Undergraduate Bursaries & Loans
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Martin US 0058.jpg 

Ingeskrewe studente

Aansoekproses:


Studente wat hulle studies wil voortsit, moet om finansiële steun aansoek doen as hulle vir steun in 'n daaropvolgende jaar in aanmerking wil kom, selfs al het hulle in die huidige jaar sodanige steun ontvang. Die proses bestaan daaruit dat 'n aansoekvorm ingelewer moet word waarop al die besonderhede ingevul is, vergesel van die stawende dokumente wat vereis word.


'n Aansoek behels die volgende stappe:

  1. Besoek my.sun.ac.za.

  2. Klik op Voorgraads in die grys balk bo​aan, dan op Finansies in die tweede ry daarna.[EL1] 

  3. Klik op Voorgraadse Beurse & Lenings.

  4. ​Teken aan met 'n gebruikersnaam (die studentenommer wat die Universiteit uitgereik het) en 'n wagwoord.

Laat aansoeke sal slegs in die onderstaande gevalle oorweeg word:

  • Finansieel behoeftige akademiese toppresteerders wat eers na 11 Oktober toelating by die betrokke fakulteitsdekane gekry het, mag om finansiële steun aansoek doen deur 'n hardekopie-aansoekvorm in te lewer.

  • Voornemende studente wat eers na 31 Augustus toelating tot 'n studieprogram gekry het, mag nog vanaf 1 September tot 11 Oktober om finansiële steun aansoek doen.​




​                 Calendar-icon.jpg

VOEL VRY OM TE ​KYK NA ONS KALENDER