Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Honneurs

​​​​

Die BCom Honneurs-program (BComHons) word voltyds aangebied oor ‘n tydperk van een jaar. Studente wat aan die vereistes voldoen, kan uit die volgende vier fokusareas kies:

  • BComHons (Ondernemingsbestuur: Spesialisasie in Strategie en Innovasie)
  • BComHons (Ondernemingsbestuur: Spesialisasie in Bemarkingsbestuur)
  • BComHons (Ondernemingsbestuur: Spesialisasie in Finansiële Bestuur)
  • BComHons (Ondernemingsbestuur: Spesialisasie in Finansiële Analise)

Om vir die Honneurs-program in enige van die bogenoemde areas aansoek te doen, moet studente ‘n kombinasie van voorgraadse modules met ‘n minimum gekombineerde kredietwaarde van 120 voltooi het, waarvan 84 krediete by die Departement Ondernemingsbestuur moet wees. Toelatingsvereistes geld vir die individuele modules. Die onderrigtaal is Engels.

Indien die Departement heelwat meer aansoeke ontvang as wat die beskikbare kapasiteit toelaat, word aansoekers aan ‘n keuringsproses blootgestel.

Die brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur bevat gedetailleerde inligting oor die program, toelatingsvereistes en -prosedures, modules en kontakbesonderhede.

Meer inligting kan ook verkry word van die kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenkappe.

Studente kan navrae rig aan Annali Maass by +27 (0)21 808 3415 of apaint@sun.ac.za

Voornemende studente kan hier aansoek doen vir die Honneurs-program.

Die volgende rooster​​ is beskikbaar vir BComHons-studente in Ondernemingsbestuur.

Snel Skakels


​​​