Alle studente wat by die Departement Ondernemingsbestuur ingeskryf is, het die geleentheid om óf in Afrikaans óf Engels te studeer. Dit beteken dat alle lesings in albei tale aangebied word en dat studiemateriaal beskikbaar gestel word in Afrikaans en Engels (op SunLearn en andersins). Akademiese en steunpersoneel kommunikeer in albei tale met studente.