Die Fakulteit Natuurwetenskappe streef daarna om ‘n Sentrum van uitnemendheid te wees vir nagraadse onderrig in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe, en ons maak ‘n belangrike bydra tot die samelewing deur impakvolle navorsingsuitsette. Dit word weerspieël deur die feit dat meer as 88% van ons personeel ‘n PhD- of gelykwaardige graad het. Ons ken jaarliks ‘n groot aantal navorsingsgebaseerde meesters- en doktorsgrade toe en spits ons daarop toe om ons navorsingsuitsette in hoog aangeskrewe internasionale vaktydskrifte te publiseer. Nagenoeg 39% van die A-geëvalueerde wetenskaplikes by die Universiteit Stellenbosch is gesetel in die Fakulteit Natuurwetenskappe. Hierdie is navorsers wat as wêreldleiers in hul vakgebiede gereken word.
Ongeveer 22% van ons studente is nagraadse studente en in 2023 het ons 47 PhD-grade toegeken.
Ons navorsers speel ’n belangrike rol in verskeie Universiteitswye inisiatiewe, insluitend die:
- Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke
- Skool vir Klimaatstudies
- SU Water Instituut
- Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie
- Instituut vir Biomediese Ingenieurswese
- Afrika Mikrobioom Instituut
Die Fakulteit Natuurwetenskappe huisves drie Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoele. 'n Bykomende drie navorsingsleerstoele word deur buite-maatskappy ondersteun, naamlik Sasol, ERWAT en die Millenium Trust:
Navorsingsleerstoele
Prof Cang Hui
SARChi Leerstoel in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe
Departement Wiskundige Wetenskappe
Stuur epos
Webwerf
Prof Kathy Myburgh
ARChI Leerstoel in Geïntegreerde Skeletale, Spierfisiologie, Biologie en Biotegnologie
Departement Fisiologiese Wetenskappe
Stuur epos
Webwerf
Prof Jacky Snoep
SARChI Leerstoel in Meganistiese Modellering van Gesondheid en Epidemiologie
Departement Biochemie
Stuur epos
Webwerf
Prof Tammy Robinson-Smythe
Millenium Trust Leerstoel in Indringerspesiesbestuur in Beskermde Gebiede
Departement Plant- en Dierkunde
Stuur epos
Webwerf
Prof Albena Lederer
Sasol Navorsingsleerstoel in Analitiese Polimeerwetenskap
Departement Chemie en Polimeerwetenskap
Stuur epos
Webwerf
A-geëvalueerde navorsers
Prof André Weideman
Departement Wiskundige Wetenskappe, Afdeling Toegepaste Wiskunde
Vakgebied: Numeriese analise en wetenskaplike berekening
Webwerf
Prof Andries Engelbrecht
Voigt Leerstoel in Datawetenskap Departement Wiskundige Wetenskappe en die Departement Industriële Ingenieurswese
Vakgebied: Kunsmatige Intelligensie
Webwerf
Prof Willem Visser
Departement Wiskundige Wetenskappe, Afdeling Rekenaarwetenskap
Vakgebied: Sagteware ingenieurswese en -ontwikkeling
Webwerf
Prof Len Barbour
Departement Chemie en Polimeerwetenskap
Vakgebied: Funksionele Nanogestruktureerde Materiale
Webwerf
Prof Guy Midgley
Intermin Direkteur van die Skool vir Klimaatstudies, Departement Plant- en Dierkunde
Vakgebied: Ekologie en Ekofisiologie
Webwerf
Prof Dave Richardson
Departement Plant- en Dierkunde, Skool vir Klimaatstudies
Vakgebied: Biologiese invalle en bewaringsbiogeografie
Webwerf
Prof Bert Klumperman
Departement Chemie en Polimeerwetenskap
Vakgebied: Lewendige radikale polimerisasie en gevorderde makromolekulêre argitekteure
Webwerf