Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meesters en PhD

​​​​​​​​​

Navorsing is 'n kernfokus van die Departement Ondernemingsbestuur se visie en as sodanig vorm beide die Meesters en Doktorale programme 'n belangrike deel van die Departement se programaanbod.  Beide programme word slegs op ‘n deeltydse basis aangebied en behels die skryf van ‘n wetenskaplike verhandeling (Meesters graad) of proefskrif (PhD).  Geen ‘course work’ vorm deel van enige van die twee programme nie. 

Die volgende dokument skets die prosedures ten opsigte van aansoeke, toelatingsvereistes, studenteleiding en evaluering van beide Meesters en Doktorale programme. 

Kliek hier om die dokument af te laai.

Enige verdere navrae met betrekking tot Meesters en PhD studies kan aan prof Boshoff gerig word.

Sy kontakbesonderhede kan op die Kontak blad gevind word.​