Ingeskrewe studente
Aansoekproses:
Studente wat hulle studies wil voortsit, moet om finansiële steun aansoek doen as hulle vir steun in 'n daaropvolgende jaar in aanmerking wil kom, selfs al het hulle in die huidige jaar sodanige steun ontvang. Die proses bestaan daaruit dat 'n aansoekvorm ingelewer moet word waarop al die besonderhede ingevul is, vergesel van die stawende dokumente wat vereis word.
'n Aansoek behels die volgende stappe:
Besoek my.sun.ac.za.
Klik op Voorgraads in die grys balk boaan, dan op Finansies in die tweede ry daarna.[EL1]
Klik op Voorgraadse Beurse & Lenings.
Teken aan met 'n gebruikersnaam (die studentenommer wat die Universiteit uitgereik het) en 'n wagwoord.
Laat aansoeke sal slegs in die onderstaande gevalle oorweeg word:
Sien hieronder vir meer informasie:
VOEL VRY OM TE KYK NA ONS KALENDER