pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement WISKUNDIGE WETENSKAPPE

Die Departement Wiskundige Wetenskappe is die akademiese tuiste vir navorsing op die gebied van Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap, en bestaan uit drie afdelings: 
​​
Die Departement werk ten nouste saam met die DWI/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Epidemiologiese Modellering en Ontleding​ (SACEMA),  wat siektedinamiek beter probeer verstaan om werklike uitkomste te verbeter. Boonop is die Departement aktief betrokke by die nagraadse en navorsingsaktiwiteite van die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS), ’n pan-Afrikaanse netwerk van geaffilieerde institute wat verbind is tot nagraadse onderwys, navorsing en openbare skakeling in die wiskundige wetenskappe. Die Navorsingsleerstoel in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI), is ook in die Departement geleë, tesame met AIMS Suid-Afrika​​.

Let wel: Nagraadse programme in Wiskundige Statistiek en Bedryfsnavorsing val onder die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe​.​
​​
Aansoekproses