pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​SKOOL VIR REKENINGKUNDE
​ONDERWYS EN OPLEIDING VIR BELASTINGSPESIALISTE

Die program vir die kwalifikasies MRek (Belasting) of MCom (Belasting) word oor twee jaar op die Stellenboschkampus aangebied en behels groepbesprekings en navorsing. Studente moet voorberei vir die groepbesprekings, wat op vasgestelde Saterdae oor ’n tydperk van ’n jaar plaasvind. Studente se navorsing loop uit op die skryf van ’n navorsingsopdrag en ’n artikel wat geskik is vir publikasie in ’n geakkrediteerde vaktydskrif in die tweede jaar. 

Toelatingsvereistes vir MRek (Belasting): 60% gemiddelde in HonsBRek, die NGDipRek of ’n gelykstaande kwalifikasie.

​Toelatingsvereistes vir MCom (Belasting): 60% gemiddelde in BCom (Rek) en LLB of ’n gelykstaande kwalifikasie.

Hoogstens tien studente word elke twee jaar gekeur. Benewens die vereiste 60% gemiddelde, word die skriftelike beantwoording van ’n belastingverwante vraag ook in die finale keuring in ag geneem.​

​​
​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​ ​​
​ ​  MAGISTERGRADE
Aansoekproses