pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​SKOOL VIR REKENINGKUNDE
ONDERWYS EN OPLEIDING VIR GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) beheer die rekenmeestersberoep in Suid-Afrika. Om as ’n geoktrooieerde rekenmeester te kwalifiseer, moet ’n kandidaat sowel deel 1 as 2 van die SAICA-eksamen slaag en ’n drie jaar lange klerkskap by ’n goedgekeurde opleidingsorganisasie voltooi (ná die verwerwing van ’n honneursgraad of gelykstaande kwalifikasie). 

Vir toelating tot deel 1 van die SAICA-eksamen moet ’n kandidaat die graad HonsBRek aan die US verwerf óf ’n ander graad of diploma wat vir dié doel goedgekeur is. 

Vir toelating tot deel 2 moet ’n kandidaat aan die volgende vereistes voldoen:

  • Suksesvolle voltooiing van deel 1 van die kwalifiseringseksamen. 
  • Suksesvolle voltooiing van ’n voorbereidingskursus by ’n goedgekeurde opvoedkundige instelling met die oog op deel 2 van die beroepseksamen. 
  • ​​Voltooiing van 18 maande van ’n klerkskap by ’n goedgekeurde opleidingsorganisasie.


​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​ ​​
 NAGRAADSE DIPLOMAS  HONNEURSGRADE
Aansoekproses