie areas). Kandidate word deur dekane en hoofde van verantwoordelikheidsentra (VS'e) genomineer. Die voorleggings moet gestaaf word deur 'n gepaste motivering wat die genomineerde se prestasies uiteensit, en ook deur 'n portefeulje wat 'n duidelike aanduiding gee van die genomineerde se bydraes en uitsette.
Eerstejaarsprestasietoekennings
Die Eerstejaarprestasietoekennings het ten doel om aan
dosente wat 'n positiewe invloed op die akademiese ervaring van eerstejaarstudente erkenning te gee.
Besoek die
Eerstejaarsprestasietoekenning vir inligting oor vorige wenners.