Registreer vir IntelliMali
- Raadpleeg asseblief jou beursbeampte om fondse vir handboeke aan te vra, en noem of jy nuwe of tweedehandse boeke gaan koop.
- Bevestig dat jou finansiëlesteunpraktisyn jou regte selfoonnommer het.
- Jy sal 'n kode via SMS ontvang.
- Besoek die IntelliCard-webblad: www.intellimali.co.za
- Teken aan met jou studentenommer as gebruikersnaam en die SMS-kode as wagwoord.
- Dit sal jou bring by 'n portaal waar jou persoonlike bankbesonderhede behoort te verskyn. Gaan asseblief na of die inligting korrek is.
- Die stelsel sal 'n e-pos met 'n skakel in na jou studente-e-posadres toe stuur. Bevestig asseblief jou inligting deur op die skakel te klik.
- Wanneer hierdie proses afgehandel is, neem dit drie tot vyf werksdae voordat die fondse in jou persoonlike bankrekening en op jou studentekaart beskikbaar is.
Vir enige navrae, kontak:
Intellimali se hulptoonbank by 087 230 0161
Navraagtoonbank by die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings: 021 808 9111
Kantoorure: Maandag – Vrydag, 08:00 – 16:30