Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraads

Die nagraadse kursusse wat deur die department aangebied word is honneurs- (HonsBSc​), meesters- (MSc) en doktorale (PhD) grade. Raadpleeg asseblief die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek.


Honneurs in Bio​chemie

Die BSc Hons in Biochemie is 'n geïntegreerde eenjaarprogram wat 'n gevorderde Biochemie opleiding bied. Behalwe vir feitlike kennis, word 'n groot klem op generiese en spesifieke onderwerp-verwante vaardighede geplaas.

Meester en doktorale stu​dies in Biochemie

Die MSc en PhD programme is gevorderde navorsingsgrade. Daar word van studente verwag om 'n selfstandige navorsingsprojek in een van die navorsingsgroepe te doen. Die resultate moet in 'n tesis (MSc) of proefskrif (PhD) weergegee word. Indien u belangstel om by een van die navorsingsgroepe aan te sluit, kontak gerus die departementele voorsitter of 'n groepleier.​

​​