Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorgraads

​​​​Die Departement Biochemie bied Biochemie modules in die tweedejaar en derdejaar aan. Die inhoud van die modules, soos aangetoon in die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek, word hieronder aangedui.

 

Tweedejaa​r modules​

214 (16) Biomolekules: Struktuur-funksieverwantskappe (3L, 3P) 

Let wel: Studente wat van voorneme is om Biochemie as vak te volg, moet modules in Biologie, Fisika en Wiskunde gedurende hul eerste jaar volg. Chemie 124 plus Chemie 144 geld as die eerstejaar-ekwivalent van Biochemie. 

Struktuur, eienskappe en funksies van biomolekules (bio-elemente, water, nukleïensure, proteïene, ensieme, koënsieme, koolhidrate, lipiede). 

Slaagvoorvereistemodules: 

  • Chemie 124 of 164, 144 
  • Biologie 124 

​244 (16) Intermediêre Metabolisme (3L, 3P)

Bio-energetiek; metabolisme van koolhidrate, lipiede en stikstofbevattende verbindings; integrasie van metabolisme. 

Voorvereistemodule: 

  • Biochemie 214


Derde​​jaar modules

315 (16) Biofisiese en Strukturele Proteïenbiochemie (3L, 3T) 

Gevorderde proteïenbiochemie: Proteïen-struktuur/funksieverwantskappe word behandel aan die hand van 'n aantal gespesialiseerde komplekse proteïensisteme en ensimatiese reaksiemeganismes. Basiese proteïensuiweringstegnieke en tegnieke vir die analise van proteïene se suiwerheid, samestelling en struktuur. 

Analise van biologiese molekules en prosesse met lig-, fluoressensie-, infrarooi-, Raman- en kernmagnetiese-resonansspektroskopie, massaspektrometrie, sirkulêre dichroïsme, optiese rotasie-dispersie, isotoop-afhanklike tegnieke, gevorderde gel-elektroforese en chromatografiese tegnieke. 

Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word. 

Slaagvoorvereistemodules: 

  • Biochemie 214, 244 
  • Wiskunde (Bio) 124 of Wiskunde 114 


323 (8) Sisteembiologie (3L, 3T/3P) 

Termodinamika en kinetika van biochemiese prosesse; ensiemkinetika; kinetika van membraantransportprosesse; kinetika van gekoppeldereaksiesisteme; metaboliesekontrole-analise; aanbodaanvraaganalise van metaboliese regulering; wiskundige modellering: tipes modelle; modellering met differensiaal-vergelykings; voorbeelde van modelle. 

Slaagvoorvereistemodules: 

  • Biochemie 214, 244 
  • Wiskunde (Bio) 124 of Wiskunde 114 


345 (16) Gespesialiseerde Biochemiese Onderwerpe (3L, 3T) 

Geselekteerde onderwerpe gekies uit die volgende (drie van die vier onderstaande onderwerpe word elke jaar geselekteer vir aanbieding): 

Antibiotika: Die biochemie van geselekteerde antibiotika en antimikrobiese middels. 

Intrasellulêre-seintransduksiepaaie: reseptore; hormone; cAMP; netwerke en “cross talk"; biochemie van visie; biochemie van reuk. 

Immunologie: Aangebore en spesifieke verworwe immuniteit, teenliggaamstruktuur en -funksie, afweermeganismes teen patogeniese organismes, inentings, allergieë, immuungebrekke, vigs. 

Eukariotiese geenekspressie: Transkripsie en beheer van geenuitdrukking, promotors en versnellers, en transkripsiefaktore. 

Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word.

Voorvereistemodules: 

  • Biochemie 315 
  • Bioinformatika 312 
  • Biochemie 323 of Bioinformatika 322 


353 (16) Biochemie van Voedsel- en Drankprodukte (3L, 3P) 

Die biochemie van ensieme en proteïene in voedselproduksie en -bederf. Die eienskappe, toepassings en analise van ensieme en proteïene betrokke by voedselproduksie en -bederf. Die effek van ensieme en proteïene en hul interaksies op die voedingswaarde, sensoriese kwaliteit en die veiligheid van voedselprodukte. 

Slaagvoorvereistemodules: 

  • Biochemie 214, 244 

Voorvereistemodule: 

  • Toegepaste Chemie 334 


365 (16) Praktiese proteïenuitdrukking, -suiwering en -analisetegnieke (3L, 3P) 

Rekombinante proteïen-uitdrukking en proteïen-suiweringstegnieke. Analise van proteïen-suiwerheid en - integriteit. Tegnieke sluit in: plasmied DNS isolering, PKR, restriksie-ensiemvertering, agarose jelekektroforese, voorbereiding van kompetente selle, transformasie, induksie van proteïenuitdrukking, jelpermeasie chromatografie, ioonuitruilingschromatografie, geïmmobiliseerde-metaal affiniteitschromatografie, proteïenkonsentrasie bepalings, SDS-PAGE, Western klad, aktiwiteitsessaïs en spektrofotometriese analises. 

Praktika sal in die resesperiodes aangebied word, spesifiek gedurende a) die week voor die 2de semester amptelik begin, en b) die reses tussen die 3de en 4de kwartale. Studente wat vir die module registreer, verklaar dat hulle gedurende albei hierdie periodes beskikbaar is. 

Voorvereistemodules: 

  • Biochemie 315 
  • Bioinformatika 312 
  • Biochemie 323 of Bioinformatika 322​


Modules aangebied deur die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie 

312 (8) Inleiding tot Bioinformatika (3L, 3P) 

Inleiding tot onderwerpe in bioinformatika insluitende biologiese databasisse, volgordebelyning, dinamiese programmering, tellingmatrikse, BLAST, verborge Markov-modelle (VMM'e), filogenetika, boomboumetodes, genoomorganisasie en evolusie, genoomprojekte en -snuffelaars, evolusie van proteïene, klassifikasie van proteïenstrukture. 


322 (8) Intermediêre Bioinformatika (3L, 3P) 

Verskillende BLAST-metodes, volgende generasie volgorde-bepalingstegnologieë, genoomsamevoeging, Euleriese paaie en siklusse, de Brijn-grafieke, verwysingsgenome, verwysingsgenoom-grafieke, driedimensionele strukture van genome, belyning van volgordebepalings, die Burrows-Wheeler-transform, variantidentifikasie, genoomwye assosiasiestudies, belyning van variante met fenotipes en siektes, verborge Markov-modelle (VMM'e), vorentoe- en tru-algoritmes, die Viterbi-algoritme, modellering van homoloë proteïene, molekulêre dinamika, ligandvasmering.

Voorvereistemodule: 

  • ​Bioinformatika 312​

Biochemie as hoofvak vir d​ie BS​c-graad

Die volgende modules word vereis: Biochemie 214(16), 244(16), 315(16), 345(16), 365(16)​, Bioinformatika 312(8), en Biochemie 323(8) of Bioinformatika 322(8).