Undergraduate Bursaries & Loans
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​​​​​

Werwings​b​eurse


Die doel van die werwingsbeurs is om die strategiese doelwitte van die Universiteit Stellenbosch (US) te ondersteun en om die diversiteitsprofiel aan die Universiteit uit te brei. Die werwingsbeursaanbod, wat op grond van akademiese meriete in 'n spesifieke fakulteit gemaak word, slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers, wat in die afgelope drie jaar (2019 – 2021) gematrikuleer het uit die kleurling, swart-, indiërs- en asiër bevolkingsgroepe.

 

Wat dek die beurs?

Die werwingsbeurs is 'n volkostebeurs wat klas-, akkommodasie-, handboeke- en etes dek (insluitend registrasiegelde)

• Ingesluit by die aanbod is 'n plasing in die koshuis, indien 'n student kies om in privaat akkommodasie te bly, sal die uitbetaling             om  by te dra tot die fooie gelykstaande wees aan dié van die koshuisgelde en etes. Studente wat van die huis af sal studeer,                   kwalifiseer vir 'n reistoelaag.


Hoe werk die proses om die beurs toe te ken?

• Swart, Bruin, Indiër- en Asiër​ leerders kom in aanmerking vir die Werwingsbeurs nadat hulle voorwaardelik aanvaar is in 'n                     program  gebaseer op hul Graad 11-eindjaarresultate (of finale Graad 12-uitslae)

• Voorwaardelik (of finaal) aanvaarde studente moet verseker dat hulle die aanbod aanvaar en die kontrak oplaai (outomatiese                proses)

• Vir finale toekenning van die werwingsbeurs moet die beursaanbod onderhewig wees aan die minimum vereistes soos uiteengesit        in die beursaanbodbrief, en die student moet finale aanvaarding ontvang vir die program waarvoor hulle die beurs ontvang het. 


Alhoewel aansoekers kan bepaal of hul finale eksamenuitslae in Graad 12 (NSS) (of ekwivalent) hulle toelaat om die voorlopige aanbod van die Werwingsbeurs te behou, sal die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies hulle in kennis stel as hulle nie meer kwalifiseer nie.


Indien kandidate vir 'n eksterne beurs kwalifiseer (bv. korporatiewe beurs), sal die Werwingsbeurs pro rata verminder of gekanselleer word, afhangend van die waarde van die ander beurs(e). 

Wat is die basiese voortsettingskriteria van die beursaanbod vanaf die tweede akademiese jaar?

Die Werwingsbeursaanbod is geldig vir die normale duur van die graadprogram (tot 'n maksimum van vier jaar). Met ander woorde,    'n werwingsbeursaanbod vanaf 2021 geld tot 2024 vir driejaarprogramme, en tot 2025 vir vierjaarprogramme. 

• Vir die Werwingsbeurs wat in die daaropvolgende jaar voortgesit moet word, moet die student 'n geweegde gemiddeld van 55%           behaal. Indien die student nie aan hierdie vereiste voldoen nie, sal die Werwingsbeurs gekanselleer word. Indien 'n student 'n               gemiddeld van 55% in die volgende jaar het, kan die beurs heringestel word. 

• Behalwe hul werwingsbeurse, kan kandidate ook vir 'n gewone Senior Merietebeurs kwalifiseer as hulle in hul vorige studiejaar             binne die top 5% van hul fakulteit val.


Vir meer inligting, besoek gerus die webwerf van Sentrum vir Studentewerwing en LoopbaanadviesHIER​.