Die fokusarea Finansiële Beplanning is spesifiek ontwikkel om studente in staat te stel om, na die suskesvolle voltooiing van hul BCom-graad, vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning in te skryf. Studente wat hierdie diploma suksesvol voltooi, verkry die reg om die toelatingseksamen vir die internasionaal-erkende CFP® (Certified Financial Planner) -kwalifikasie te skryf.
Die volgende spesialiteitsareas word gedek:
- Beleggingsbeplanning
- Inleiding tot lewensversekering
- Inleiding tot korttermynversekering
- Bemarkingsvaardighede en praktykbestuur
- Aftree- en boedelbeplanning
- Werknemervoordele (aftreefondse)
- Besigheidsversekering
- Mediese skemas
Beroepsmoontlikhede:
- Finansiële adviseur vir 'n versekeringsmaatskappy
- Onafhanklike finansiële adviseur
- Finansiële adviseur in bankomgewing
- Korporatiewe finansiële beplanner
Voorgraadse vakke wat in Finansiële Beplanning aangebied word:
Finansiële Beplanning 314
Inleiding tot lewensversekering; inleiding tot korttermynversekering; inleiding tot aftreebeplanning; bemarkingsvaardighede; praktykbestuur.
Finansiële beplanning 344
'n Studie van aftree-annuïteite, pensioen- en voorsorgfondse; 'n studie van testamente en boedels; die beleggingsbeplanningsproses; werknemervoordele-ontwerp en -finansiering; inleiding tot mediese skemas; inleiding tot besigheidsversekering; gevallestudies wat al die werk van die tweede en derde jare saamvat.